Matteus 12:1-50

12  In daardie tyd het Jesus op die sabbat deur die graanlande geloop.+ Sy dissipels het honger geword en begin om are te pluk en te eet.+  Toe die Fariseërs dit sien, het hulle vir hom gesê:+ “Kyk! Jou dissipels doen wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie.”+  Hy het vir hulle gesê: “Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het toe hy en die manne wat by hom was, honger geword het nie?+  Hoe hy in die huis van God ingegaan en hulle die aanbiedingsbrode+ geëet het, iets wat vir hom nie geoorloof+ was om te eet nie, en ook nie vir dié wat by hom was nie, maar net vir die priesters?+  Of het julle nie in die Wet+ gelees dat die priesters in die tempel op die sabbatte die sabbat as nie-heilig behandel en onskuldig bly nie?+  Maar ek sê vir julle dat iets groter as die tempel+ hier is.  As julle egter verstaan het wat dit beteken: ‘Ek wil barmhartigheid+ hê en nie offerandes+ nie’, sou julle nie die onskuldiges veroordeel het nie.  Want die Seun van die mens+ is Here van die sabbat.”+  Nadat hy daarvandaan vertrek het, het hy in hulle sinagoge ingegaan; 10  en kyk! ’n man met ’n verdorde hand!+ Toe het hulle hom gevra: “Is dit geoorloof om op die sabbat te genees?” sodat hulle ’n beskuldiging teen hom kon inbring.+ 11  Hy het vir hulle gesê: “Watter mens onder julle wat een skaap het, sal dit nie vasgryp en uithaal as dit op die sabbat in ’n gat val nie?+ 12  Alles in aanmerking geneem, hoeveel meer is ’n mens tog werd as ’n skaap!+ Dit is dus geoorloof om iets goeds op die sabbat te doen.” 13  Toe het hy vir die man gesê: “Steek jou hand uit.” En hy het dit uitgesteek, en dit is herstel, gesond soos die ander hand.+ 14  Maar die Fariseërs het uitgegaan en teen hom beraadslaag sodat hulle hom kon doodmaak.+ 15  Omdat Jesus dit te wete gekom het, het hy daarvandaan weggegaan. Baie het hom ook gevolg, en hy het hulle almal genees,+ 16  maar hy het hulle streng gelas om hom nie openbaar te maak nie;+ 17  sodat vervul sou word wat gespreek is deur middel van die profeet Jesaja, wat gesê het: 18  “Kyk! My kneg+ wat ek uitgekies het, my geliefde,+ wat my siel goedgekeur het! Ek sal my gees op hom plaas,+ en hy sal aan die nasies duidelik maak wat geregtigheid is. 19  Hy sal nie twis+ of hard uitroep nie, en ook sal niemand sy stem in die breë strate hoor nie. 20  ’n Beskadigde riet sal hy nie verbrysel nie, en ’n smeulende vlaspit sal hy nie uitdoof nie,+ totdat hy geregtigheid+ met welslae uitstuur. 21  Ja, nasies sal op sy naam hoop.”+ 22  Toe het hulle ’n demoonbesete man na hom toe gebring wat blind en stom was; en hy het hom genees, sodat die stom man gepraat en gesien het. 23  Wel, die hele skare het eenvoudig in vervoering geraak en begin sê:+ “Is hy nie miskien die Seun van Dawid nie?”+ 24  Toe die Fariseërs dit hoor, het hulle gesê: “Hierdie man dryf die demone nie anders uit as deur middel van Beëlʹsebub, die heerser van die demone,+ nie.” 25  Hy het hulle gedagtes geken+ en vir hulle gesê: “Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes,+ en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. 26  Net so, as Satan Satan uitdryf, het hy teen homself verdeeld geraak; hoe sal sy koninkryk dan bly staan? 27  En as ek die demone deur middel van Beëlʹsebub+ uitdryf, deur middel van wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle julle regters wees. 28  Maar as dit deur middel van God se gees is dat ek die demone uitdryf, het die koninkryk van God julle werklik ingehaal.+ 29  Of hoe kan iemand die huis van ’n sterk man binnedring en sy losgoed gryp tensy hy die sterk man eers vasbind? En dan sal hy sy huis plunder.+ 30  Hy wat nie aan my kant is nie, is teen my, en hy wat nie saam met my bymekaarmaak nie, verstrooi.+ 31  “Daarom sê ek vir julle: Elke soort sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die gees sal nie vergewe word nie.+ 32  Byvoorbeeld, elkeen wat ’n woord teen die Seun van die mens spreek, dit sal hom vergewe word;+ maar elkeen wat teen die heilige gees spreek, dit sal hom nie vergewe word nie, nee, nie in hierdie stelsel van dinge of in die toekomstige nie.+ 33  “Julle moet óf die boom goed maak en sy vrugte goed, óf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan sy vrugte word die boom geken.+ 34  Addergebroedsel,+ hoe kan julle goeie dinge sê terwyl julle goddeloos is?+ Want uit die oorvloed van die hart spreek die mond.+ 35  Die goeie mens bring uit sy goeie skat goeie dinge te voorskyn,+ terwyl die goddelose mens uit sy goddelose skat goddelose dinge te voorskyn bring.+ 36  Ek sê vir julle dat die mense op die Oordeelsdag rekenskap sal gee+ van elke onvoordelige woord wat hulle spreek; 37  want deur jou woorde sal jy regverdig verklaar word, en deur jou woorde sal jy veroordeel word.”+ 38  As antwoord aan hom het party van die skrifgeleerdes en Fariseërs toe gesê: “Leermeester, ons wil ’n teken van u sien.”+ 39  Hy het geantwoord en vir hulle gesê: “’n Goddelose en owerspelige+ geslag hou aan om ’n teken te soek, maar dit sal geen teken gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.+ 40  Want net soos Jona+ drie dae en drie nagte in die maag van die reusagtige vis was, so sal die Seun van die mens+ drie dae en drie nagte+ in die hart van die aarde+ wees. 41  Mense van Niʹneve sal in die oordeel saam met hierdie geslag+ opstaan en sal dit veroordeel;+ want hulle het berou gehad as gevolg van wat Jona+ gepreek het, maar kyk! iets meer as Jona is hier. 42  Die koningin van die suide+ sal in die oordeel saam met hierdie geslag opgewek word en sal dit veroordeel; want sy het van die eindes van die aarde af gekom om die wysheid van Salomo te hoor, maar kyk! iets meer as Salomo is hier.+ 43  “Wanneer ’n onrein gees uit ’n mens uitkom, trek hy deur dor plekke op soek na ’n rusplek en vind nie een nie.+ 44  Dan sê hy: ‘Ek sal teruggaan na my huis waaruit ek getrek het’; en wanneer hy daar aankom, vind hy dit onbewoon, maar skoongevee en versier. 45  Dan gaan hy en neem sewe ander geeste wat boser as hy self is, saam met hom,+ en nadat hulle ingekom het, woon hulle daar; en die laaste omstandighede van dié mens word erger as die eerste.+ Só sal dit ook met hierdie goddelose geslag wees.”+ 46  Terwyl hy nog met die skare gepraat het, kyk! toe het sy moeder en broers+ buite kom staan en wou hulle met hom praat. 47  En iemand het vir hom gesê: “Kyk! U moeder en u broers staan buite en wil met u praat.” 48  As antwoord het hy vir die een wat hom dit vertel het, gesê: “Wie is my moeder, en wie is my broers?”+ 49  En hy het sy hand na sy dissipels uitgesteek en gesê: “Kyk! My moeder en my broers!+ 50  Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, dié is my broer en suster en moeder.”

Voetnote