Matteus 10:1-42

10  Toe het hy sy twaalf dissipels na hom toe geroep en hulle gesag oor onrein geeste gegee,+ om hulle uit te dryf en om elke soort kwaal en elke soort gebrek te genees.  Dít is die name van die twaalf apostels:+ Eerstens, Simon, wat Petrus+ genoem word, en sy broer Andreʹas;+ en Jakobus, die seun van Sebedeʹus,+ en sy broer Johannes;  Filippus en Bartolomeʹus;+ Tomas+ en Matteʹus,+ die belastinggaarder; Jakobus, die seun van Alfeʹus,+ en Taddeʹus;  Simon, die Kananeʹër,+ en Judas Iskaʹriot, wat hom later verraai het.+  Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle hierdie bevele gegee:+ “Moenie op die pad van die nasies afdraai nie, en moenie in ’n Samaritaanse stad ingaan nie;+  maar hou eerder aan om na die verlore skape van die huis van Israel te gaan.+  Terwyl julle gaan, preek en sê: ‘Die koninkryk van die hemele het naby gekom.’+  Genees siekes,+ wek dooies op, maak melaatses rein, dryf demone uit. Julle het verniet ontvang, verniet moet julle gee.+  Moenie goud of silwer of koper vir julle gordelbeurse aanskaf nie,+ 10  of ’n voedselsak vir die reis of twee onderkledingstukke of sandale of ’n staf nie; want die werker is sy voedsel werd.+ 11  “In watter stad of dorpie julle ook al ingaan, soek wie daarin verdienstelik is en bly daar totdat julle vertrek.+ 12  Wanneer julle in die huis ingaan, groet die huismense; 13  en as die huis verdienstelik is, laat die vrede wat julle dit toewens, daaroor kom;+ maar as dit nie verdienstelik is nie, laat julle vrede na julle toe terugkeer. 14  Oral waar iemand julle nie inneem nie of na julle woorde nie luister nie, skud die stof van julle voete+ af wanneer julle uit daardie huis of daardie stad uitgaan. 15  Voorwaar, ek sê vir julle: Dit sal vir die land van Sodom+ en Gomorʹra draagliker wees op die Oordeelsdag as vir daardie stad.+ 16  “Kyk! Ek stuur julle soos skape onder wolwe uit;+ wees dus versigtig soos slange+ en tog onskuldig soos duiwe.+ 17  Wees op julle hoede vir die mense;+ want hulle sal julle aan plaaslike geregshowe oorlewer,+ en hulle sal julle in hulle sinagoges+ gesel.+ 18  Julle sal selfs voor goewerneurs en konings+ gesleep word ter wille van my, as ’n getuienis+ vir hulle en die nasies. 19  Maar wanneer hulle julle oorlewer, moet julle julle nie kwel oor hoe of wat julle moet sê nie; want wat julle moet sê, sal in daardie uur aan julle gegee word;+ 20  want dit is nie net julle wat praat nie, maar dit is die gees van julle Vader wat deur julle praat.+ 21  Verder sal die een broer+ die ander broer aan die dood oorlewer, en ’n vader sy kind, en kinders sal teen ouers opstaan en hulle laat doodmaak.+ 22  En julle sal weens my naam vir alle mense voorwerpe van haat wees;+ maar wie tot die einde toe volhard het, hy sal gered word.+ 23  Wanneer hulle julle in een stad vervolg, vlug na ’n ander+; want voorwaar, ek sê vir julle: Julle sal hoegenaamd nie die kring+ van die stede van Israel voltooi voordat die Seun van die mens kom nie.+ 24  “’n Dissipel is nie bo sy leermeester nie, en ’n slaaf nie bo sy heer nie.+ 25  Dit is genoeg dat die dissipel soos sy leermeester word, en die slaaf soos sy heer.+ As mense die huisheer Beëlʹsebub+ genoem het, hoeveel te meer sal hulle sy huisgenote so noem? 26  Moet hulle dus nie vrees nie; want daar is niks bedek wat nie blootgelê sal word nie, en geheim wat nie bekend sal word nie.+ 27  Wat ek vir julle in die duisternis vertel, moet julle in die lig sê; en wat julle hoor gefluister word, moet julle van die dakke af verkondig.+ 28  En moenie bevrees word+ vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees hom+ eerder wat siel sowel as liggaam in Gehenʹna+ kan vernietig. 29  Word twee mossies nie vir ’n muntstuk van geringe waarde verkoop nie?+ Tog sal nie een van hulle sonder julle Vader se wete op die grond val nie.+ 30  Maar selfs die hare op julle kop is almal getel.+ 31  Moet dus nie vrees nie: julle is meer werd as baie mossies.+ 32  “Elkeen dan wat voor die mense eenheid met my bely, met hom sal ek ook eenheid bely+ voor my Vader wat in die hemele is; 33  maar elkeen wat my voor die mense verloën, hom sal ek ook verloën+ voor my Vader wat in die hemele is. 34  Moenie dink dat ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie; ek het nie gekom om vrede te bring nie,+ maar ’n swaard. 35  Want ek het gekom om verdeeldheid te veroorsaak: ’n man teen sy vader, en ’n dogter teen haar moeder, en ’n jong vrou teen haar skoonmoeder.+ 36  Ja, ’n mens se eie huisgenote sal sy vyande wees. 37  Hy wat groter geneentheid vir vader of moeder het as vir my, is my nie waardig nie; en hy wat groter geneentheid vir seun of dogter het as vir my, is my nie waardig nie.+ 38  En elkeen wat nie sy folterpaal aanvaar en my navolg nie, is my nie waardig nie.+ 39  Hy wat sy siel vind, sal dit verloor, en hy wat sy siel ter wille van my verloor, sal dit vind.+ 40  “Hy wat julle ontvang, ontvang my ook, en hy wat my ontvang, ontvang ook hom wat my uitgestuur het.+ 41  Hy wat ’n profeet ontvang omdat hy ’n profeet is, sal ’n profeet se beloning kry,+ en hy wat ’n regverdige man ontvang omdat hy ’n regverdige man is, sal ’n regverdige man se beloning kry.+ 42  En elkeen wat een van hierdie kleintjies net ’n beker koue water gee om te drink omdat hy ’n dissipel is, voorwaar, ek sê vir julle, hy sal sy beloning hoegenaamd nie verloor nie.”+

Voetnote