Markus 9:1-50
9 Verder het hy vir hulle gesê: “Voorwaar, ek sê vir julle: Party van dié wat hier staan, sal glad nie die dood smaak voordat hulle eers die koninkryk van God, reeds in krag gekom, gesien het nie.”+
2 En ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle teen ’n hoë berg opgeneem, waar hulle alleen was. En hy het voor hulle van gedaante verander,+
3 en sy boklere het glinsterend geword, baie witter as wat enige klerereiniger op aarde dit kon maak.+
4 Ook het Eliʹa saam met Moses aan hulle verskyn, en hulle was in gesprek met Jesus.+
5 En Petrus het in reaksie hierop vir Jesus gesê: “Rabbi, dit is goed dat ons hier is; laat ons dan drie tente oprig: een vir u en een vir Moses en een vir Eliʹa.”+
6 Hy het in werklikheid nie geweet wat om te sê nie, want hulle het baie bevrees geword.
7 En ’n wolk het gevorm wat hulle oorskadu het, en ’n stem+ het uit die wolk gekom: “Dit is my Seun,+ die geliefde; luister na hom.”+
8 Maar hulle het meteens rondgekyk en niemand meer by hulle gesien nie, behalwe Jesus alleen.+
9 Terwyl hulle van die berg afgekom het, het hy hulle uitdruklik beveel om vir niemand te vertel+ wat hulle gesien het voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.+
10 En hulle het die woord ter harte geneem, maar het onder mekaar bespreek wat hierdie opstanding uit die dode beteken.
11 En hulle het hom begin uitvra en gesê: “Waarom sê die skrifgeleerdes dat Eliʹa+ eers moet kom?”+
12 Hy het vir hulle gesê: “Eliʹa kom inderdaad eers en herstel alles;+ maar hoe is dit dat daar van die Seun van die mens geskrywe staan dat hy baie lyding moet ondergaan+ en behandel moet word asof hy van geen belang is nie?+
13 Maar ek sê vir julle: Eliʹa+ het in werklikheid al gekom, en hulle het aan hom gedoen alles wat hulle wou, net soos daar van hom geskrywe staan.”+
14 En toe hulle na die ander dissipels toe aankom, het hulle ’n groot skare om hulle opgemerk, en skrifgeleerdes wat met hulle redeneer.+
15 Maar die oomblik toe die hele skare hom sien, was hulle verstom, en hulle het na hom toe gehardloop en hom begin groet.
16 En hy het hulle gevra: “Waaroor redeneer julle met hulle?”
17 En een uit die skare het hom geantwoord: “Leermeester, ek het my seun na u toe gebring, want hy het ’n stom gees;+
18 en waar hy hom ook al gryp, gooi hy hom op die grond neer, en hy skuim in die mond en kners op sy tande en verloor sy krag. En ek het vir u dissipels gesê om hom uit te dryf, maar hulle kon nie.”+
19 Hy het geantwoord en vir hulle gesê: “O ongelowige geslag,+ hoe lank moet ek by julle bly? Hoe lank moet ek julle verdra? Bring hom na my toe.”+
20 En hulle het hom na hom toe gebring. Maar toe die gees hom sien, het hy die kind dadelik stuiptrekkings laat kry, en nadat hy op die grond neergeval het, het hy skuimend bly rondrol.+
21 En hy het sy vader gevra: “Hoe lank gebeur dit al met hom?” Hy het gesê: “Van kleins af;
22 en hy het hom keer op keer in die vuur sowel as in die water gegooi om hom dood te maak.+ Maar as u enigiets kan doen, ontferm u dan oor ons en help ons.”
23 Jesus het vir hom gesê: “Dié uitdrukking: ‘As u kan’! Alles is immers vir ’n mens moontlik as jy geloof het.”+
24 Onmiddellik het die vader van die jong kind uitgeroep en gesê: “Ek het geloof! Help my waar ek geloof kortkom!”+
25 Toe Jesus opmerk dat ’n skare op hulle toestroom, het hy die onrein gees bestraf+ en vir hom gesê: “Jou stom en dowe gees, ek beveel jou, gaan uit hom uit en vaar nie weer in hom in nie.”
26 En nadat hy geskreeu het, het hy ná baie stuiptrekkings uitgegaan;+ en die kind het soos ’n dooie geword, sodat die meeste van hulle gesê het: “Hy is dood!”
27 Maar Jesus het hom by die hand geneem en hom opgehelp, en hy het opgestaan.+
28 En nadat hy in ’n huis ingegaan het, het sy dissipels hom begin vra toe hulle alleen was: “Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?”+
29 En hy het vir hulle gesê: “Hierdie soort kan deur niks anders uitgaan as deur gebed nie.”+
30 Hulle het daarvandaan vertrek en deur Galileʹa gegaan, maar hy wou nie hê dat enigeen dit te wete moet kom nie.
31 Want hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: “Die Seun van die mens gaan in die hande van die mense oorgelewer word, en hulle sal hom doodmaak,+ maar al word hy doodgemaak, sal hy drie dae later opstaan.”+
32 Hulle het egter nie die woorde verstaan nie, en hulle was bang om hom uit te vra.+
33 En hulle het in Kaperʹnaum ingekom. En toe hy in die huis was, het hy hulle gevra: “Waaroor het julle op die pad geargumenteer?”+
34 Hulle het stilgebly, want hulle het op die pad onder mekaar geargumenteer oor wie die grootste is.+
35 Toe het hy gaan sit en die twaalf geroep en vir hulle gesê: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.”+
36 En hy het ’n jong kind geneem, hom in hulle midde laat staan en sy arms om hom gesit en vir hulle gesê:+
37 “Elkeen wat een van hierdie jong kinders op grond van my naam ontvang, ontvang my; en elkeen wat my ontvang, ontvang nie net vir my nie, maar ook vir hom wat my uitgestuur het.”+
38 Johannes het vir hom gesê: “Leermeester, ons het ’n sekere man gesien wat demone uitdryf deur u naam te gebruik en ons het hom probeer keer,+ omdat hy ons nie vergesel nie.”+
39 Maar Jesus het gesê: “Moet hom nie probeer keer nie, want daar is niemand wat ’n kragtige werk in my naam sal doen en gou van my sal kan kwaadspreek nie;+
40 want wie nie teen ons is nie, is vir ons.+
41 Want elkeen wat vir julle ’n beker+ water gee om te drink omdat julle aan Christus behoort,+ ek sê voorwaar vir julle, hy sal sy beloning hoegenaamd nie verloor nie.
42 Maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat glo, laat struikel, dit sal vir hom beter wees as ’n meulsteen, soos wat deur ’n esel gedraai word, om sy nek gehang en hy inderdaad in die see gewerp word.+
43 “En as jou hand jou ooit laat struikel, kap dit af; dit is vir jou beter om vermink die lewe in te gaan as om met twee hande in Gehenʹna in te gaan, in die vuur wat nie geblus kan word nie.+
44 ——
45 En as jou voet jou laat struikel, kap dit af; dit is vir jou beter om kreupel die lewe in te gaan+ as om met twee voete in Gehenʹna+ gewerp te word.
46 ——
47 En as jou oog jou laat struikel, gooi dit weg;+ dit is vir jou beter om met een oog in die koninkryk van God in te gaan as om met twee oë in Gehenʹna+ gewerp te word,
48 waar hulle wurm nie doodgaan en die vuur nie geblus word nie.+
49 “Want elkeen moet met vuur gesout word.+
50 Sout is goed; maar as die sout ooit sy krag verloor, waarmee sal julle dit smaaklik maak?+ Julle moet sout in julle hê+ en vrede onder mekaar bewaar.”+