Markus 1:1-45

1  Die begin van die goeie nuus oor Jesus Christus:  Net soos daar geskrywe staan in die profeet Jesaja: “(Kyk! Ek stuur my boodskapper voor jou aangesig uit, wat jou weg sal berei;)+  luister! iemand roep in die wildernis uit: ‘BEREI die weg van Jehovah, maak sy paaie reguit’”,+  het Johannes, die doper, in die wildernis verskyn en doop as ’n simbool van berou tot vergifnis van sondes+ verkondig.  Gevolglik het die hele gebied van Judeʹa en al die inwoners van Jerusalem na hom toe uitgegaan, en hulle is deur hom in die Jordaanrivier gedoop en het hulle sondes openlik bely.+  En Johannes was geklee met kameelhaar en met ’n leergordel om sy lendene+ en het sprinkane+ en wilde heuning geëet.+  En hy het gepreek en gesê: “Ná my kom iemand wat sterker is as ek; ek is nie werd om te buk en die rieme van sy sandale los te maak nie.+  Ek het julle met water gedoop, maar hy sal julle met heilige gees doop.”+  Jesus het in die loop van daardie dae van Naʹsaret in Galileʹa af gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop.+ 10  En onmiddellik toe hy uit die water opkom, het hy gesien hoe die hemele oopgaan en die gees, soos ’n duif, op hom neerdaal;+ 11  en ’n stem het uit die hemele gekom: “Jy is my Seun, die geliefde; ek het jou goedgekeur.”+ 12  En onmiddellik het die gees hom gedryf om die wildernis in te gaan.+ 13  En hy het veertig dae+ in die wildernis gebly, waar hy deur Satan versoek is,+ en hy was saam met die wilde diere, maar die engele het hom bedien.+ 14  En nadat Johannes gearresteer is, het Jesus na Galileʹa+ gegaan en die goeie nuus van God verkondig+ 15  en gesê: “Die vasgestelde tyd is vervul,+ en die koninkryk van God het naby gekom. WEES berouvol+ en stel geloof in die goeie nuus.” 16  Terwyl hy langs die see van Galileʹa geloop het, het hy Simon+ en Andreʹas, die broer van Simon, hulle nette in die see sien uitgooi, want hulle was vissers.+ 17  Toe het Jesus vir hulle gesê: “Kom agter my aan, en ek sal maak dat julle vissers van mense word.”+ 18  En hulle het dadelik hulle nette laat staan en hom gevolg.+ 19  En nadat hy ’n entjie verder gegaan het, het hy Jakobus, die seun van Sebedeʹus, en sy broer Johannes gesien terwyl hulle juis in hulle boot besig was om hulle nette heel te maak;+ 20  en hy het hulle dadelik geroep. Hierop het hulle hulle vader Sebedeʹus met die huurlinge in die boot gelaat en agter hom aan gegaan. 21  En hulle het in Kaperʹnaum+ ingegaan. Die sabbat het skaars aangebreek of hy het in die sinagoge ingegaan en begin leer. 22  En hulle was verstom oor die manier waarop hy geleer het,+ want hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.+ 23  En daar was juis op daardie oomblik in hulle sinagoge ’n man wat in die mag van ’n onrein gees was, en hy het geskreeu+ 24  en gesê: “Wat het ons met jou te doen, Jesus, Nasarener?+ Het jy gekom om ons te vernietig? Ek weet+ presies wie jy is: die Heilige+ van God.”+ 25  Maar Jesus het hom bestraf en gesê: “Bly stil, en kom uit hom uit!”+ 26  En nadat die onrein gees hom ’n stuiptrekking laat kry het en so hard soos hy kon geskreeu het, het hy uit hom uitgekom.+ 27  Wel, die mense was almal so verstom dat hulle dit onder mekaar begin bespreek het en gesê het: “Wat is dit? ’n Nuwe leer! Selfs die onrein geeste beveel hy met gesag, en hulle gehoorsaam hom.”+ 28  En die berig oor hom het onmiddellik in alle rigtings deur die hele omliggende gebied in Galileʹa+ versprei. 29  En hulle het onmiddellik uit die sinagoge uitgegaan en saam met Jakobus en Johannes in die huis van Simon+ en Andreʹas ingegaan. 30  En Simon se skoonmoeder+ het met koors siek gelê,+ en hulle het hom dadelik van haar vertel. 31  En hy het na haar toe gegaan, haar by die hand geneem en haar opgehelp; en die koors het haar verlaat,+ en sy het hulle begin bedien.+ 32  Nadat dit aand geword het, toe die son reeds onder was, het die mense al die siekes+ en die demoonbesetenes+ na hom toe begin bring; 33  en die hele stad was reg voor die deur bymekaar. 34  Toe het hy baie genees wat aan allerhande siektes+ gely het, en hy het baie demone uitgedryf, maar hy het die demone nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het dat hy Christus is.+ 35  En vroeg die oggend, terwyl dit nog donker was, het hy opgestaan en buitentoe gegaan en na ’n eensame plek+ weggegaan, en daar het hy begin bid.+ 36  Simon en dié wat by hom was, het hom egter gaan soek 37  en hom gevind, en hulle het vir hom gesê: “Almal soek u.” 38  Maar hy het vir hulle gesê: “Laat ons êrens anders heen gaan, in die nabygeleë dorpe in, sodat ek ook daar kan preek,+ want daarvoor het ek uitgegaan.”+ 39  En hy het gegaan en deur die hele Galileʹa in hulle sinagoges gepreek en die demone uitgedryf.+ 40  Daar het ook ’n melaatse na hom toe gekom wat selfs gekniel en hom gesoebat het en vir hom gesê het: “As u net wil, kan u my rein maak.”+ 41  En beweeg deur innige jammerte+ het hy sy hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: “Ek wil. Word gereinig.”+ 42  En onmiddellik het die melaatsheid van hom verdwyn, en hy het rein geword.+ 43  Verder het hy hom streng bevel gegee en hom dadelik weggestuur 44  en vir hom gesê: “Sorg dat jy vir niemand iets vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester+ en offer vir jou reiniging die dinge wat Moses voorgeskryf het,+ as ’n getuienis vir hulle.”+ 45  Maar nadat die man weggegaan het, het hy begin om dit wyd en syd te verkondig en om die saak oral te versprei, sodat Jesus nie meer openlik in ’n stad kon ingaan nie, maar buite op eensame plekke gebly het. Tog het hulle van alle kante af na hom toe bly kom.+

Voetnote