Matteus 11:1-30

11  En toe Jesus klaar instruksies aan sy twaalf dissipels gegee het, het hy daarvandaan vertrek om in hulle stede te leer en te preek.+  Maar Johannes, wat in die tronk+ gehoor het van die Christus se werke, het deur middel van sy dissipels gestuur  en vir hom gesê: “Is u die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?”+  Jesus het hulle geantwoord en gesê: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien:  Die blindes sien weer,+ en die kreupeles+ loop rond, die melaatses+ word gereinig en die dowes+ hoor, en die dooies+ word opgewek, en aan die armes word die goeie nuus+ bekend gemaak;  en gelukkig is hy wat geen rede tot struikeling in my vind nie.”+  Terwyl hulle weggegaan het, het Jesus vir die skare oor Johannes begin sê: “Wat het julle in die wildernis uitgegaan om te aanskou?+ ’n Riet wat deur ’n wind heen en weer gewaai word?+  Wat het julle dan uitgegaan om te sien? ’n Man geklee in sagte klere? Dié wat sagte klere dra, is immers in die huise van konings.+  Waarom het julle dan eintlik uitgegaan? Om ’n profeet te sien? Ja, ek sê vir julle, en baie meer as ’n profeet.+ 10  Dit is hy van wie daar geskrywe staan: ‘Kyk! Ek stuur my boodskapper voor jou aangesig uit, wat jou weg voor jou uit sal berei!’+ 11  Voorwaar, ek sê vir julle: Onder dié wat uit vroue gebore is,+ is daar niemand groter as Johannes die Doper verwek nie; maar iemand wat ’n mindere in die koninkryk+ van die hemele is, is groter as hy. 12  Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe is die koninkryk van die hemele die doel waarna die mense vooruitbeur, en dié wat vooruitbeur, gryp dit.+ 13  Want almal, die Profete en die Wet, het tot op Johannes geprofeteer;+ 14  en as julle dit wil aanvaar: Hy is ‘Eliʹa wat bestem is om te kom’.+ 15  Laat hom wat ore het, luister.+ 16  “Met wie sal ek hierdie geslag vergelyk?+ Dit is soos jong kinders wat op die markpleine sit en hulle speelmaats toeroep+ 17  en sê: ‘Ons het vir julle op die fluit gespeel, maar julle het nie gedans nie; ons het geweeklaag, maar julle het julle nie in droefheid geslaan nie.’+ 18  Net so het Johannes gekom en nie geëet of gedrink nie,+ en tog sê mense: ‘Hy het ’n demoon’; 19  die Seun van die mens het gekom en wel geëet en gedrink,+ en tog sê mense: ‘Kyk! ’n Mens wat vraatsugtig en aan wyn verslaaf is, ’n vriend van belastinggaarders en sondaars.’+ Nietemin, die wysheid word deur sy werke geregverdig.”+ 20  Toe het hy die stede waarin die meeste van sy kragtige werke plaasgevind het, begin verwyt, omdat hulle nie berou gehad het nie:+ 21  “Wee jou, Goʹrasin! Wee jou, Betsaiʹda!+ want as die kragtige werke wat in julle plaasgevind het, in Tirus en Sidon plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as berou gehad het.+ 22  Gevolglik sê ek vir julle: Dit sal vir Tirus en Sidon draagliker wees op die Oordeelsdag+ as vir julle.+ 23  En jy, Kaperʹnaum,+ sal jy miskien tot die hemel verhef word? Tot in Haʹdes+ sal jy afkom;+ want as die kragtige werke wat in jou plaasgevind het, in Sodom plaasgevind het, sou dit tot vandag toe bly staan het. 24  Gevolglik sê ek vir julle: Dit sal vir die land van Sodom draagliker wees op die Oordeelsdag as vir julle.”+ 25  Hierop het Jesus in dié tyd gesê: “Ek loof u in die openbaar, Vader, Here van hemel en aarde, omdat u hierdie dinge vir die wyse en intellektuele mense verberg het en dit aan klein kindertjies geopenbaar het.+ 26  Ja, o Vader, want u het dit goedgevind om só te handel. 27  Alles is deur my Vader aan my oorgegee,+ en niemand ken die Seun ten volle nie, behalwe die Vader,+ en ook ken niemand die Vader ten volle nie, behalwe die Seun en enigeen aan wie die Seun bereid is om hom te openbaar.+ 28  Kom na my toe, almal wat swoeg en swaar belaai is,+ en ek sal julle verkwik. 29  Neem my juk+ op julle en leer by my,+ want ek is saggeaard+ en nederig van hart, en julle sal verkwikking+ vir julle siele vind. 30  Want my juk is sag en my vrag is lig.”+

Voetnote