Matteus 19:1-30

19  En toe Jesus klaar was met hierdie woorde, het hy uit Galileʹa vertrek en by die grensgebiede van Judeʹa oorkant die Jordaan gekom.+  En groot menigtes het hom gevolg, en hy het hulle daar genees.+  En Fariseërs het na hom toe gekom met die bedoeling om hom te versoek en het gesê: “Is dit ’n man geoorloof om op sommer enige grond van sy vrou te skei?”+  Hy het geantwoord en gesê: “Het julle nie gelees dat hy wat hulle geskep het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie+  en gesê het: ‘Daarom sal ’n man sy vader en sy moeder verlaat+ en sy vrou aankleef, en die twee sal een vlees wees’?+  Sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees. Wat God dan onder een juk saamgevoeg het, moet geen mens skei nie.”+  Hulle het vir hom gesê: “Waarom het Moses dan voorgeskryf dat ’n ontslagbrief gegee en daar van haar geskei word?”+  Hy het vir hulle gesê: “Moses het weens die hardheid van julle harte+ die toegewing gemaak dat julle van julle vrouens kan skei, maar dit was nie van die begin af so nie.+  Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe op grond van hoerery, en met ’n ander trou, egbreuk pleeg.”+ 10  Die dissipels het vir hom gesê: “As die saak van ’n man met sy vrou só staan, is dit nie raadsaam om te trou nie.”+ 11  Hy het vir hulle gesê: “Nie almal maak plek vir die woord nie, maar net dié wat die gawe het.+ 12  Want daar is eunugs wat uit hulle moeder se skoot so gebore is,+ en daar is eunugs wat deur die mense eunugs gemaak is, en daar is eunugs wat hulleself eunugs gemaak het weens die koninkryk van die hemele. Wie daarvoor plek kan maak, laat hom daarvoor plek maak.”+ 13  Toe is jong kinders na hom toe gebring, sodat hy hulle die hande sou oplê en sou bid; maar die dissipels het hulle berispe.+ 14  Jesus het egter gesê: “Laat staan die jong kinders, en hou op om hulle te verhinder om na my toe te kom, want die koninkryk van die hemele behoort aan dié wat soos hulle is.”+ 15  En hy het hulle die hande opgelê en daarvandaan weggegaan.+ 16  En kyk! iemand het na hom toe gekom en gesê: “Leermeester, watter goeie dinge moet ek doen om die ewige lewe te kry?”+ 17  Hy het vir hom gesê: “Waarom vra jy my oor wat goed is? Daar is Een wat goed is.+ As jy egter die lewe wil ingaan, hou aan om die gebooie te bewaar.”+ 18  Hy het vir hom gesê: “Watter?”+ Jesus het gesê: “Dít: Jy mag nie moord pleeg nie,+ Jy mag nie egbreuk pleeg nie,+ Jy mag nie steel nie,+ Jy mag nie valse getuienis aflê nie,+ 19  Eer jou vader en jou moeder,+ en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”+ 20  Die jong man het vir hom gesê: “Ek het dit alles nagekom; wat kom ek nog kort?” 21  Jesus het vir hom gesê: “As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee vir die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê,+ en kom word my volgeling.”+ 22  Toe die jong man hierdie woord hoor, het hy bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.+ 23  Maar Jesus het vir sy dissipels gesê: “Voorwaar, ek sê vir julle dat dit vir ’n ryk man moeilik sal wees om in die koninkryk van die hemele in te gaan.+ 24  Ek sê weer vir julle: Dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.”+ 25  Toe die dissipels dit hoor, het hulle baie groot verbasing getoon en gesê: “Wie kan dan gered word?”+ 26  Jesus het hulle reguit in die oë gekyk en vir hulle gesê: “By mense is dit onmoontlik, maar by God is alles moontlik.”+ 27  Toe het Petrus geantwoord en vir hom gesê: “Kyk! Ons het alles verlaat en u gevolg; wat sal daar dan vir ons wees?”+ 28  Jesus het vir hulle gesê: “Voorwaar, ek sê vir julle: In die herskepping, wanneer die Seun van die mens op sy glorieryke troon gaan sit, sal ook julle wat my gevolg het, op twaalf trone sit en die twaalf stamme van Israel oordeel.+ 29  En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of kinders of landerye ter wille van my naam verlaat het, sal baie keer soveel ontvang en die ewige lewe beërf.+ 30  “Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die laastes, eerste.+

Voetnote