Markus 5:1-43

5  Wel, hulle het aan die oorkant van die see in die land van die Geraseners+ gekom.  En onmiddellik nadat hy uit die boot geklim het, het ’n man wat in die mag van ’n onrein gees was, hom tussen die gedenkgrafte uit tegemoetgekom.+  Sy woonplek was tussen die grafte; en tot op daardie tydstip kon absoluut niemand hom selfs met ’n ketting vasbind nie,  want hy is menigmaal met voetboeie en kettings gebind, maar die kettings is deur hom uitmekaar geruk en die voetboeie eenvoudig verbrysel; en niemand het die krag gehad om hom te bedwing nie.  En hy het voortdurend, nag en dag, in die grafte en in die berge geskreeu en homself met klippe stukkend gesny.  Maar toe hy Jesus van ver af sien, het hy gehardloop en aan hom hulde bewys,  en nadat hy met ’n harde stem uitgeroep het,+ het hy gesê: “Wat het ek met u te doen, Jesus, Seun van die Allerhoogste God?+ Ek stel u onder eed+ by God om my nie te pynig nie.”+  Want hy het vir hom gesê: “Kom uit die man uit, jou onrein gees.”+  Maar hy het hom begin vra: “Wat is jou naam?” En hy het vir hom gesê: “My naam is Legioen,+ want ons is baie.”+ 10  En hy het hom herhaaldelik gesoebat om die geeste nie uit die land uit te stuur nie.+ 11  En ’n groot trop varke+ het daar by die berg gewei.+ 12  Toe het hulle hom gesoebat en gesê: “Stuur ons in die varke in, sodat ons in hulle kan invaar.” 13  En hy het hulle dit toegelaat. Daarop het die onrein geeste uitgekom en in die varke ingevaar; en die trop het oor die krans gestorm, die see in—daar was omtrent tweeduisend—en hulle het die een na die ander in die see verdrink.+ 14  Maar hulle wagters het gevlug en dit in die stad en in die buitedistrikte vertel; en mense het kom kyk wat gebeur het.+ 15  Toe het hulle by Jesus gekom, en hulle het die demoonbesetene sien sit, geklee en by sy volle verstand, dié man wat die legioen gehad het; en hulle het bevrees geword. 16  En dié wat dit gesien het, het vir hulle vertel hoe dit met die demoonbesetene gebeur het, en van die varke. 17  Daarop het hulle hom begin soebat om uit hulle gebied weg te gaan.+ 18  En toe hy in die boot klim, het die man wat van demone besete was, hom begin soebat om by hom te kan bly.+ 19  Hy het hom dit egter nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: “Gaan huis toe na jou familielede,+ en vertel vir hulle alles wat Jehovah+ vir jou gedoen het en dat hy jou barmhartig+ was.” 20  En hy het weggegaan en in die Dekaʹpolis+ begin verkondig wat Jesus alles vir hom gedoen het, en al die mense het hulle begin verwonder.+ 21  Nadat Jesus weer in die boot na die oorkantste oewer teruggevaar het, het ’n groot skare by hom bymekaargekom; en hy was langs die see.+ 22  En een van die presiderende beamptes van die sinagoge, met die naam Jaïrus, het gekom, en toe hy hom sien, het hy voor sy voete neergeval+ 23  en hom herhaaldelik gesoebat en gesê: “My dogtertjie is op haar uiterste. Kom asseblief en lê haar die hande op+ sodat sy kan gesond word en lewe.”+ 24  Daarop het hy saam met hom gegaan. En ’n groot menigte het hom gevolg en teen hom aangedring.+ 25  En daar was ’n vrou wat twaalf jaar+ lank aan bloedvloeiing+ gely het, 26  en sy is baie pyn besorg deur talle geneeshere+ en het ál haar middele bestee en nie baat daarby gevind nie, maar eerder erger geword. 27  Toe sy die dinge oor Jesus hoor, het sy in die skare van agter gekom en aan sy bokleed geraak;+ 28  want sy het bly sê: “As ek net aan sy boklere raak, sal ek gesond word.”+ 29  En onmiddellik het die fontein van haar bloed opgedroog, en sy het in haar liggaam agtergekom dat sy van die ernstige siekte genees is.+ 30  Ook Jesus het onmiddellik in homself bemerk dat krag+ van hom uitgegaan het, en hy het in die skare omgedraai en begin sê: “Wie het aan my boklere geraak?”+ 31  Maar sy dissipels het vir hom begin sê: “U sien dat die skare teen u aandring,+ en sê u dan nog: ‘Wie het aan my geraak?’” 32  Hy het egter rondgekyk om haar te sien wat dit gedoen het. 33  Maar die vrou het, bang en bewend en omdat sy geweet het wat met haar gebeur het, voor hom kom neerval en vir hom die hele waarheid vertel.+ 34  Hy het vir haar gesê: “Dogter, jou geloof het jou gesond gemaak. Gaan in vrede,+ en wees van jou ernstige siekte genees.”+ 35  Terwyl hy nog gepraat het, het daar manne van die huis van die presiderende beampte van die sinagoge gekom en gesê: “U dogter het gesterf! Waarom sou u die leermeester nog langer lastig val?”+ 36  Maar Jesus het toevallig die woord gehoor wat gespreek is en het vir die presiderende beampte van die sinagoge gesê: “Moenie vrees nie, beoefen net geloof.”+ 37  En hy het niemand toegelaat om saam met hom te gaan nie, behalwe Petrus en Jakobus en Johannes, die broer van Jakobus.+ 38  Toe het hulle by die huis van die presiderende beampte van die sinagoge gekom, en hy het die rumoer gesien, en dié wat huil en baie weeklaag, 39  en nadat hy ingegaan het, het hy vir hulle gesê: “Waarom gaan julle so te kere en huil julle? Die jong kind het nie gesterf nie, maar slaap.”+ 40  Hierop het hulle hom begin uitlag. Maar nadat hy hulle almal uitgestuur het, het hy die jong kind se vader en moeder en dié wat by hom was, saamgeneem en ingegaan waar die jong kind was.+ 41  En hy het die hand van die jong kind geneem en vir haar gesê: “Taliʹta koemi”, wat, wanneer dit vertaal word, beteken: “Meisie, ek sê vir jou: Staan op!”+ 42  En onmiddellik het die meisie opgestaan en begin loop, want sy was twaalf jaar oud. En dadelik was hulle buite hulleself van groot ekstase.+ 43  Maar hy het hulle keer op keer beveel om niemand hiervan te laat weet nie,+ en hy het gesê dat sy iets gegee moet word om te eet.

Voetnote