Maleagi 3:1-18

3  “Kyk! Ek stuur my boodskapper,+ en hy moet ’n weg voor my uit baan.+ En skielik sal die ware Heer,+ na wie julle soek, na Sy tempel kom,+ en die boodskapper+ van die verbond,+ in wie julle behae het.+ Kyk! Hy sal beslis kom”, het Jehovah van die leërs gesê.+  “Maar wie sal die dag van sy koms verdra,+ en wie sal standhou wanneer hy verskyn?+ Want hy sal soos die vuur van ’n louteraar+ wees en soos die loog+ van die wassers.+  En hy sal sit as ’n louteraar en reiniger van silwer+ en sal die seuns van Levi reinig;+ en hy sal hulle suiwer soos goud+ en soos silwer, en hulle sal beslis vir Jehovah mense word wat ’n offergawe in regverdigheid aanbied.+  En die offergawe van Juda en van Jerusalem sal vir Jehovah aangenaam wees,+ soos in die dae van lank gelede en soos in die jare van die oudheid.+  “En ek sal nader kom na julle toe vir die oordeel,+ en ek sal ’n haastige getuie word+ teen die towenaars+ en teen die egbrekers+ en teen dié wat vals sweer+ en teen dié wat bedrieglik handel met die loon van ’n loonarbeider,+ met die weduwee+ en met die vaderlose seun,+ en dié wat die inwonende vreemdeling wegwys,+ terwyl hulle my nie gevrees het nie”,+ het Jehovah van die leërs gesê.  “Want ek is Jehovah; ek het nie verander nie.+ En julle is kinders van Jakob; julle het nie aan julle einde gekom nie.+  Van die dae van julle voorvaders af het julle van my voorskrifte afgewyk en dit nie onderhou nie.+ Keer terug tot my, en ek sal tot julle terugkeer”,+ het Jehovah van die leërs gesê. En julle het gesê: “In watter opsig sal ons terugkeer?”  “Sal ’n mens God beroof? Maar julle beroof my.” En julle het gesê: “In watter opsig het ons u beroof?” “In die tiendes en in die bydraes.  Met die vloek vervloek julle+ my, en julle—die hele nasie—beroof my. 10  Bring al die tiendes+ in die voorraadkamer, sodat daar voedsel in my huis kan wees;+ en stel my asseblief hierin op die proef”,+ het Jehovah van die leërs gesê, “of ek nie vir julle die sluise van die hemel sal oopmaak+ en op julle ’n seën sal uitstort totdat daar geen gebrek meer is nie.”+ 11  “En ek sal die een wat verslind,+ vir julle bestraf, en hy sal nie die vrug van die grond vir julle verwoes nie, en ook sal die wingerdstok op die land nie vir julle sonder vrug wees nie”,+ het Jehovah van die leërs gesê. 12  “En al die nasies sal julle gelukkig moet noem,+ want julle sal ’n land van welbehae word”,+ het Jehovah van die leërs gesê. 13  “Julle woorde teen my was kras”,+ het Jehovah gesê. En julle het gesê: “Wat het ons onder mekaar teen u gespreek?”+ 14  “Julle het gesê: ‘Dit is nutteloos om God te dien.+ En watter nut het dit dat ons die verpligting teenoor hom nagekom het, en dat ons weens Jehovah van die leërs terneergedruk rondgeloop het?+ 15  En nou noem ons vermeteles gelukkig.+ Ook is dié wat goddeloosheid bedryf, opgebou.+ Ook het hulle God op die proef gestel, en hulle bly vrykom.’”+ 16  Toe het dié wat Jehovah vrees,+ met mekaar gepraat, elkeen met sy metgesel, en Jehovah het aandag bly skenk en geluister.+ En ’n gedenkboek is voor hom geskryf+ vir dié wat Jehovah vrees en vir dié wat aan sy naam dink.+ 17  “En hulle sal beslis myne word”,+ het Jehovah van die leërs gesê, “op die dag dat ek ’n spesiale eiendom voortbring.+ En ek sal medelye met hulle betoon, soos ’n man medelye met sy seun betoon wat hom dien.+ 18  En julle sal beslis weer die onderskeid sien tussen ’n regverdige en ’n goddelose,+ tussen iemand wat God dien en iemand wat hom nie gedien het nie.”+

Voetnote