Matteus 21:1-46

21  Wel, toe hulle naby Jerusalem kom en by Betfaʹge op die Olyfberg aankom, het Jesus twee dissipels uitgestuur+  en vir hulle gesê: “Gaan in die dorpie in wat julle voor julle sien, en julle sal dadelik ’n eselin vind wat vasgemaak is, en ’n hingsvul by haar; maak hulle los en bring hulle na my toe.+  En as iemand enigiets vir julle sê, moet julle sê: ‘Die Here het hulle nodig.’ Dan sal hy hulle onmiddellik stuur.”  Dit het in werklikheid plaasgevind sodat vervul sou word wat gespreek is deur middel van die profeet, wat gesê het:  “SÊ vir die dogter van Sion: ‘Kyk! Jou Koning kom na jou toe,+ saggeaard,+ en hy sit op ’n esel, ja, op ’n jong hings, die vul van ’n pakdier.’”+  Toe het die dissipels gegaan en gedoen net soos Jesus hulle beveel het.  En hulle het die eselin en haar hingsvul gebring, en hulle het hulle boklere op hulle gelê, en hy het daarop gaan sit.+  Die grootste deel van die skare het hulle boklere+ op die pad uitgesprei, terwyl ander begin het om takke van die bome af te kap en dit op die pad uit te sprei.+  Wat die skare betref, dié wat voor hom uit gegaan het en dié wat gevolg het, het bly uitroep: “Red tog+ die Seun van Dawid!+ Geseënd is hy wat in Jehovah se naam kom!+ Red hom tog in die hoogtes daar bo!”+ 10  En toe hy in Jerusalem ingaan,+ het die hele stad in beroering gekom en gesê: “Wie is dit?” 11  Die skare het bly sê: “Dit is die profeet+ Jesus, van Naʹsaret in Galileʹa!” 12  En Jesus het in die tempel ingegaan en almal wat in die tempel verkoop en koop, uitgedryf en die tafels van die geldwisselaars en die banke van die duiweverkopers omgekeer.+ 13  En hy het vir hulle gesê: “Daar staan geskrywe: ‘My huis sal ’n huis van gebed genoem word’,+ maar julle maak dit ’n rowerspelonk.”+ 14  Ook het blindes en kreupeles na hom toe gekom in die tempel, en hy het hulle genees. 15  Toe die hoofpriesters en die skrifgeleerdes die wonderlike dinge sien wat hy doen,+ en die seuns wat in die tempel uitroep en sê: “Red tog+ die Seun van Dawid!”+ het hulle verontwaardig geword 16  en vir hom gesê: “Hoor jy wat hulle sê?” Jesus het vir hulle gesê: “Ja. Het julle nooit gelees nie:+ ‘Uit die mond van klein kindertjies en suigelinge het u lof berei’?”+ 17  En hy het hulle verlaat en uit die stad uitgegaan na Betaʹnië en die nag daar deurgebring.+ 18  Terwyl hy vroeg die oggend na die stad teruggekeer het, het hy honger geword.+ 19  En hy het ’n vyeboom langs die pad gesien en daarheen gegaan, maar hy het niks daaraan gevind nie,+ behalwe net blare, en hy het vir hom gesê: “Laat geen vrug tot in ewigheid ooit weer van jou kom nie.”+ En die vyeboom het oombliklik verdor. 20  Maar toe die dissipels dit sien, was hulle verwonderd en het hulle gesê: “Hoe is dit dat die vyeboom oombliklik verdor het?”+ 21  Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Voorwaar, ek sê vir julle: As julle maar geloof het en nie twyfel nie,+ sal julle nie net doen wat ek aan die vyeboom gedoen het nie, maar ook as julle vir hierdie berg sê: ‘Word opgelig en in die see gewerp’, sal dit gebeur.+ 22  En alles wat julle in gebed met geloof vra, sal julle ontvang.”+ 23  En nadat hy in die tempel ingegaan het, het die hoofpriesters en die ouer manne van die volk na hom toe gekom terwyl hy geleer het en gesê:+ “Deur watter gesag doen jy hierdie dinge? En wie het jou hierdie gesag gegee?”+ 24  Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Ek sal julle ook een ding vra. As julle dit vir my sê, sal ek ook vir julle sê deur watter gesag ek hierdie dinge doen:+ 25  Die doop deur Johannes, uit watter bron was dit? Uit die hemel of uit die mense?”+ Maar hulle het onder mekaar begin redeneer en gesê: “As ons sê: ‘Uit die hemel’, sal hy vir ons sê: ‘Waarom het julle hom dan nie geglo nie?’+ 26  As ons egter sê: ‘Uit die mense’, het ons die skare om te vrees,+ want hulle almal beskou Johannes as ’n profeet.”+ 27  Toe het hulle Jesus geantwoord en gesê: “Ons weet nie.” Hierop het hy vir hulle gesê: “Dan sê ek ook nie vir julle deur watter gesag ek hierdie dinge doen nie.+ 28  “Wat dink julle? ’n Man het twee kinders gehad.+ Hy het na die eerste toe gegaan en gesê: ‘Kind, gaan werk vandag in die wingerd.’ 29  Dié het geantwoord en gesê: ‘Ek sal, heer’,+ maar het nie uitgegaan nie. 30  Hy het na die tweede toe gegaan en dieselfde gesê. Dié het geantwoord en gesê: ‘Ek sal nie.’ Agterna het hy spyt gevoel+ en uitgegaan. 31  Wie van die twee het die wil van sy vader gedoen?”+ Hulle het gesê: “Laasgenoemde.” Jesus het vir hulle gesê: “Voorwaar, ek sê vir julle dat die belastinggaarders en die hoere voor julle in die koninkryk van God ingaan. 32  Want Johannes het in ’n weg van regverdigheid na julle toe gekom,+ maar julle het hom nie geglo nie.+ Die belastinggaarders en die hoere het hom egter geglo,+ en al het julle dit gesien, het julle nie agterna spyt gevoel sodat julle hom geglo het nie. 33  “Hoor nog ’n illustrasie: Daar was ’n man, ’n huisheer,+ wat ’n wingerd geplant het en ’n heining daarom gesit en ’n wynpers daarin gegrawe en ’n toring opgerig het,+ en hy het dit aan landbouers verhuur en na die buiteland gereis.+ 34  Toe die vrugtetyd naby kom, het hy sy slawe na die landbouers toe gestuur om sy vrugte te kry. 35  Die landbouers het egter sy slawe geneem, en hulle het die een geslaan, ’n ander doodgemaak, ’n ander gestenig.+ 36  Weer het hy ander slawe gestuur, meer as die eerstes, maar hulle het dieselfde met dié gedoen.+ 37  Laastens het hy sy seun na hulle toe gestuur en gesê: ‘Hulle sal my seun respekteer.’ 38  Toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: ‘Dit is die erfgenaam;+ kom, laat ons hom doodmaak en sy erfenis kry!’+ 39  Toe het hulle hom geneem en hom uit die wingerd uitgegooi en hom doodgemaak.+ 40  Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy aan daardie landbouers doen?” 41  Hulle het vir hom gesê: “Omdat hulle boos is, sal hy ’n bose vernietiging+ oor hulle bring en die wingerd aan ander landbouers verhuur wat hom die vrugte sal gee wanneer die tyd daarvoor aanbreek.”+ 42  Jesus het vir hulle gesê: “Het julle nooit in die Skrif gelees nie: ‘Die steen wat die bouers verwerp het,+ is die een wat die hoofhoeksteen geword het.+ Jehovah het dit teweeggebring, en dit is wonderlik in ons oë’? 43  Daarom sê ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ’n nasie gegee word wat die vrugte daarvan voortbring.+ 44  Ook sal die een wat op hierdie steen val, verpletter word. Wat iemand betref op wie dit val, dit sal hom vermorsel.”+ 45  En toe die hoofpriesters en die Fariseërs sy illustrasies gehoor het, het hulle begryp dat hy van hulle praat.+ 46  Maar al was hulle daarop uit om hom gevange te neem, het hulle die skare gevrees, omdat dié hom as ’n profeet beskou het.+

Voetnote