Markus 10:1-52

10  Hy het daarvandaan opgestaan en by die grensgebiede van Judeʹa en oorkant die Jordaan gekom, en ’n skare het weer by hom bymekaargekom, en soos hy gewoond was, het hy hulle weer begin leer.+  En Fariseërs het nader gekom, en om hom op die proef te stel, het hulle hom begin vra of dit ’n man geoorloof is om van sy vrou te skei.+  Hy het geantwoord en vir hulle gesê: “Wat het Moses julle beveel?”  Hulle het gesê: “Moses het toegelaat dat ’n ontslagbrief geskryf en daar van haar geskei word.”+  Maar Jesus het vir hulle gesê: “Weens die hardheid van julle harte+ het hy hierdie gebod vir julle geskryf.  Maar van die begin van die skepping af ‘het Hy hulle man en vrou gemaak.+  Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat,  en die twee sal een vlees wees’;+ sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.  Wat God dan onder een juk saamgevoeg het, moet geen mens skei nie.”+ 10  Toe hulle weer in die huis was,+ het die dissipels hom hieroor begin uitvra. 11  En hy het vir hulle gesê: “Elkeen wat van sy vrou skei en met ’n ander trou, pleeg egbreuk+ teen haar, 12  en as ’n vrou, nadat sy van haar man geskei het, ooit weer met ’n ander een trou, pleeg sy egbreuk.”+ 13  En mense het jong kinders na hom toe begin bring sodat hy hulle sou aanraak; maar die dissipels het hulle berispe.+ 14  Toe Jesus dit sien, was hy verontwaardig en het hy vir hulle gesê: “Laat die jong kinders na my toe kom; moet hulle nie probeer keer nie, want die koninkryk van God behoort aan dié wat soos hulle is.+ 15  Voorwaar, ek sê vir julle: Elkeen wat die koninkryk van God nie soos ’n jong kind ontvang nie, sal hoegenaamd nie daarin ingaan nie.”+ 16  En hy het die kinders in sy arms geneem en hulle begin seën terwyl hy hulle die hande opgelê het.+ 17  En toe hy uitgaan om sy reis voort te sit, het ’n sekere man aangehardloop gekom en voor hom op sy knieë geval en hom gevra: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërf?”+ 18  Jesus het vir hom gesê: “Waarom noem jy my goed?+ Niemand is goed nie, behalwe een, God.+ 19  Jy ken die gebooie: ‘Moenie moord pleeg nie,+ Moenie egbreuk pleeg nie,+ Moenie steel nie,+ Moenie valse getuienis aflê nie,+ Moet niemand verkul nie,+ Eer jou vader en moeder.’”+ 20  Die man het vir hom gesê: “Leermeester, al hierdie dinge het ek van my jeug af nagekom.” 21  Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: “Een ding kom jy kort: Gaan, verkoop wat jy het en gee vir die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê, en kom word my volgeling.”+ 22  Maar hy het hartseer geword oor die woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.+ 23  Nadat Jesus rondgekyk het, het hy vir sy dissipels gesê: “Hoe moeilik sal dit tog vir dié met geld+ wees om in die koninkryk van God in te gaan!”+ 24  Maar die dissipels was verbaas+ oor sy woorde. Hierop het Jesus weer vir hulle gesê: “Kinders, hoe moeilik is dit tog om in die koninkryk van God in te gaan! 25  Dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.”+ 26  Hulle was nog meer verstom en het vir hom gesê: “Wie kan dan gered word?”+ 27  Jesus het hulle reguit aangekyk en gesê: “By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie, want by God is alles moontlik.”+ 28  Petrus het vir hom begin sê: “Kyk! Ons het alles verlaat en u gevolg.”+ 29  Jesus het gesê: “Voorwaar, ek sê vir julle: Niemand het huis of broers of susters of moeder of vader of kinders of landerye ter wille van my en ter wille van die goeie nuus verlaat nie,+ 30  of hy sal nou in hierdie tyd honderdvoudig+ kry: huise en broers en susters en moeders en kinders en landerye, met vervolginge,+ en in die komende stelsel van dinge, die ewige lewe. 31  Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die laastes, eerste.”+ 32  En hulle het op die pad na Jerusalem opgegaan, en Jesus het voor hulle uit gegaan, en hulle was verbaas; maar dié wat gevolg het, het bevrees geword. Weer eens het hy die twaalf opsy geneem en vir hulle die dinge begin vertel wat bestem was om oor hom te kom:+ 33  “Ons gaan nou op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal aan die hoofpriesters en die skrifgeleerdes oorgelewer word, en hulle sal hom ter dood veroordeel en hom aan mense van die nasies oorlewer,+ 34  en hulle sal met hom die spot dryf en sal op hom spoeg en hom gesel en hom doodmaak, maar drie dae later sal hy opstaan.”+ 35  En Jakobus en Johannes, die twee seuns van Sebedeʹus,+ het na hom toe gekom en vir hom gesê: “Leermeester, ons wil hê dat u vir ons moet doen wat ons u ook al vra.”+ 36  Hy het vir hulle gesê: “Wat wil julle hê moet ek vir julle doen?” 37  Hulle het vir hom gesê: “Gee aan ons dat ons in u heerlikheid mag sit, een aan u regter- en een aan u linkerhand.”+ 38  Maar Jesus het vir hulle gesê: “Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat ek drink, of gedoop word met die doop waarmee ek gedoop word?”+ 39  Hulle het vir hom gesê: “Ons kan.” Daarop het Jesus vir hulle gesê: “Die beker wat ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee ek gedoop word, sal julle gedoop word.+ 40  Maar om aan my regter- of aan my linkerhand te sit, is nie myne om te gee nie,+ maar dit behoort aan dié vir wie dit berei is.” 41  Wel, toe die tien ander daarvan hoor, het hulle verontwaardig begin word teenoor Jakobus en Johannes.+ 42  Maar nadat Jesus hulle na hom toe geroep het, het hy vir hulle gesê: “Julle weet dat dié wat skynbaar oor die nasies heers, oor hulle baasspeel en dat hulle grotes oor hulle gesag uitoefen.+ 43  Onder julle is dit nie so nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees,+ 44  en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet almal se slaaf wees.+ 45  Want selfs die Seun van die mens het gekom, nie om gedien te word nie,+ maar om te dien en om sy siel te gee as ’n losprys+ in ruil vir baie.”+ 46  En hulle het in Jeʹrigo ingekom. Maar toe hy en sy dissipels en ’n aansienlike skare uit Jeʹrigo uitgaan, het Bartimeʹus (die seun van Timeʹus), ’n blinde bedelaar, langs die pad gesit.+ 47  Toe hy hoor dat dit Jesus die Nasarener is, het hy begin uitroep en sê: “Seun van Dawid,+ Jesus, wees my barmhartig!”+ 48  Hierop het baie hom streng begin aansê om stil te bly; maar hy het des te meer uitgeroep: “Seun van Dawid, wees my barmhartig!”+ 49  Toe het Jesus gaan staan en gesê: “ROEP hom.” En hulle het die blinde man geroep en vir hom gesê: “Skep moed, staan op, hy roep jou.”+ 50  En hy het sy bokleed afgegooi, opgespring en na Jesus toe gegaan. 51  En Jesus het hom geantwoord en gesê: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?”+ Die blinde man het vir hom gesê: “Rabboeʹni, laat my weer sien.”+ 52  En Jesus het vir hom gesê: “Gaan, jou geloof het jou gesond gemaak.”+ En onmiddellik kon hy weer sien,+ en hy het hom op die pad begin volg.+

Voetnote