Matteus 15:1-39

15  Toe het daar Fariseërs en skrifgeleerdes van Jerusalem+ af na Jesus toe gekom en gesê:  “Waarom oortree jou dissipels die oorlewering van die manne van vroeër tye? Hulle was byvoorbeeld nie hulle hande voor hulle eet nie.”+  Hy het geantwoord en vir hulle gesê: “Waarom oortree julle ook die gebod van God weens julle oorlewering?+  God het byvoorbeeld gesê: ‘Eer jou vader en jou moeder’;+ en: ‘Hy wat vader of moeder uitskel, moet sterf.’+  Maar julle sê: ‘Elkeen wat vir sy vader of moeder sê: “Enigiets wat ek het waardeur u voordeel van my kan ontvang, is ’n gawe wat aan God gewy is”,  hy moet sy vader glad nie eer nie.’+ En so het julle die woord van God kragteloos gemaak weens julle oorlewering.+  Julle huigelaars,+ Jesaja+ het gepas oor julle geprofeteer toe hy gesê het:  ‘Hierdie volk eer my met hulle lippe, maar hulle hart is ver van my verwyderd.+  Tevergeefs bly hulle my aanbid, want hulle leer gebooie van mense as leerstellings.’”+ 10  Daarop het hy die skare nader geroep en vir hulle gesê: “Luister en begryp die sin hiervan:+ 11  dit is nie wat in die mond ingaan wat ’n mens verontreinig nie; maar dit is wat uit die mond uitgaan wat ’n mens verontreinig.”+ 12  Toe het die dissipels nader gekom en vir hom gesê: “Weet u dat die Fariseërs aanstoot geneem het toe hulle gehoor het wat u sê?”+ 13  Hy het geantwoord en gesê: “Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word.+ 14  LAAT hulle begaan. Hulle is blinde gidse. As ’n blinde dan ’n blinde lei, sal albei in ’n gat val.”+ 15  Petrus het geantwoord en vir hom gesê: “Verduidelik vir ons die illustrasie.”+ 16  Hierop het hy gesê: “Is julle ook nog sonder begrip?+ 17  Besef julle nie dat alles wat in die mond ingaan, tot in die ingewande gaan en in die riool uitgewerp word nie? 18  Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dié dinge verontreinig ’n mens.+ 19  Uit die hart kom daar byvoorbeeld goddelose redenasies,+ moorde, egbreuk, hoererye, diefstalle, valse getuienisse, lasteringe.+ 20  Hierdie dinge verontreinig ’n mens; maar om met ongewaste hande te eet, verontreinig ’n mens nie.”+ 21  Jesus het daarvandaan vertrek en toe na die streke van Tirus en Sidon+ gegaan. 22  En kyk! ’n Fenisiese+ vrou uit daardie streek het uitgekom en hard uitgeroep en gesê: “Wees my barmhartig, Here,+ Seun van Dawid. My dogter is erg van ’n demoon besete.” 23  Maar hy het haar nie ’n woord geantwoord nie. Toe het sy dissipels nader gekom en hom begin versoek: “Stuur haar weg; want sy hou aan om ons agterna te roep.” 24  Hy het geantwoord en gesê: “Ek is nie na enigiemand behalwe na die verlore skape van die huis van Israel gestuur nie.”+ 25  Toe die vrou kom, het sy aan hom hulde begin bewys en gesê: “Here, help my!”+ 26  Hy het geantwoord en gesê: “Dit is nie reg om die kinders se brood te neem en dit vir hondjies te gooi nie.” 27  Sy het gesê: “Ja, Here; maar die hondjies eet tog van die krummels wat van die tafel van hulle base afval.”+ 28  Toe het Jesus haar geantwoord en gesê: “O vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou volgens jou wens geskied.” En haar dogter was van daardie uur af gesond.+ 29  Jesus het oor land daarvandaan vertrek en naby die see van Galileʹa gekom,+ en nadat hy teen die berg opgegaan het,+ het hy daar gesit. 30  Toe het groot menigtes na hom toe gekom wat kreupeles, verminktes, blindes, stommes en baie ander by hulle gehad het, en hulle het hulle as ’t ware voor sy voete gegooi, en hy het hulle genees;+ 31  sodat die skare verbaas was toe hulle sien dat die stommes praat en die kreupeles loop en die blindes sien, en hulle het die God van Israel verheerlik.+ 32  Maar Jesus het sy dissipels na hom toe geroep en gesê:+ “Ek voel innig jammer+ vir die skare, want dit is al drie dae dat hulle by my bly, en hulle het niks om te eet nie; en ek wil hulle nie wegstuur sonder dat hulle geëet het nie. Anders beswyk hulle miskien op die pad.” 33  Die dissipels het egter vir hom gesê: “Waar gaan ons op hierdie eensame plek genoeg brode kry om so ’n groot skare te versadig?”+ 34  Hierop het Jesus vir hulle gesê: “Hoeveel brode het julle?” Hulle het gesê: “Sewe, en ’n paar vissies.” 35  Nadat hy die skare toe opdrag gegee het om op die grond te gaan sit, 36  het hy die sewe brode en die visse geneem, en nadat hy gedank het, het hy dit gebreek en dit aan die dissipels begin uitdeel, en die dissipels weer aan die skare.+ 37  En almal het geëet en versadig geword, en hulle het sewe voorraadmandjies vol oorblywende brokstukke opgetel.+ 38  Tog was dié wat geëet het vierduisend manne, buiten die vroue en jong kinders. 39  Uiteindelik het hy, nadat hy die skare weggestuur het, in die boot geklim en in die streke van Maʹgadan+ gekom.

Voetnote