Markus 11:1-33

11  En toe hulle naby Jerusalem kom, by Betfaʹge en Betaʹnië+ aan die Olyfberg, het hy twee van sy dissipels gestuur+  en vir hulle gesê: “Gaan in die dorpie in wat julle voor julle sien, en sodra julle dit binnegaan, sal julle ’n hingsvul vind wat vasgemaak is, waarop geen mens nog gesit het nie; maak hom los en bring hom hierheen.+  En as iemand vir julle sê: ‘Waarom doen julle dit?’ moet julle sê: ‘Die Here het hom nodig en sal hom dadelik hierheen terugstuur.’”+  Toe het hulle weggegaan en die hingsvul by die deur, buite op die systraat, vasgemaak gevind, en hulle het hom losgemaak.+  Maar party van dié wat daar gestaan het, het vir hulle begin sê: “Wat doen julle dat julle die hingsvul losmaak?”+  Hulle het vir hulle gesê net soos Jesus gesê het; en hulle het hulle laat gaan.+  En hulle het die hingsvul+ na Jesus toe gebring, en hulle het hulle boklere daarop gelê, en hy het daarop gaan sit.+  Ook het baie hulle boklere+ op die pad uitgesprei, maar ander het takke+ in die veld afgekap.+  En dié wat voor gegaan het en dié wat agteraan gekom het, het bly uitroep: “Red tog!+ Geseënd is hy wat in Jehovah se naam kom!+ 10  Geseënd is die komende koninkryk van ons vader Dawid!+ Red tog in die hoogtes daar bo!” 11  En hy het Jerusalem ingegaan, in die tempel in; en hy het na alles rondom hom gekyk, en omdat dit reeds laat was, het hy met die twaalf uitgegaan na Betaʹnië.+ 12  Nadat hulle die volgende dag uit Betaʹnië gekom het, het hy honger geword.+ 13  En hy het van ver af ’n vyeboom gesien wat blare het, en hy het gaan kyk of hy miskien iets daaraan sou vind. Maar toe hy daarby kom, het hy niks behalwe blare gevind nie, want dit was nie vyetyd nie.+ 14  In reaksie hierop het hy vir hom gesê: “Laat niemand tot in ewigheid ooit weer vrugte van jou eet nie.”+ En sy dissipels het dit gehoor. 15  En hulle het in Jerusalem gekom. Daar het hy in die tempel ingegaan en dié wat in die tempel verkoop en koop, begin uitdryf, en hy het die tafels van die geldwisselaars en die banke van die duiweverkopers omgekeer;+ 16  en hy het niemand toegelaat om ’n voorwerp deur die tempel te dra nie, 17  maar hy het bly leer en sê: “Staan daar nie geskrywe: ‘My huis sal ’n huis van gebed+ genoem word vir al die nasies’ nie?+ Maar julle het dit ’n rowerspelonk gemaak.”+ 18  En die hoofpriesters en die skrifgeleerdes het dit gehoor, en hulle het ’n manier begin soek om hom dood te maak;+ want hulle het hom gevrees, omdat die hele skare voortdurend verstom was oor sy leer.+ 19  En toe dit laat in die dag geword het, het hulle uit die stad uitgegaan. 20  Maar toe hulle vroeg in die oggend verbygaan, het hulle gesien dat die vyeboom reeds van sy wortels af verdor was.+ 21  Toe het Petrus, wat dit onthou het, vir hom gesê: “Rabbi, kyk! die vyeboom wat u vervloek het, het verdor.”+ 22  En Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Julle moet geloof in God hê. 23  Voorwaar, ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Word opgelig en in die see gegooi’, en in sy hart nie twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur, vir hom sal dit so wees.+ 24  Daarom sê ek vir julle: Glo dat julle alles waarom julle bid en vra so goed as ontvang het, en julle sal dit hê.+ 25  En wanneer julle staan en bid, vergewe+ wat julle ook al teen enigeen het; sodat julle Vader wat in die hemele is, julle ook julle oortredings kan vergewe.”+ 26  —— 27  En hulle het weer in Jerusalem gekom. En terwyl hy in die tempel geloop het, het die hoofpriesters en die skrifgeleerdes en die ouer manne na hom toe gekom+ 28  en vir hom begin sê: “Deur watter gesag doen jy hierdie dinge? Of wie het jou hierdie gesag gegee om hierdie dinge te doen?”+ 29  Jesus het vir hulle gesê: “Ek sal julle een vraag vra. Antwoord julle my, en ek sal ook vir julle sê deur watter gesag ek hierdie dinge doen.+ 30  Was die doop+ deur Johannes uit die hemel of uit die mense? Antwoord my.”+ 31  Toe het hulle onder mekaar begin redeneer en gesê: “As ons sê: ‘Uit die hemel’, sal hy sê: ‘Waarom het julle hom dan nie geglo nie?’+ 32  Maar durf ons sê: ‘Uit die mense’?”—Hulle het die skare gevrees, want dié het almal gemeen dat Johannes werklik ’n profeet was.+ 33  Wel, hulle het Jesus geantwoord en gesê: “Ons weet nie.” En Jesus het vir hulle gesê: “Dan sê ek ook nie vir julle deur watter gesag ek hierdie dinge doen nie.”+

Voetnote