Markus 7:1-37

7  En die Fariseërs en party van die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het rondom hom bymekaargekom.+  En toe hulle party van sy dissipels met verontreinigde hande, dit wil sê ongewastes,+ sien eet—  want die Fariseërs en al die Jode eet nie tensy hulle hulle hande tot by die elmboog gewas het nie, aangesien hulle vashou aan die oorlewering van die manne van vroeër tye,  en wanneer hulle van die mark af terugkom, eet hulle nie tensy hulle hulle deur besprinkeling gereinig het nie; en daar is baie ander oorleweringe+ wat hulle ontvang het om aan vas te hou: die doop van bekers en kanne en koperhouers;+  toe het hierdie Fariseërs en skrifgeleerdes hom gevra: “Waarom wandel jou dissipels nie volgens die oorlewering van die manne van vroeër tye nie, maar eet hulle met verontreinigde hande?”+  Hy het vir hulle gesê: “Jesaja het gepas oor julle, huigelaars, geprofeteer, soos daar geskrywe staan:+ ‘Hierdie volk eer my met hulle lippe, maar hulle hart is ver van my verwyderd.+  Tevergeefs bly hulle my aanbid, want hulle leer gebooie van mense as leerstellings.’+  Julle laat vaar die gebod van God en hou vas aan die oorlewering van mense.”+  En hy het verder vir hulle gesê: “Julle skuif die gebod van God behendig opsy+ om julle oorlewering te behou. 10  Moses het byvoorbeeld gesê: ‘Eer jou vader en jou moeder’,+ en: ‘Hy wat vader of moeder uitskel, moet sterf.’+ 11  Maar julle sê: ‘As ’n mens vir sy vader of sy moeder sê: “Enigiets wat ek het waardeur u voordeel van my kan ontvang, is korban+ (dit wil sê ’n gawe wat aan God gewy is+)”’— 12  dan laat julle hom hoegenaamd niks meer vir sy vader of sy moeder doen nie,+ 13  en so maak julle die woord van God+ kragteloos deur julle oorlewering wat julle oorgedra het. En julle doen talle soortgelyke dinge.”+ 14  Toe het hy die skare weer na hom toe geroep en vir hulle begin sê: “Luister almal na my, en verstaan die betekenis.+ 15  Daar is niks wat van buite af in ’n mens ingaan wat hom kan verontreinig nie; maar die dinge wat uit ’n mens uitgaan, is die dinge wat ’n mens verontreinig.”+ 16  —— 17  En toe hy in ’n huis ingegaan het, weg van die skare af, het sy dissipels hom oor die illustrasie begin uitvra.+ 18  Toe het hy vir hulle gesê: “Is julle ook sonder begrip soos hulle?+ Besef julle nie dat niks wat van buite af in ’n mens ingaan, hom kan verontreinig nie, 19  aangesien dit nie in sy hart nie, maar in sy ingewande ingaan en in die riool uitgaan?”+ So het hy alle voedsel rein verklaar.+ 20  Verder het hy gesê: “Wat uit ’n mens uitgaan, dít verontreinig ’n mens;+ 21  want van binne af, uit die hart van die mens,+ kom skadelike redenasies: hoererye,+ diefstalle, moorde,+ 22  egbreuk, hebsugtige begeertes,+ goddelose dade, bedrog, losbandige gedrag,+ ’n afgunstige oog, lastering, hoogmoed, onredelikheid. 23  Al hierdie goddelose dinge kom van binne af en verontreinig ’n mens.”+ 24  Hy het opgestaan en daarvandaan na die streke van Tirus en Sidon+ gegaan. En hy het in ’n huis ingegaan en wou nie hê dat enigeen dit te wete moet kom nie. Tog kon hy nie onopgemerk bly nie;+ 25  maar ’n vrou wie se dogtertjie ’n onrein gees gehad het, het onmiddellik van hom gehoor en gekom en haar voor sy voete neergewerp.+ 26  Die vrou was ’n Griek, van Siro-Fenisiese nasionaliteit; en sy het hom bly vra om die demoon uit haar dogter uit te dryf.+ 27  Maar hy het begin deur vir haar te sê: “Laat die kinders eers versadig word, want dit is nie reg om die kinders se brood+ te neem en dit vir die hondjies te gooi nie.”+ 28  Sy het egter geantwoord en vir hom gesê: “Ja, meneer, en tog eet die hondjies onder die tafel van die kindertjies+ se krummels.”+ 29  Daarop het hy vir haar gesê: “Omdat jy dít gesê het, gaan; die demoon het uit jou dogter uitgegaan.”+ 30  Toe het sy weggegaan na haar huis en gevind+ dat die jong kind op die bed neergelê is en dat die demoon uitgegaan het. 31  En toe hy uit die streke van Tirus terugkom, het hy deur Sidon na die see van Galileʹa gegaan, deur die streke van die Dekaʹpolis.+ 32  Hier het hulle ’n man wat doof was en ’n spraakgebrek gehad het, na hom toe gebring, en hulle het hom gesoebat om sy hand op hom te lê.+ 33  En hy het hom eenkant toe geneem, weg van die skare af, en sy vingers in die man se ore gesteek, en nadat hy gespoeg het, het hy sy tong aangeraak.+ 34  En terwyl hy na die hemel opgekyk het,+ het hy diep gesug+ en vir hom gesê: “Efʹfata”, dit is: “Word geopen.” 35  Wel, sy ore is geopen+ en die belemmering van sy tong is losgemaak, en hy het normaal begin praat. 36  Daarop het hy hulle beveel om vir niemand te vertel nie;+ maar hoe meer hy hulle beveel het, hoe meer het hulle dit verkondig.+ 37  Ja, hulle was uitermate verstom+ en het gesê: “Hy het alles goed gedoen. Hy laat selfs die dowes hoor en die stommes praat.”+

Voetnote