Matteus 13:1-58

13  Nadat Jesus daardie dag die huis verlaat het, het hy by die see gesit;  en ’n groot skare het by hom versamel, sodat hy in ’n boot geklim en gaan sit het,+ en die hele skare het op die strand gestaan.  Toe het hy hulle baie dinge deur illustrasies vertel en gesê: “Kyk! ’n Saaier het uitgegaan om te saai;+  en terwyl hy gesaai het, het party sade langs die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgeëet.+  Ander het op die rotsagtige plekke geval, waar dit nie baie grond gehad het nie, en dit het dadelik opgeskiet omdat dit nie diep grond gehad het nie.+  Maar toe die son opkom, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdor.+  Ook het ander tussen die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik.+  Nog ander het op die goeie grond geval, en dit het vrug begin oplewer,+ hierdie een honderd-, daardie een sestig-, die ander dertigvoudig.+  Laat hom wat ore het, luister.”+ 10  Toe het die dissipels nader gekom en vir hom gesê: “Waarom praat u met hulle deur middel van illustrasies?”+ 11  Hy het geantwoord en gesê: “Aan julle word dit gegee om die heilige geheime van die koninkryk van die hemele te verstaan,+ maar aan daardie mense word dit nie gegee nie.+ 12  Want elkeen wat het, aan hom sal meer gegee word, en hy sal oorvloed verkry;+ maar elkeen wat nie het nie, van hom sal weggeneem word selfs wat hy het.+ 13  Daarom praat ek met hulle deur middel van illustrasies, want hulle kyk, maar hulle kyk tevergeefs, en hulle hoor, maar hulle hoor tevergeefs, en ook begryp hulle nie die sin daarvan nie;+ 14  en oor hulle gaan die profesie van Jesaja in vervulling, wat sê: ‘Wanneer julle hoor, sal julle hoor, maar hoegenaamd nie die sin daarvan begryp nie; en wanneer julle kyk, sal julle kyk, maar hoegenaamd nie sien nie.+ 15  Want die hart van hierdie volk het onontvanklik geword, en met hulle ore het hulle gehoor sonder om te reageer, en hulle het hulle oë gesluit; sodat hulle nooit met hulle oë sou sien en met hulle ore sou hoor en met hulle hart die sin daarvan sou begryp en terugdraai en ek hulle genees nie.’+ 16  “Maar gelukkig is julle oë+ omdat hulle sien, en julle ore omdat hulle hoor. 17  Want ek sê voorwaar vir julle: Baie profete+ en regverdiges het begeer om die dinge te sien wat julle sien en het dit nie gesien nie,+ en om die dinge te hoor wat julle hoor en het dit nie gehoor nie.+ 18  “LUISTER dan na die illustrasie van die man wat gesaai het.+ 19  Wanneer iemand die woord van die koninkryk hoor, maar nie die sin daarvan begryp nie, kom die bose+ en ruk weg wat in sy hart gesaai is; dit is die een wat langs die pad gesaai is. 20  Wat die een betref wat op die rotsagtige plekke gesaai is, dit is die een wat die woord hoor en dit dadelik met vreugde aanneem.+ 21  Tog het hy geen wortel in homself nie maar bly ’n tyd lank, en nadat daar weens die woord verdrukking of vervolging ontstaan het, struikel hy dadelik.+ 22  Wat die een betref wat tussen die dorings gesaai is, dit is die een wat die woord hoor, maar die sorge van hierdie stelsel van dinge+ en die bedrieglike krag van rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.+ 23  Wat die een betref wat op die goeie grond gesaai is, dit is die een wat die woord hoor en die sin daarvan begryp, wat werklik vrug dra en voortbring, hierdie een honderd-, daardie een sestig-, die ander dertigvoudig.”+ 24  Hy het nog ’n illustrasie aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemele het geword soos ’n man wat goeie saad in sy saailand gesaai het.+ 25  Terwyl die mense geslaap het, het sy vyand gekom en onkruid daaroor gesaai, tussen die koring in, en weggegaan. 26  Toe die halm uitspruit en vrug voortbring, het die onkruid ook verskyn. 27  En die slawe van die huisheer het nader gekom en vir hom gesê: ‘Heer, het u nie goeie saad in u saailand gesaai nie?+ Hoe kom dit dan dat dit onkruid het?’+ 28  Hy het vir hulle gesê: ‘’n Vyand, ’n mens, het dit gedoen.’+ Hulle het vir hom gesê: ‘Wil u dan hê dat ons moet uitgaan en dit bymekaar maak?’ 29  Hy het gesê: ‘Nee; sodat julle nie miskien, terwyl julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie. 30  Laat al twee saam groei tot die oes toe; en in die oestyd sal ek vir dié wat oes, sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand,+ en gaan bring dan die koring in my voorraadskuur bymekaar.’”+ 31  Hy het nog ’n illustrasie aan hulle voorgehou+ en gesê: “Die koninkryk van die hemele is soos ’n mosterdsaadjie,+ wat ’n man geneem en in sy land geplant het; 32  wat in werklikheid die kleinste van al die sade is, maar wanneer dit gegroei het, is dit die grootste van die groentesoorte en word dit ’n boom, sodat die voëls van die hemel+ kom en blyplek tussen sy takke vind.”+ 33  Hy het vir hulle nog ’n illustrasie vertel: “Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg+ wat ’n vrou geneem en in drie groot mate meel verberg het, totdat die hele massa deursuur was.” 34  Al hierdie dinge het Jesus deur illustrasies vir die skare gesê. Ja, sonder ’n illustrasie het hy nie met hulle gepraat nie;+ 35  sodat vervul sou word wat gespreek is deur middel van die profeet, wat gesê het: “Ek sal my mond oopmaak met illustrasies, ek sal dinge verkondig wat sedert die grondlegging verborge was.”+ 36  Nadat hy die skare weggestuur het, het hy in die huis ingegaan. En sy dissipels het na hom toe gekom en gesê: “Verduidelik vir ons die illustrasie van die onkruid in die saailand.” 37  Hy het geantwoord en gesê: “Die saaier van die goeie saad is die Seun van die mens; 38  die saailand is die wêreld;+ wat die goeie saad betref, dit is die kinders van die koninkryk; maar die onkruid is die kinders van die bose,+ 39  en die vyand wat dit gesaai het, is die Duiwel.+ Die oes+ is ’n voleinding van ’n stelsel van dinge,+ en dié wat oes, is engele. 40  Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit in die voleinding van die stelsel van dinge wees.+ 41  Die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal alles wat struikeling veroorsaak+ en mense wat wetteloosheid bedryf, uit sy koninkryk bymekaarmaak, 42  en hulle sal hulle in die vuuroond werp.+ Dáár sal hulle gehuil en die gekners van hulle tande wees.+ 43  In dié tyd sal die regverdiges so helder soos die son+ skyn+ in die koninkryk van hulle Vader. Laat hom wat ore het, luister.+ 44  “Die koninkryk van die hemele is soos ’n skat wat in die veld weggesteek was, wat ’n man gevind en weggesteek het; en weens die vreugde wat hy het, gaan hy en verkoop+ wat hy het en koop hy daardie veld.+ 45  “Die koninkryk van die hemele is ook soos ’n reisende koopman wat goeie pêrels soek. 46  Toe hy een pêrel van groot waarde vind,+ het hy weggegaan en dadelik alles verkoop wat hy gehad het en dit gekoop.+ 47  “Die koninkryk van die hemele is ook soos ’n sleepnet wat in die see laat sak word en allerhande soorte vis bymekaarbring.+ 48  Toe dit vol geword het, het hulle dit op die strand uitgesleep, en hulle het gaan sit en die goeies+ in houers bymekaargemaak, maar dié wat nie geskik was nie,+ het hulle weggegooi. 49  Só sal dit in die voleinding van die stelsel van dinge wees: die engele sal uitgaan en die goddeloses+ onder die regverdiges+ uit afskei 50  en hulle in die vuuroond werp. Dáár sal hulle gehuil en die gekners van hulle tande wees.+ 51  “Het julle die sin van al hierdie dinge begryp?” Hulle het vir hom gesê: “Ja.” 52  Toe het hy vir hulle gesê: “In dié geval is elke openbare onderrigter, wanneer hy van die koninkryk van die hemele geleer is,+ soos ’n man, ’n huisheer, wat uit sy skatkamer nuwe en ou dinge te voorskyn bring.”+ 53  En toe Jesus klaar was met hierdie illustrasies, het hy oor land daarvandaan weggegaan. 54  En nadat hy in sy tuisgebied+ gekom het, het hy hulle in hulle sinagoge+ begin leer, sodat hulle verstom was en gesê het: “Waar het hierdie man hierdie wysheid en dié kragtige werke vandaan gekry? 55  Is hy nie die timmerman se seun nie?+ Is sy moeder se naam nie Maria, en dié van sy broers Jakobus en Josef en Simon en Judas nie? 56  En sy susters, is hulle nie almal by ons nie?+ Waar het dié man dan al hierdie dinge vandaan gekry?”+ 57  Toe het hulle aanstoot aan hom begin neem.+ Maar Jesus het vir hulle gesê: “’n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy tuisgebied en in sy eie huis.”+ 58  En weens hulle gebrek aan geloof+ het hy nie baie kragtige werke daar gedoen nie.

Voetnote