Markus 14:1-72

14  En die pasga+ en die fees+ van die ongesuurde koeke was twee dae later.+ En die hoofpriesters en die skrifgeleerdes het ’n manier gesoek om hom deur ’n slinkse plan gevange te neem en dood te maak;+  want hulle het herhaaldelik gesê: “Nie by die fees nie; miskien sal daar ’n opskudding onder die volk wees.”+  En toe hy in Betaʹnië in die huis van Simon, die melaatse,+ was, terwyl hy gedurende die maaltyd aan tafel was, het daar ’n vrou gekom met ’n albaste fles welriekende olie, egte nardus, baie duur. Sy het die albaste fles oopgebreek en dit op sy kop begin uitgooi.+  Hierop was daar party wat onder mekaar verontwaardiging uitgespreek het: “Waarom het hierdie verkwisting van die welriekende olie plaasgevind?+  Want hierdie welriekende olie kon vir meer as driehonderd denaʹrii verkoop en vir die armes gegee geword het!” En hulle was baie ontevrede met haar.+  Maar Jesus het gesê: “Laat staan haar. Waarom val julle haar lastig? Sy het ’n goeie daad aan my gedoen.+  Want julle het die armes+ altyd by julle, en wanneer julle wil, kan julle altyd aan hulle goed doen, maar vir my het julle nie altyd nie.+  Sy het gedoen wat sy kon; sy het dit vooraf op haar geneem om welriekende olie aan my liggaam te sit met die oog op die begrafnis.+  Voorwaar, ek sê vir julle: Oral waar die goeie nuus in die hele wêreld verkondig word,+ sal wat hierdie vrou gedoen het, ook vertel word ter gedagtenis aan haar.”+ 10  En Judas Iskaʹriot, een van die twaalf, het na die hoofpriesters toe gegaan om hom aan hulle te verraai.+ 11  Toe hulle dit hoor, was hulle bly en het hulle beloof om hom silwergeld te gee.+ Hy het dus ’n manier begin soek om hom by ’n geskikte geleentheid te verraai.+ 12  En op die eerste dag van die ongesuurde+ koeke, wanneer hulle volgens gewoonte die pasgaslagoffer geoffer het, het sy dissipels+ vir hom gesê: “Waar wil u hê moet ons gaan voorberei vir u om die pasga te eet?”+ 13  Daarop het hy twee van sy dissipels uitgestuur en vir hulle gesê: “Gaan in die stad in, en ’n man wat ’n erdehouer met water dra, sal julle ontmoet.+ Volg hom, 14  en waar hy ook al ingaan, moet julle vir die huisheer sê: ‘Die Leermeester sê: “Waar is die gastevertrek vir my waar ek die pasga+ saam met my dissipels kan eet?”’+ 15  En hy sal julle ’n groot bovertrek wys, wat ter voorbereiding ingerig is; en berei daar vir ons voor.”+ 16  Toe het die dissipels uitgegaan, en hulle het in die stad ingegaan en dit gevind net soos hy vir hulle gesê het; en hulle het vir die pasga voorberei.+ 17  Nadat dit aand geword het, het hy met die twaalf gekom.+ 18  En terwyl hulle aan tafel was en geëet het, het Jesus gesê: “Voorwaar, ek sê vir julle: Een van julle, wat saam met my eet,+ sal my verraai.”+ 19  Hulle het begin om bedroef te word en een vir een vir hom te sê: “Dit is tog nie ek nie?”+ 20  Hy het vir hulle gesê: “Dit is een van die twaalf, wat saam met my in die gemeenskaplike bak doop.+ 21  Die Seun van die mens gaan weliswaar weg, net soos daar van hom geskrywe staan, maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word! Dit sou vir daardie man beter gewees het as hy nie gebore was nie.”+ 22  En terwyl hulle verder geëet het, het hy ’n brood geneem, ’n seën gevra, dit gebreek en dit vir hulle gegee en gesê: “Neem dit, dit beteken my liggaam.”+ 23  En hy het ’n beker geneem, gedank en dit vir hulle gegee, en hulle het almal daaruit gedrink.+ 24  En hy het vir hulle gesê: “Dit beteken my ‘bloed+ van die verbond’,+ wat vir baie uitgestort+ sal word.+ 25  Voorwaar, ek sê vir julle: Ek sal hoegenaamd nie meer van die vrug van die wingerdstok drink tot op daardie dag wanneer ek dit nuut in die koninkryk van God drink nie.”+ 26  Uiteindelik het hulle, nadat hulle lofliedere gesing het,+ na die Olyfberg uitgegaan.+ 27  En Jesus het vir hulle gesê: “Julle sal almal struikel, want daar staan geskrywe: ‘Ek sal die herder slaan,+ en die skape sal verstrooi word.’+ 28  Maar nadat ek opgewek is, sal ek voor julle uit na Galileʹa gaan.”+ 29  Maar Petrus het vir hom gesê: “Selfs al struikel al die ander, tog sal ek nie.”+ 30  Daarop het Jesus vir hom gesê: “Voorwaar, ek sê vir jou: Vandag nog, ja, vannag, voordat ’n haan twee keer kraai, sal selfs jy my drie keer verloën.”+ 31  Maar hy het met nadruk begin sê: “Al moet ek saam met u sterf, sal ek u hoegenaamd nie verloën nie.” Ook het al die ander dieselfde begin sê.+ 32  Toe het hulle by ’n plek met die naam Getseʹmane gekom, en hy het vir sy dissipels gesê: “Sit hier terwyl ek bid.”+ 33  En hy het Petrus en Jakobus en Johannes+ saam met hom geneem, en hy het ontsteld en erg verontrus begin word.+ 34  En hy het vir hulle gesê: “My siel is diep bedroef,+ ja, tot die dood toe. Bly hier en hou aan waak.”+ 35  En hy het ’n entjie verder gegaan en toe op die grond neergeval en begin bid dat, as dit moontlik is, die uur by hom sou verbygaan.+ 36  En hy het gesê: “Abba, Vader,+ alles is vir u moontlik; neem hierdie beker van my af weg. Nogtans nie wat ek wil nie, maar wat u wil.”+ 37  En hy het gekom en hulle aan die slaap gevind, en hy het vir Petrus gesê: “Simon, slaap jy? Het jy nie die krag gehad om een uur aan te hou waak nie?+ 38  Manne, hou aan waak en bid,+ sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is natuurlik gretig, maar die vlees is swak.”+ 39  En hy het weer weggegaan en gebid en dieselfde woord gespreek.+ 40  En weer het hy gekom en hulle aan die slaap gevind, want hulle oë was swaar, en hulle het nie geweet wat om hom te antwoord nie.+ 41  En hy het die derde keer gekom en vir hulle gesê: “Op ’n tyd soos dié slaap julle en rus julle! Dit is genoeg! Die uur het gekom!+ Kyk! Die Seun van die mens word deur verraad in die hande van sondaars oorgelewer.+ 42  Staan op, laat ons gaan.+ Kyk! My verraaier het naby gekom.”+ 43  En onmiddellik, terwyl hy nog gepraat het, het Judas, een van die twaalf, daar aangekom, en saam met hom ’n menigte met swaarde en knuppels, gestuur deur die hoofpriesters en die skrifgeleerdes en die ouer manne.+ 44  En sy verraaier het hulle ’n afgesproke teken gegee en gesê: “Die een wat ek soen, dit is hy; neem hom in hegtenis en lei hom veilig weg.”+ 45  En hy het reguit na hom toe aangekom en tot by hom gekom en gesê: “Rabbi!” en hom baie teer gesoen.+ 46  Toe het hulle die hande aan hom geslaan en hom in hegtenis geneem.+ 47  Een van dié wat daar gestaan het, het egter sy swaard getrek en die slaaf van die hoëpriester geslaan en sy oor afgekap.+ 48  Maar Jesus het in reaksie hierop vir hulle gesê: “Het julle soos teen ’n rower uitgekom met swaarde en knuppels om my te arresteer?+ 49  Dag vir dag was ek by julle in die tempel besig om te leer,+ en tog het julle my nie in hegtenis geneem nie. Nietemin gebeur dit sodat die Skrif+ vervul kan word.”+ 50  En hulle almal het hom verlaat+ en gevlug.+ 51  Maar ’n sekere jong man, wat ’n kleed van fyn linne om sy naakte lyf gedra het, het hom op ’n kort afstand begin volg; en hulle het hom probeer gryp,+ 52  maar hy het sy linnekleed agtergelaat en naak weggekom. 53  En hulle het Jesus weggelei na die hoëpriester toe, en al die hoofpriesters en die ouer manne en die skrifgeleerdes het bymekaargekom.+ 54  Maar Petrus het hom op ’n aansienlike afstand tot in die binnehof van die hoëpriester gevolg;+ en hy het saam met die huisbediendes gesit en hom by ’n helder vuur warm gemaak. 55  Intussen het die hoofpriesters en die hele Sanʹhedrin getuienis teen Jesus gesoek om hom dood te maak,+ maar hulle het niks gevind nie.+ 56  Baie het wel valse getuienis teen hom gegee,+ maar hulle getuienis het nie ooreengestem nie.+ 57  En sommige het opgestaan en valse getuienis teen hom afgelê en gesê: 58  “Ons het hom hoor sê: ‘Ek sal hierdie tempel wat met hande gemaak is, afbreek en in drie dae ’n ander een bou wat nie met hande gemaak is nie.’”+ 59  Maar ook daarin het hulle getuienis nie ooreengestem nie. 60  Uiteindelik het die hoëpriester in hulle midde opgestaan en Jesus ondervra en gesê: “Antwoord jy niks nie? Wat getuig hulle teen jou?”+ 61  Maar hy het stilgebly en hoegenaamd geen antwoord gegee nie.+ Weer het die hoëpriester hom begin ondervra en vir hom gesê: “Is jy die Christus, die Seun van die Geseënde?”+ 62  Toe het Jesus gesê: “Ek is; en julle sal die Seun van die mens+ aan die regterhand van krag sien sit+ en met die wolke van die hemel sien kom.”+ 63  Hierop het die hoëpriester sy onderkledingstukke geskeur+ en gesê: “Waarvoor het ons nog getuies nodig?+ 64  Julle het die lastering gehoor.+ Hoe lyk dit vir julle?” Hulle het hom almal veroordeel dat hy die dood verdien. 65  En party het begin om op hom te spoeg+ en sy hele gesig te bedek en hom met hulle vuiste te slaan en vir hom te sê: “Profeteer!” En die geregsdienaars het hom in die gesig geklap en hom weggeneem.+ 66  En terwyl Petrus onder in die binnehof was, het een van die diensmeisies van die hoëpriester gekom,+ 67  en toe sy Petrus sien, besig om hom warm te maak, het sy hom reguit aangekyk en gesê: “Jy was ook saam met die Nasarener, dié Jesus.”+ 68  Maar hy het dit ontken en gesê: “Ek ken hom nie en ek verstaan ook nie wat jy sê nie”, en hy het buitentoe gegaan na die voorportaal.+ 69  Toe die diensmeisie hom daar sien, het sy weer vir dié wat daar staan, begin sê: “Hy is een van hulle.”+ 70  Weer het hy dit ontken. En na ’n klein rukkie het dié wat daar gestaan het, weer eens vir Petrus begin sê: “Jy is beslis een van hulle, want jy is ’n Galileër.”+ 71  Maar hy het begin vloek en sweer:+ “Ek ken nie hierdie man van wie julle praat nie.”+ 72  En onmiddellik het ’n haan ’n tweede keer gekraai;+ en Petrus het die woord onthou wat Jesus vir hom gesê het: “Voordat ’n haan twee keer kraai, sal jy my drie keer verloën.”+ En hy het begin huil.+

Voetnote