Matteus 17:1-27

17  Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en sy broer Johannes saamgeneem en hulle alleen teen ’n hoë berg opgeneem.+  En hy het voor hulle van gedaante verander, en sy gesig het geskyn soos die son,+ en sy boklere het skitterend geword soos die lig.+  En kyk! daar het Moses en Eliʹa aan hulle verskyn, in gesprek met hom.+  In reaksie hierop het Petrus vir Jesus gesê: “Here, dit is goed dat ons hier is. As u wil, sal ek drie tente hier oprig: een vir u en een vir Moses en een vir Eliʹa.”+  Terwyl hy nog gepraat het, kyk! toe het ’n helder wolk hulle oorskadu, en kyk! ’n stem uit die wolk wat sê: “Dit is my Seun, die geliefde, wat ek goedgekeur het;+ luister na hom.”+  Toe die dissipels dit hoor, het hulle op hulle gesigte geval en baie bang geword.+  Daarop het Jesus nader gekom, aan hulle geraak en gesê: “Staan op en moenie vrees nie.”+  Toe hulle hulle oë opslaan, het hulle niemand behalwe Jesus alleen gesien nie.+  En terwyl hulle van die berg afgekom het, het Jesus hulle beveel en gesê: “Julle moet die visioen vir niemand vertel voordat die Seun van die mens uit die dode opgewek is nie.”+ 10  Die dissipels het hom egter gevra: “Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Eliʹa eers moet kom?”+ 11  Hy het geantwoord en gesê: “Eliʹa kom inderdaad en sal alles herstel.+ 12  Ek sê egter vir julle dat Eliʹa reeds gekom het, en hulle het hom nie herken nie, maar met hom gedoen wat hulle wou. So is ook die Seun van die mens bestem om onder hulle te ly.”+ 13  Toe het die dissipels begryp dat hy met hulle oor Johannes die Doper gepraat het.+ 14  En toe hulle na die skare toe aankom,+ het ’n man na hom toe gekom, voor hom neergekniel en gesê: 15  “Here, wees my seun barmhartig, want hy ly aan epilepsie en is siek, want hy val dikwels in die vuur en dikwels in die water;+ 16  en ek het hom na u dissipels toe gebring, maar hulle kon hom nie genees nie.”+ 17  Jesus het geantwoord en gesê: “O ongelowige en verdraaide geslag,+ hoe lank moet ek by julle bly? Hoe lank moet ek julle verdra? Bring hom hier na my toe.” 18  Toe het Jesus die demoon bestraf, en hy het uit hom uitgekom;+ en die seun was van daardie uur af genees.+ 19  Daarop het die dissipels alleen na Jesus toe gekom en gesê: “Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?”+ 20  Hy het vir hulle gesê: “Weens julle kleingelowigheid. Want voorwaar, ek sê vir julle: As julle geloof het so groot soos ’n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan weg hiervandaan daarnatoe’, en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”+ 21  —— 22  Dit was terwyl hulle in Galileʹa bymekaar was dat Jesus vir hulle gesê het: “Die Seun van die mens is bestem om deur verraad in die hande van die mense oorgelewer te word,+ 23  en hulle sal hom doodmaak, en op die derde dag sal hy opgewek word.”+ Gevolglik was hulle baie bedroef.+ 24  Nadat hulle in Kaperʹnaum aangekom het, het die manne wat die twee dragmas belasting invorder, na Petrus toe gekom en gesê: “Betaal julle leermeester nie die twee dragmas belasting nie?”+ 25  Hy het gesê: “Ja.” Maar toe hy in die huis ingaan, het Jesus hom voorgespring deur te sê: “Wat dink jy, Simon? Van wie ontvang die konings van die aarde heffings of hoofbelasting? Van hulle seuns of van die vreemdelinge?” 26  Toe hy sê: “Van die vreemdelinge”, het Jesus vir hom gesê: “Dan is die seuns mos vrygestel van belasting. 27  Maar sodat ons hulle nie laat struikel nie,+ gaan na die see toe, gooi ’n vishoek in en neem die eerste vis wat opkom, en wanneer jy sy bek oopmaak, sal jy ’n statermunt vind. Neem dit en gee dit aan hulle vir my en vir jou.”+

Voetnote