Maleagi 4:1-6

4  “Want kyk! die dag kom wat soos die oond brand,+ en al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedryf, sal soos stoppels word.+ En die dag wat kom, sal hulle beslis verslind”, het Jehovah van die leërs gesê, “sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.+  En vir julle wat my naam vrees, sal die son van regverdigheid beslis skyn,+ met genesing in sy vleuels;+ en julle sal uitgaan en die grond soos vetgemaakte kalwers omwoel.”+  “En julle sal beslis die goddeloses vertrap, want hulle sal soos poeier onder julle voetsole word op die dag waarop ek optree”,+ het Jehovah van die leërs gesê.  “DINK AAN die wet van my kneg Moses wat ek hom in Horeb aangaande die hele Israel beveel het, ja, voorskrifte en regterlike beslissings.+  “Kyk! Ek stuur vir julle die profeet Eliʹa+ voordat die groot en vreesinboesemende dag van Jehovah kom.+  En hy sal die hart van vaders terugbring tot kinders, en die hart van kinders tot vaders; sodat ek nie kom en die aarde tref deur dit aan vernietiging oor te gee nie.”+

Voetnote