Markus 15:1-47

15  En onmiddellik met dagbreek het die hoofpriesters saam met die ouer manne en die skrifgeleerdes, ja, die hele Sanʹhedrin, beraadslaag,+ en hulle het Jesus geboei en hom weggelei en hom aan Pilatus oorgelewer.+  Toe het Pilatus hom gevra: “Is jy die koning+ van die Jode?” Hy het hom geantwoord en gesê: “U sê dit self.”+  Maar die hoofpriesters het aangehou om hom van baie dinge te beskuldig.+  En Pilatus het hom weer begin ondervra en gesê: “Het jy geen antwoord nie?+ Kyk hoeveel aanklagte bring hulle teen jou in.”+  Maar Jesus het geen verdere antwoord gegee nie, sodat Pilatus hom begin verwonder het.+  Wel, by elke fees het hy gewoonlik vir hulle een gevangene, die een wat hulle gevra het, vrygelaat.+  Daar was dié tyd ’n sekere Barabʹbas in boeie saam met die opstandelinge, wat in hulle opstand moord gepleeg het.+  Toe het die skare opgekom en begin versoek dat hy vir hulle sou doen soos gewoonlik.  Pilatus het hulle geantwoord en gesê: “Wil julle hê dat ek vir julle die koning van die Jode moet vrylaat?”+ 10  Want hy het geweet dat die hoofpriesters hom uit afguns+ oorgelewer het.+ 11  Maar die hoofpriesters het die skare opgesteek dat hy liewer Barabʹbas vir hulle moet vrylaat.+ 12  Weer het Pilatus geantwoord en vir hulle gesê: “Wat moet ek dan doen met hom wat julle die koning+ van die Jode noem?”+ 13  Hulle het weer eens uitgeroep: “Hang hom aan die paal!”+ 14  Maar Pilatus het vir hulle gesê: “Wat het hy dan gedoen wat sleg is?” Maar hulle het des te meer uitgeroep: “Hang hom aan die paal!”+ 15  Omdat Pilatus die skare tevrede wou stel,+ het hy toe Barabʹbas vir hulle vrygelaat, en nadat hy Jesus laat gesel het, het hy hom oorgelewer om aan die paal gehang te word.+ 16  Die soldate het hom toe in die binnehof in weggelei, dit wil sê in die goewerneur se paleis in; en hulle het die hele troepeafdeling bymekaargeroep,+ 17  en hulle het hom in purper geklee en ’n doringkroon gevleg en dit vir hom opgesit.+ 18  En hulle het hom begin groet: “Goeiedag,+ Koning van die Jode!” 19  Ook het hulle hom met ’n riet op die kop geslaan en op hom gespoeg en aan hom hulde bewys deur op hulle knieë te gaan.+ 20  Nadat hulle met hom die spot gedryf het, het hulle uiteindelik die purperkleed uitgetrek en sy boklere vir hom aangetrek. En hulle het hom uitgelei om hom aan die paal te hang.+ 21  En hulle het ’n verbyganger, ’n sekere Simon van Sireʹne, wat van die platteland af gekom het, die vader van Aleksander en Rufus, gekommandeer om sy folterpaal op te tel.+ 22  Toe het hulle hom gebring na die plek Golʹgota, wat, wanneer dit vertaal word, Skedelplek beteken.+ 23  Hier het hulle hom wyn gemeng met bedwelmende mirre probeer gee,+ maar hy wou dit nie neem nie.+ 24  En hulle het hom aan die paal gehang en sy boklere verdeel+ deur die lot daaroor te werp om te bepaal wat elkeen sou neem.+ 25  Dit was toe die derde uur,+ en hulle het hom aan die paal gehang. 26  En die opskrif van die aanklag+ teen hom het bo hom geskrywe gestaan: “Die Koning van die Jode.”+ 27  Saam met hom het hulle ook twee rowers aan pale gehang, een aan sy regter- en een aan sy linkerkant.+ 28  —— 29  En die verbygangers het hom gesmaad,+ hulle kop geskud en gesê: “Ha! Jy wat glo die tempel sou afbreek en in drie dae sou opbou,+ 30  red jouself deur van die folterpaal af te kom.”+ 31  Net so het ook die hoofpriesters saam met die skrifgeleerdes onder mekaar die spot gedryf en gesê: “Ander het hy gered; homself kan hy nie red nie!+ 32  Laat die Christus, die Koning van Israel, nou van die folterpaal afkom, sodat ons kan sien en glo.”+ Selfs dié wat saam met hom aan pale gehang is, het hom gesmaad.+ 33  Toe dit die sesde uur word, het daar ’n duisternis oor die hele land gekom, tot die negende uur toe.+ 34  En op die negende uur het Jesus met ’n harde stem uitgeroep: “Eli, Eli, lama sabagtaʹni?” wat, wanneer dit vertaal word, beteken: “My God, my God, waarom het u my verlaat?”+ 35  En toe party van dié wat daar naby gestaan het, dit hoor, het hulle begin sê: “Kyk! Hy roep Eliʹa.”+ 36  Maar iemand het gehardloop, ’n spons met suur wyn deurweek, dit op ’n riet gesit en dit vir hom begin gee om te drink+ en gesê: “LAAT staan hom! Laat ons sien of Eliʹa hom kom afhaal.”+ 37  Maar Jesus het hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas.+ 38  En die voorhangsel+ van die heiligdom het van bo tot onder in twee geskeur.+ 39  En toe die leëroffisier, wat gestaan het waar hy hom kon sien, sien dat hy onder hierdie omstandighede die laaste asem uitgeblaas het, het hy gesê: “Hierdie man was beslis God se Seun.”+ 40  Daar was ook vroue wat van ’n afstand toegekyk het,+ onder wie Maria Magdaleʹna sowel as Maria, die moeder van Jakobus die Mindere en van Joses, en Saloʹme,+ 41  wat hom gewoonlik vergesel+ en bedien het toe hy in Galileʹa was, en baie ander vroue wat saam met hom na Jerusalem opgekom het.+ 42  En aangesien dit reeds laatmiddag was, en omdat dit die Voorbereiding was, dit wil sê die dag voor die sabbat, 43  het Josef van Arimateʹa, ’n hooggeagte lid van die Raad, wat self ook op die koninkryk van God gewag het, gekom.+ Hy het die moed bymekaargeskraap om na Pilatus in te gaan en het die liggaam van Jesus gevra.+ 44  Maar Pilatus het gewonder of hy al dood is, en hy het die leëroffisier ontbied en hom gevra of hy al gesterf het. 45  Nadat hy dan bevestiging van die leëroffisier gekry het, het hy die lyk vir Josef gegee.+ 46  En hy het fyn linne gekoop en hom afgehaal, hom in die fyn linne toegedraai en hom in ’n graf+ neergelê+ wat in ’n rots uitgekap was; en hy het ’n klip voor die deur van die gedenkgraf gerol.+ 47  Maar Maria Magdaleʹna en Maria, die moeder van Joses, het bly kyk na waar hy neergelê is.+

Voetnote