Markus 13:1-37

13  Terwyl hy uit die tempel uitgegaan het, het een van sy dissipels vir hom gesê: “Leermeester, kyk! watter klippe en watter geboue!”+  Jesus het egter vir hom gesê: “Sien jy hierdie groot geboue?+ Hier sal hoegenaamd nie ’n klip op ’n klip gelaat word+ wat nie afgebreek sal word nie.”+  En terwyl hy op die Olyfberg gesit het met ’n uitsig op die tempel, het Petrus+ en Jakobus en Johannes en Andreʹas hom begin vra toe hulle alleen was:+  “Sê vir ons: Wanneer sal hierdie dinge wees, en wat sal die teken wees wanneer al hierdie dinge bestem is om tot ’n voleinding te kom?”+  Toe het Jesus vir hulle begin sê: “Pas op dat niemand julle mislei nie.+  Baie sal onder my naam kom en sê: ‘Dit is ek’, en hulle sal baie mislei.+  En wanneer julle van oorloë en berigte van oorloë hoor, moet julle nie verskrik word nie; hierdie dinge moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.+  “Want nasie sal teen nasie opstaan en koninkryk teen koninkryk,+ daar sal aardbewings+ op die een plek na die ander wees, daar sal voedseltekorte+ wees. Hierdie dinge is ’n begin van weë van benoudheid.+  “Wat julle betref, gee ag op julleself; mense sal julle aan plaaslike geregshowe oorlewer,+ en julle sal in sinagoges geslaan word+ en voor goewerneurs en konings gebring word ter wille van my, as ’n getuienis vir hulle.+ 10  Ook moet die goeie nuus+ eers in al die nasies verkondig word.+ 11  Maar wanneer hulle julle weglei om julle oor te lewer, moet julle julle nie vooraf kwel oor wat julle sal sê nie;+ maar wat julle ook al in daardie uur gegee word, dit moet julle sê, want dit is nie julle wat praat nie, maar die heilige gees.+ 12  En broer sal broer aan die dood oorlewer, en ’n vader ’n kind,+ en kinders sal teen ouers opstaan en hulle laat doodmaak;+ 13  en julle sal weens my naam vir alle mense voorwerpe van haat wees.+ Maar wie tot die einde toe volhard het,+ hy sal gered word.+ 14  “Maar wanneer julle die walglike ding+ wat verwoesting veroorsaak,+ sien staan waar dit nie behoort te staan nie (laat die leser onderskeidingsvermoë gebruik),+ laat dié wat in Judeʹa is, dan na die berge begin vlug.+ 15  Laat die man wat op die dak is, nie afkom nie en ook nie ingaan om enigiets uit sy huis te neem nie;+ 16  en laat die man wat op die land is, nie terugkeer na die dinge wat agter is om sy bokleed te gaan haal nie.+ 17  Wee die swanger vroue en dié wat ’n baba soog in daardie dae!+ 18  Hou aan bid dat dit nie in die winter plaasvind nie;+ 19  want daardie dae sal dae van ’n verdrukking+ wees soos daar sedert die begin van die skepping wat God geskep het tot op daardie tyd nie plaasgevind het nie en nie weer sal plaasvind nie.+ 20  Trouens, as Jehovah+ die dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie. Maar weens die uitverkorenes+ wat hy uitverkies het,+ het hy die dae verkort.+ 21  “Ook as iemand dan vir julle sê: ‘Kyk! Hier is die Christus’, ‘Kyk! Daar is hy’,+ moet julle dit nie glo nie.+ 22  Want valse Christusse en valse profete sal opstaan+ en sal tekens en wonders+ doen om, indien moontlik, die uitverkorenes op ’n dwaalspoor te bring.+ 23  Wees dan op julle hoede;+ ek het julle alles vooraf gesê.+ 24  “Maar in daardie dae, ná daardie verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy lig nie gee nie, 25  en die sterre sal uit die hemel val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.+ 26  En dan sal hulle die Seun van die mens+ met groot krag en heerlikheid in wolke sien kom.+ 27  En dan sal hy die engele uitstuur en sy uitverkorenes+ bymekaarmaak uit die vier windstreke, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel.+ 28  “En leer van die vyeboom die illustrasie: Sodra sy jong tak sag word en blare kry, weet julle dat die somer naby is.+ 29  Net so moet julle, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, ook weet dat hy naby is, voor die deur.+ 30  Voorwaar, ek sê vir julle dat hierdie geslag hoegenaamd nie sal verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.+ 31  Hemel+ en aarde sal verbygaan, maar my woorde+ sal nie verbygaan nie.+ 32  “Van daardie dag of die uur weet niemand nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie, maar net die Vader.+ 33  Bly op die uitkyk, bly wakker,+ want julle weet nie wanneer dit die vasgestelde tyd is nie.+ 34  Dit is soos ’n man wat, toe hy na die buiteland gereis het,+ sy huis verlaat het en die gesag aan sy slawe gegee het, aan elkeen sy werk, en die deurwagter beveel het om aan te hou waak. 35  Hou dus aan waak,+ want julle weet nie wanneer die heer van die huis kom nie, hetsy laat in die dag of middernag of met hanekraai of vroeg in die oggend;+ 36  sodat hy, wanneer hy skielik kom, julle nie aan die slaap vind nie.+ 37  Maar wat ek vir julle sê, sê ek vir almal: Hou aan waak.”+

Voetnote