Markus 16:1-20

16  En toe die sabbat+ verby was, het Maria Magdaleʹna+ en Maria, die moeder van Jakobus, en Saloʹme speserye gekoop om hom te kom salf.+  En hulle het baie vroeg op die eerste dag+ van die week, nadat die son opgekom het, by die gedenkgraf gekom.+  En hulle het vir mekaar gesê: “Wie sal vir ons die klip voor die deur van die gedenkgraf wegrol?”  Maar toe hulle opkyk, het hulle gesien dat die klip weggerol is, hoewel dit baie groot was.+  Toe hulle in die gedenkgraf ingaan, het hulle ’n jong man, geklee in ’n lang wit kleed, aan die regterkant sien sit, en hulle was verstom.+  Hy het vir hulle gesê: “Hou op om so verstom te wees. Julle soek Jesus die Nasarener, wat aan die paal gehang is.+ Hy is opgewek,+ hy is nie hier nie. Kyk! Die plek waar hulle hom neergelê het.+  Maar gaan sê vir sy dissipels en Petrus: ‘Hy gaan voor julle uit na Galileʹa;+ daar sal julle hom sien, net soos hy vir julle gesê het.’”+  En toe hulle uitkom, het hulle van die gedenkgraf af weggevlug, want bewing en sterk emosie het hulle aangegryp. En hulle het vir niemand enigiets vertel nie, want hulle het gevrees.+ KORT SLOT Party manuskripte en weergawes uit latere tye bevat die volgende kort slot ná Markus 16:8: Maar al die dinge wat beveel is, het hulle kortliks vir dié om Petrus vertel. En ná hierdie dinge het Jesus self deur middel van hulle die heilige en onverderflike verkondiging van ewige redding van die ooste tot die weste uitgestuur. LANG SLOT In party ou manuskripte (Codex Alexandrinus, Codex Ephraemi, Codex Bezae) en weergawes (Latynse Vulgaat, Cureton-Siriese, Siriese Pesjitta) is die volgende lang slot bygevoeg, maar in die Codex Sinaiticus, Codex Vaticanus, Sinaïties-Siriese kodeks en die Armeense vertaling is dit weggelaat:  Nadat hy vroeg op die eerste dag van die week opgestaan het, het hy eers aan Maria Magdaleʹna verskyn, uit wie hy sewe demone uitgedryf het. 10  Sy het vir dié wat vroeër saam met hom was, gaan vertel, aangesien hulle getreur en gehuil het. 11  Maar toe hulle hoor dat hy lewend geword het en deur haar gesien is, het hulle nie geglo nie. 12  Daarbenewens het hy ná hierdie dinge in ’n ander gedaante aan twee van hulle verskyn terwyl hulle op pad na die platteland geloop het; 13  en hulle het teruggekom en vir die res vertel. Hulle het dié ook nie geglo nie. 14  Maar later het hy aan die elf self verskyn terwyl hulle aan tafel was, en hy het hulle verwyt oor hulle gebrek aan geloof en hardheid van hart, omdat hulle nie dié geglo het wat hom gesien het nadat hy uit die dode opgewek is nie. 15  En hy het vir hulle gesê: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die goeie nuus aan die hele skepping. 16  Hy wat glo en gedoop word, sal gered word, maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. 17  Verder sal hierdie tekens dié vergesel wat glo: hulle sal demone uitdryf deur my naam te gebruik, hulle sal in tale praat, 18  en met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle glad nie kwaad doen nie. Hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word.” 19  Nadat die Here Jesus met hulle gepraat het, is hy na die hemel opgeneem en het hy aan die regterhand van God gaan sit. 20  En hulle het uitgegaan en oral gepreek terwyl die Here saam met hulle gewerk en die boodskap deur die gepaardgaande tekens bevestig het.

Voetnote