Matteus 20:1-34

20  “Want die koninkryk van die hemele is soos ’n man, ’n huisheer, wat vroeg in die oggend uitgegaan het om werkers vir sy wingerd+ te huur.  Toe hy met die werkers ooreengekom het vir ’n denaʹrius per dag,+ het hy hulle in sy wingerd uitgestuur.  Hy het ook omstreeks die derde uur+ uitgegaan en ander werkloos op die markplein sien staan;+  en vir dié het hy gesê: ‘Gaan julle ook in die wingerd in, en ek sal julle gee wat billik is.’  Toe het hulle gegaan. Hy het omstreeks die sesde+ en die negende uur+ weer uitgegaan en dieselfde gedoen.  Laastens het hy omstreeks die elfde uur uitgegaan en ander gevind wat daar staan, en hy het vir hulle gesê: ‘Waarom staan julle al die hele dag hier werkloos?’  Hulle het vir hom gesê: ‘Omdat niemand ons gehuur het nie.’ Hy het vir hulle gesê: ‘Gaan julle ook in die wingerd in.’+  “Toe dit aand+ word, het die heer van die wingerd vir sy opsigter gesê: ‘Roep die werkers en betaal hulle hulle loon,+ en begin by die laastes tot by die eerstes.’  Toe die manne van die elfde uur kom, het hulle elkeen ’n denaʹrius ontvang. 10  Toe die eerstes kom, het hulle dus die gevolgtrekking gemaak dat hulle meer sou ontvang; maar hulle het ook ’n denaʹrius as betaling ontvang. 11  Toe hulle dit ontvang, het hulle teen die huisheer+ begin murmureer 12  en gesê: ‘Hierdie laastes het een uur gewerk; nogtans het u hulle gelykgemaak aan ons wat die las van die dag en die versengende hitte gedra het!’ 13  Maar hy het een van hulle geantwoord en gesê: ‘Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Jy het met my ooreengekom vir ’n denaʹrius, nie waar nie?+ 14  Neem wat joune is en gaan. Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou.+ 15  Is dit my nie geoorloof om met my eie goed te doen wat ek wil nie? Of is jou oog goddeloos+ omdat ek goed is?’+ 16  So sal die laastes eerste wees, en die eerstes, laaste.”+ 17  Omdat Jesus toe op die punt gestaan het om na Jerusalem op te gaan, het hy die twaalf dissipels+ eenkant toe geneem en op die pad vir hulle gesê: 18  “Kyk! Ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal aan die hoofpriesters en skrifgeleerdes oorgelewer word, en hulle sal hom ter dood veroordeel+ 19  en hom aan mense van die nasies oorlewer om die spot mee te dryf en te gesel en aan die paal te hang,+ en op die derde dag sal hy opgewek word.”+ 20  Toe het die moeder van die seuns van Sebedeʹus+ saam met haar seuns na hom toe gekom en aan hom hulde bewys en iets van hom gevra.+ 21  Hy het vir haar gesê: “Wat wil u hê?” Sy het vir hom gesê: “Sê dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk mag sit, een aan u regter- en een aan u linkerhand.”+ 22  Jesus het geantwoord en gesê: “Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink+ wat ek op die punt staan om te drink?” Hulle het vir hom gesê: “Ons kan.” 23  Hy het vir hulle gesê: “Julle sal inderdaad my beker drink,+ maar om aan my regter- en aan my linkerhand te sit, is nie myne om te gee nie, maar dit behoort aan dié vir wie dit deur my Vader berei is.”+ 24  Toe die tien ander hiervan hoor, het hulle verontwaardig geword teenoor die twee broers.+ 25  Maar Jesus het hulle na hom toe geroep en gesê: “Julle weet dat die heersers van die nasies oor hulle baasspeel en die groot manne oor hulle gesag uitoefen.+ 26  Onder julle is dit nie so nie;+ maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees,+ 27  en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees.+ 28  Net soos die Seun van die mens gekom het, nie om gedien te word nie, maar om te dien+ en om sy siel te gee as ’n losprys in ruil vir baie.”+ 29  En terwyl hulle uit Jeʹrigo+ uitgegaan het, het ’n groot menigte hom gevolg. 30  En kyk! toe twee blindes wat langs die pad gesit het, hoor dat Jesus verbygaan, het hulle uitgeroep en gesê: “Here, wees ons barmhartig, Seun van Dawid!”+ 31  Maar die skare het hulle streng aangesê om stil te bly; tog het hulle net nog harder geroep en gesê: “Here, wees ons barmhartig, Seun van Dawid!”+ 32  Toe het Jesus gaan staan, hulle geroep en gesê: “Wat wil julle hê moet ek vir julle doen?” 33  Hulle het vir hom gesê: “Here, laat ons oë geopen word.”+ 34  Beweeg deur innige jammerte het Jesus hulle oë aangeraak,+ en onmiddellik kon hulle sien, en hulle het hom gevolg.+

Voetnote