Matteus 18:1-35
18 In daardie uur het die dissipels by Jesus gekom en gesê: “Wie is werklik die grootste in die koninkryk van die hemele?”+
2 Toe het hy ’n jong kind na hom toe geroep, hom in hulle midde laat staan+
3 en gesê: “Voorwaar, ek sê vir julle: Tensy julle omdraai en soos jong kinders word,+ sal julle hoegenaamd nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie.+
4 Elkeen dan wat hom soos hierdie jong kind sal verneder,+ hy is die grootste in die koninkryk van die hemele;+
5 en elkeen wat een jong kind soos hierdie op grond van my naam ontvang, ontvang my ook.+
6 Maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat geloof in my stel, laat struikel, dit is vir hom voordeliger dat ’n meulsteen,+ soos wat deur ’n esel gedraai word, om sy nek gehang en hy in die wye, oop see gesink word.+
7 “Wee die wêreld weens die struikelblokke! Natuurlik moet die struikelblokke noodwendig kom,+ maar wee die mens deur wie die struikelblok+ kom!
8 As jou hand of jou voet jou dan laat struikel, kap dit af en gooi dit van jou af weg;+ dit is vir jou beter om vermink of kreupel die lewe in te gaan as om met twee hande of twee voete in die ewige vuur+ gewerp te word.
9 En as jou oog jou laat struikel, ruk dit uit en gooi dit van jou af weg; dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan as om met twee oë in die vurige Gehenʹna gewerp te word.+
10 Sorg dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want ek sê vir julle dat hulle engele+ in die hemel altyd die aangesig aanskou van my Vader wat in die hemel is.+
11 ——
12 “Wat dink julle? As ’n sekere man honderd skape het en een van hulle dwaal af,+ sal hy nie die nege-en-negentig op die berge laat staan en die een wat afdwaal, gaan soek nie?+
13 En as hy hom vind, voorwaar, ek sê vir julle dat hy blyer is oor hom as oor die nege-en-negentig wat nie afgedwaal het nie.+
14 Net so is dit vir my Vader wat in die hemel is, nie wenslik dat een van hierdie kleintjies vergaan nie.+
15 “En as jou broer ’n sonde begaan, gaan lê sy fout tussen jou en hom alleen bloot.+ As hy na jou luister, het jy jou broer gewen.+
16 Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee saam met jou, sodat elke saak uit die mond van twee of drie getuies bevestig kan word.+
17 As hy na hulle nie luister nie, praat met die gemeente. As hy selfs na die gemeente nie luister nie, laat hom vir jou net soos ’n man van die nasies+ en soos ’n belastinggaarder wees.+
18 “Voorwaar, ek sê vir julle: Alles wat julle op die aarde bind, sal wees wat in die hemel gebind is, en alles wat julle op die aarde ontbind, sal wees wat in die hemel ontbind is.+
19 Voorwaar, ek sê weer vir julle: As twee van julle op die aarde saamstem oor enigiets belangriks wat hulle moet vra, sal dit deur die toedoen van my Vader in die hemel vir hulle geskied.+
20 Want waar twee of drie in my naam bymekaar is,+ daar is ek in hulle midde.”+
21 Toe het Petrus nader gekom en vir hom gesê: “Here, hoeveel keer kan my broer teen my sondig en moet ek hom vergewe?+ Tot sewe keer?”+
22 Jesus het vir hom gesê: “Ek sê vir jou: Nie ‘tot sewe keer’ nie, maar ‘tot sewe-en-sewentig keer’.+
23 “Daarom het die koninkryk van die hemele geword soos ’n man, ’n koning,+ wat met sy slawe afrekening wou hou.+
24 Toe hy met die afrekening begin, is daar ’n man ingebring wat hom tienduisend talente [=60 000 000 denaʹrii] geskuld het.
25 Maar omdat hy nie die middele gehad het om dit terug te betaal nie, het sy heer beveel dat hy en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, verkoop moet word en betaling gedoen moet word.+
26 Daarom het die slaaf neergeval en aan hom hulde begin bewys en gesê: ‘Wees geduldig met my en ek sal u alles terugbetaal.’
27 Die heer van daardie slaaf is hierdeur beweeg om vir hom innig jammer te voel en het hom laat gaan+ en hom sy skuld kwytgeskeld.+
28 Maar daardie slaaf het uitgegaan en een van sy medeslawe gevind wat hom honderd denaʹrii geskuld het;+ en hy het hom gegryp en hom begin wurg en gesê: ‘Betaal terug wat jy skuld.’
29 Daarom het sy medeslaaf neergeval en hom begin soebat en gesê: ‘Wees geduldig+ met my en ek sal jou terugbetaal.’
30 Hy wou egter nie, maar het weggegaan en hom in die gevangenis laat gooi totdat hy terugbetaal het wat hy geskuld het.
31 En toe sy medeslawe sien wat gebeur het, het hulle baie bedroef geword, en hulle het alles wat gebeur het, aan hulle heer gaan verduidelik.+
32 Toe het sy heer hom ontbied en vir hom gesê: ‘Goddelose slaaf, ek het jou al daardie skuld kwytgeskeld toe jy my gesoebat het.
33 Moes jy nie op jou beurt jou medeslaaf barmhartig gewees het+ soos ek jou ook barmhartig was nie?’+
34 Vertoornd+ het sy heer hom toe aan die tronkbewaarders oorgelewer totdat hy alles terugbetaal het wat hy geskuld het.
35 Net so+ sal my hemelse Vader ook met julle handel as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie.”+