Markus 2:1-28

2  Maar ná ’n paar dae het hy weer in Kaperʹnaum ingegaan en is daar berig dat hy by die huis is.+  Gevolglik het baie bymekaargekom, sodat daar selfs by die deur nie meer plek was nie, en hy het die woord+ tot hulle begin spreek.  En manne het gekom en ’n verlamde wat deur vier gedra is, na hom toe gebring.+  Maar omdat hulle hom weens die skare nie tot by Jesus kon bring nie, het hulle die dak reg bokant hom verwyder, en nadat hulle ’n opening gegrawe het, het hulle die draagbed waarop die verlamde gelê het, laat sak.+  En toe Jesus hulle geloof sien,+ het hy vir die verlamde gesê: “Kind, jou sondes is vergewe.”+  En party van die skrifgeleerdes was daar en het in hulle harte gesit en redeneer:+  “Waarom praat hierdie man so? Hy laster. Wie kan sondes vergewe, behalwe een, God?”+  Maar Jesus, wat onmiddellik deur sy gees onderskei het dat hulle só by hulleself redeneer, het vir hulle gesê: “Waarom redeneer julle in julle harte oor hierdie dinge?+  Wat is makliker—om vir die verlamde te sê: ‘Jou sondes is vergewe’, of om te sê: ‘Staan op en tel jou draagbed op en loop’?+ 10  Maar sodat julle kan weet dat die Seun van die mens+ gesag het om op die aarde sondes te vergewe”+—het hy vir die verlamde gesê: 11  “Ek sê vir jou: Staan op, tel jou draagbed op en gaan na jou huis toe.”+ 12  Daarop het hy opgestaan en onmiddellik sy draagbed opgetel en voor hulle almal uitgeloop,+ sodat hulle almal eenvoudig in vervoering geraak het, en hulle het God verheerlik en gesê: “So iets het ons nog nooit gesien nie.”+ 13  Hy het weer langs die see uitgegaan; en die hele skare het na hom toe bly kom, en hy het hulle begin leer. 14  Maar in die verbygaan het hy Levi,+ die seun van Alfeʹus, by die belastingkantoor sien sit, en hy het vir hom gesê: “Word my volgeling.” En hy het opgestaan en hom gevolg.+ 15  Later was hy in sy huis aan tafel, en baie belastinggaarders+ en sondaars was saam met Jesus en sy dissipels aan tafel, want daar was baie, en hulle het hom begin volg.+ 16  Maar toe die skrifgeleerdes van die Fariseërs hom saam met die sondaars en belastinggaarders sien eet, het hulle vir sy dissipels begin sê: “Eet hy saam met die belastinggaarders en sondaars?”+ 17  Toe Jesus dit hoor, het hy vir hulle gesê: “Dié wat sterk is, het nie ’n geneesheer nodig nie, maar dié wat siek is, het wel. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars.”+ 18  En Johannes se dissipels en die Fariseërs het die vaste onderhou. Toe het hulle gekom en vir hom gesê: “Waarom onderhou die dissipels van Johannes en die dissipels van die Fariseërs die vaste, maar u dissipels onderhou nie die vaste nie?”+ 19  En Jesus het vir hulle gesê: “Die vriende van die bruidegom kan tog nie vas terwyl die bruidegom by hulle is nie,+ of hoe? Solank hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie.+ 20  Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word, en dan sal hulle in daardie dag vas.+ 21  Niemand werk ’n stuk ongekrimpte materiaal op ’n ou bokleed vas nie; as hy dit doen, trek die volle sterkte daarvan van die bokleed weg, die nuwe van die oue, en word die skeur erger.+ 22  Ook gooi niemand nuwe wyn in ou wynsakke nie; as hy dit doen, laat die wyn die sakke bars, en die wyn sowel as die sakke gaan verlore.+ Maar mense gooi nuwe wyn in nuwe wynsakke.”+ 23  En hy het op die sabbat deur die graanlande geloop, en sy dissipels het in die loop are begin pluk.+ 24  Toe het die Fariseërs vir hom gesê: “Kyk hier! Waarom doen hulle op die sabbat wat nie geoorloof is nie?”+ 25  Maar hy het vir hulle gesê: “Het julle nog nooit gelees wat Dawid+ gedoen het toe hy gebrek begin ly het en honger geword het nie, hy en die manne wat by hom was?+ 26  Hoe hy—volgens die verslag oor die hoofpriester Abjaʹtar+—in die huis van God ingegaan en die aanbiedingsbrode+ geëet het, wat vir niemand behalwe die priesters geoorloof is om te eet nie,+ en ook vir die manne wat by hom was, daarvan gegee het?”+ 27  Toe het hy verder vir hulle gesê: “Die sabbat het ter wille van die mens in aansyn gekom,+ en nie die mens ter wille van die sabbat nie;+ 28  derhalwe is die Seun van die mens Here selfs van die sabbat.”+

Voetnote