Matteus 1:1-25

1  Die boek van die geskiedenis+ van Jesus Christus, die seun van Dawid,+ die seun van Abraham:+   Abraham het die vader geword van Isak;+Isak het die vader geword van Jakob;+Jakob het die vader geword van Juda+ en sy broers;  Juda het die vader geword van Peres+ en van Serag by Tamar;Peres het die vader geword van Hesron;+Hesron het die vader geword van Ram;+  Ram het die vader geword van Amminaʹdab;Amminaʹdab het die vader geword van Nagson;+Nagson het die vader geword van Salmon;+  Salmon het die vader geword van Boas by Ragab;+Boas het die vader geword van Obed by Rut;+Obed het die vader geword van Isai;+  Isai het die vader geword van Dawid,+ die koning.+Dawid het die vader geword van Salomo+ by die vrou van Uriʹa;  Salomo het die vader geword van Rehaʹbeam;+Rehaʹbeam het die vader geword van Abiʹa;Abiʹa+ het die vader geword van Asa;+  Asa het die vader geword van Joʹsafat;+Joʹsafat het die vader geword van Joram;+Joram het die vader geword van Ussiʹa;  Ussiʹa het die vader geword van Jotam;Jotam+ het die vader geword van Agas;+Agas het die vader geword van Hiskiʹa;+ 10  Hiskiʹa het die vader geword van Manasʹse;+Manasʹse+ het die vader geword van Amon;+Amon+ het die vader geword van Josiʹa; 11  Josiʹa+ het die vader geword van Jegonʹja+ en sy broers in die tyd van die wegvoering na Babilon.+ 12  Ná die wegvoering na Babilon het Jegonʹja die vader geword van Sealʹtiël;+Sealʹtiël het die vader geword van Serubbaʹbel;+ 13  Serubbaʹbel het die vader geword van Abiʹud;Abiʹud het die vader geword van Elʹjakim;Elʹjakim het die vader geword van Asor; 14  Asor het die vader geword van Sadok;Sadok het die vader geword van Agim;Agim het die vader geword van Eliʹud; 15  Eliʹud het die vader geword van Eleaʹsar;Eleaʹsar het die vader geword van Mattan;Mattan het die vader geword van Jakob; 16  Jakob het die vader geword van Josef, die man van Maria, uit wie Jesus gebore is,+ wat Christus+ genoem word. 17  Al die geslagte van Abraham tot Dawid was dan veertien geslagte, en van Dawid tot die wegvoering na Babilon veertien geslagte, en van die wegvoering na Babilon tot die Christus veertien geslagte. 18  Maar die geboorte van Jesus Christus was só. Gedurende die tyd dat sy moeder Maria aan Josef in die huwelik beloof was,+ is daar bevind dat sy deur heilige gees+ swanger was voordat hulle verenig is. 19  Haar man Josef was egter van plan om in die geheim van haar te skei,+ omdat hy regverdig was en nie in die openbaar skande oor haar wou bring nie.+ 20  Maar nadat hy hierdie dinge oordink het, kyk! toe het Jehovah se engel in ’n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef, seun van Dawid, moenie bang wees om jou vrou Maria huis toe te neem nie, want wat in haar verwek is, is deur heilige gees.+ 21  Sy sal geboorte gee aan ’n seun, en jy moet hom Jesus+ noem, want hy sal sy volk+ van hulle sondes+ red.”+ 22  Dit alles het in werklikheid gebeur sodat vervul sou word wat Jehovah+ deur middel van sy profeet+ gespreek het toe hy gesê het: 23  “Kyk! Die maagd+ sal swanger word en geboorte gee aan ’n seun, en hulle sal hom Immaʹnuel+ noem”, wat, wanneer dit vertaal word, beteken: “Met ons is God.”+ 24  Toe het Josef uit sy slaap wakker geword en gedoen soos die engel van Jehovah aan hom voorgeskryf het, en hy het sy vrou huis toe geneem. 25  Maar hy het geen gemeenskap+ met haar gehad totdat sy aan ’n seun geboorte gegee het nie;+ en hy het hom Jesus+ genoem.

Voetnote