Markus 4:1-41

4  En hy het weer langs die see begin leer.+ En ’n baie groot skare het by hom bymekaargekom, sodat hy in ’n boot geklim en op die see gaan sit het, maar die hele skare langs die see was op die oewer.+  Toe het hy begin om hulle baie dinge deur illustrasies+ te leer en om vir hulle in sy lering te sê:+  “Luister. Kyk! Die saaier het uitgegaan om te saai.+  En terwyl hy gesaai het, het ’n deel van die saad langs die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgeëet.+  En ’n ander deel het op die rotsagtige plek geval, waar dit natuurlik nie baie grond gehad het nie,+ en dit het onmiddellik opgeskiet omdat dit nie diep grond gehad het nie.  Maar toe die son opkom, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdor.+  En ’n ander deel het tussen die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik, en dit het geen vrug opgelewer nie.+  Maar ander het op die goeie grond geval,+ en dit het opgekom en toegeneem en vrug begin oplewer, en dit het dertig- en sestig- en honderdvoudig gedra.”+  Toe het hy bygevoeg: “Laat hom wat ore het om te luister, luister.”+ 10  En toe hy alleen was, het dié wat saam met die twaalf om hom was, hom oor die illustrasies begin uitvra.+ 11  En hy het vir hulle begin sê: “Aan julle is die heilige geheim+ van die koninkryk van God gegee, maar vir dié wat buite is, gebeur alles in illustrasies,+ 12  sodat hulle, hoewel hulle kyk, sal kyk en tog nie sien nie en, hoewel hulle hoor, sal hoor en tog nie die sin daarvan begryp of ooit terugdraai en vergifnis geskenk word nie.”+ 13  Verder het hy vir hulle gesê: “Julle ken nie hierdie illustrasie nie, en hoe sal julle dan al die ander illustrasies verstaan? 14  “Die saaier saai die woord.+ 15  Dit is dan hulle wat langs die pad is waar die woord gesaai word; maar sodra hulle dit gehoor het, kom Satan+ en neem die woord weg wat in hulle gesaai is.+ 16  En net so is dit hulle wat op die rotsagtige plekke gesaai word: sodra hulle die woord gehoor het, neem hulle dit met vreugde aan.+ 17  Hulle het egter geen wortel in hulleself nie, maar hulle bly ’n tyd lank; sodra daar dan verdrukking of vervolging weens die woord ontstaan, struikel hulle.+ 18  Daar is nog ander wat tussen die dorings gesaai word; dit is hulle wat die woord gehoor het,+ 19  maar die sorge+ van hierdie stelsel van dinge en die bedrieglike krag van rykdom+ en die begeertes+ na die res van die dinge dring in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar.+ 20  Laastens is hulle wat op die goeie grond gesaai is, dié wat na die woord luister en dit gunstig ontvang en vrug dra: dertig- en sestig- en honderdvoudig.”+ 21  En hy het verder vir hulle gesê: “’n Lamp word tog nie gebring om onder ’n maatemmer of onder ’n bed gesit te word nie, of hoe? Dit word gebring om op ’n lampstaander gesit te word, nie waar nie?+ 22  Want daar is niks wat weggesteek is behalwe met die doel om blootgelê te word nie; niks het sorgvuldig verborge geraak buiten met die doel om aan die lig te kom nie.+ 23  Wie ore het om te luister, laat hom luister.”+ 24  Hy het verder vir hulle gesê: “Skenk aandag aan wat julle hoor.+ Met die maat waarmee julle uitmeet, sal vir julle uitgemeet word,+ ja, meer sal vir julle bygevoeg word.+ 25  Want wie het, aan hom sal meer gegee word; maar wie nie het nie, van hom sal weggeneem word selfs wat hy het.”+ 26  Toe het hy gesê: “In dié opsig is die koninkryk van God net soos wanneer ’n mens die saad op die grond gooi,+ 27  en hy slaap snags en staan bedags op, en die saad spruit uit en word groot—presies hoe weet hy nie.+ 28  Vanself bring die grond geleidelik vrug voort, eers die grashalm, dan die aar, uiteindelik die volle korrel in die aar. 29  Maar sodra die vrug dit toelaat, steek hy die sekel in, want die oestyd het gekom.” 30  En hy het verder gesê: “Waarmee sal ons die koninkryk van God vergelyk, of met watter illustrasie sal ons dit uiteensit?+ 31  Dit is soos ’n mosterdsaadjie wat die kleinste van al die sade op die aarde was toe dit in die grond gesaai is+ 32  maar wanneer dit gesaai is, kom dit op en word dit groter as al die ander groentesoorte en maak dit groot takke,+ sodat die voëls van die hemel+ onder sy skaduwee blyplek kan vind.”+ 33  So het hy deur baie sulke illustrasies+ die woord tot hulle gespreek, vir sover hulle kon luister. 34  Ja, sonder ’n illustrasie het hy nie met hulle gepraat nie, maar wanneer hulle alleen was, het hy vir sy dissipels alles verduidelik.+ 35  En daardie dag, nadat dit aand geword het, het hy vir hulle gesê: “Laat ons oorvaar na die ander oewer.”+ 36  Nadat hulle die skare weggestuur het, het hulle hom dus in die boot geneem, net soos hy was, en daar was ander bote by hom.+ 37  En ’n baie groot windstorm het losgebars, en die golwe het aanhoudend by die boot ingeslaan, sodat die boot al byna vol was.+ 38  Maar hy het in die agterstewe op ’n kussing geslaap. En hulle het hom wakker gemaak en vir hom gesê: “Leermeester, gee u nie om dat ons op die punt staan om te vergaan nie?”+ 39  Daarop het hy opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: “Bedaar! Wees stil!”+ En die wind het gaan lê, en daar het ’n groot kalmte gekom.+ 40  Toe het hy vir hulle gesê: “Waarom is julle bang? Het julle nog steeds geen geloof nie?” 41  Maar hulle het ’n buitengewone vrees ervaar, en hulle het vir mekaar gesê: “Wie is hy tog, want selfs die wind en die see gehoorsaam hom?”+

Voetnote