Matteus 2:1-23

2  Nadat Jesus in die dae van koning Herodes+ in Betlehem+ in Judeʹa gebore is, kyk! toe het sterrewiggelaars+ uit oostelike streke na Jerusalem gekom  en gesê: “Waar is die een wat as koning+ van die Jode gebore is? Want ons het sy ster+ gesien toe ons in die ooste was, en ons het gekom om aan hom hulde te bewys.”  Toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld, en die hele Jerusalem saam met hom;  en nadat hy al die hoofpriesters en skrifgeleerdes van die volk bymekaargeroep het, het hy hulle begin vra waar die Christus gebore sou word.  Hulle het vir hom gesê: “In Betlehem+ in Judeʹa; want so is daar deur middel van die profeet geskryf:  ‘En jy, o Betlehem+ van die land van Juda, is hoegenaamd nie die onbeduidendste stad onder die bewindhebbers van Juda nie; want uit jou sal ’n bewindhebber+ voortkom, wat as herder+ oor my volk, Israel, toesig sal hou.’”  Toe het Herodes die sterrewiggelaars in die geheim ontbied en noukeurig by hulle die tyd van die ster se verskyning vasgestel;  en hy het hulle na Betlehem gestuur en gesê: “Gaan doen noukeurig ondersoek na die jong kindjie, en wanneer julle hom gevind het, moet julle dit aan my rapporteer, sodat ek ook aan hom hulde kan gaan bewys.”+  Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk! die ster wat hulle gesien het toe hulle in die ooste+ was, het voor hulle uit gegaan, totdat dit gaan staan het bo die plek waar die jong kindjie was. 10  Toe hulle die ster sien, was hulle inderdaad baie bly. 11  En toe hulle in die huis ingaan, het hulle die jong kindjie by sy moeder Maria gesien, en hulle het neergeval en aan hom hulde bewys. Hulle het ook hulle skatte oopgemaak en vir hom geskenke gegee: goud en wierook en mirre. 12  Maar omdat hulle in ’n droom ’n goddelike waarskuwing+ gegee is om nie na Herodes toe terug te keer nie, het hulle langs ’n ander weg na hulle land teruggegaan. 13  Nadat hulle weggegaan het, kyk! toe het Jehovah se engel+ in ’n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die jong kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek vir jou sê; want Herodes staan op die punt om die jong kindjie te soek om hom dood te maak.” 14  Toe het hy opgestaan en die jong kindjie en sy moeder in die nag saamgeneem en daarvandaan weggegaan na Egipte, 15  en hy het tot die dood van Herodes daar gebly, sodat vervul+ sou word wat Jehovah deur middel van sy profeet gespreek het toe hy gesê het: “Uit Egipte+ het ek my seun geroep.” 16  Toe Herodes sien dat hy deur die sterrewiggelaars uitoorlê is, het hy baie woedend geword, en hy het gestuur en al die seuntjies van twee jaar en jonger in Betlehem en in al sy omstreke om die lewe laat bring, ooreenkomstig die tyd wat hy sorgvuldig by die sterrewiggelaars vasgestel het.+ 17  Toe is vervul wat gespreek is deur middel van die profeet Jeremia, wat gesê het: 18  “’n Stem is in Rama+ gehoor, gehuil en groot geweeklaag; dit was Ragel+ wat oor haar kinders huil, en sy wou haar nie laat troos nie, omdat hulle nie meer daar is nie.” 19  Toe Herodes gesterf het, kyk! toe het Jehovah se engel in ’n droom+ aan Josef in Egipte verskyn 20  en gesê: “Staan op, neem die jong kindjie en sy moeder en gaan na die land van Israel, want diegene wat die siel van die jong kindjie gesoek het, is dood.” 21  En hy het opgestaan en die jong kindjie en sy moeder geneem en na die land van Israel gegaan. 22  Maar toe hy hoor dat Argelaʹus in die plek van sy vader Herodes as koning van Judeʹa heers, het hy bang geword om daarheen te gaan. Omdat hy bowendien ’n goddelike waarskuwing in ’n droom gegee is,+ het hy daarvandaan weggegaan na die gebied van Galileʹa+ 23  en in ’n stad met die naam Naʹsaret+ gaan woon, sodat vervul sou word wat deur middel van die profete gespreek is: “Hy sal ’n Nasarener+ genoem word.”

Voetnote