Matteus 22:1-46

22  En Jesus het geantwoord en weer deur illustrasies met hulle gepraat en gesê:+  “Die koninkryk van die hemele het geword soos ’n man, ’n koning, wat ’n huweliksfees+ vir sy seun voorberei het.  En hy het sy slawe uitgestuur om die genooides na die huweliksfees te roep,+ maar hulle wou nie kom nie.+  Weer het hy ander slawe uitgestuur+ en gesê: ‘Sê vir die genooides: “Kyk! Ek het my middagmaal voorberei,+ my bulle en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die huweliksfees.”’+  Maar hulle het ongeërg weggegaan, een na sy eie saailand, ’n ander na sy handelsbedrywighede;+  maar die res het sy slawe gegryp, hulle minagtend behandel en hulle doodgemaak.+  “Maar die koning het toornig geword en sy leërs gestuur en daardie moordenaars doodgemaak en hulle stad afgebrand.+  Toe het hy vir sy slawe gesê: ‘Die huweliksfees is wel gereed, maar die genooides was dit nie waardig nie.+  Gaan dan na die paaie wat uit die stad lei en nooi enigeen wat julle vind na die huweliksfees.’+ 10  Daarop het daardie slawe na die paaie uitgegaan en almal bymekaargemaak wat hulle gevind het, goddeloses sowel as goeies;+ en die vertrek vir die huwelikseremonie is gevul met dié wat aan tafel gegaan het.+ 11  “Toe die koning inkom om die gaste te bekyk, het hy ’n man daar gesien wat nie in ’n huwelikskleed+ geklee was nie. 12  En hy het vir hom gesê: ‘Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ’n huwelikskleed aan?’+ Hy was sprakeloos. 13  Toe het die koning vir sy knegte gesê: ‘Bind sy hande en voete vas en gooi hom uit in die duisternis daar buite. Dáár sal sy gehuil en die gekners van sy tande wees.’+ 14  “Want baie is genooi, maar min is uitgekies.”+ 15  Daarop het die Fariseërs weggegaan en saam beraadslaag om hom met sy woorde vas te trek.+ 16  Toe het hulle hulle dissipels, saam met partyaanhangers van Herodes,+ na hom toe gestuur om te sê: “Leermeester, ons weet dat u waaragtig is en die weg van God in waarheid leer en u aan niemand steur nie, want u sien nie mense se uiterlike aan nie.+ 17  Sê dan vir ons: Wat dink u? Is dit geoorloof om hoofbelasting aan die keiser te betaal of nie?”+ 18  Maar Jesus het hulle goddeloosheid geken en gesê: “Waarom stel julle my op die proef, huigelaars?+ 19  Wys my die hoofbelastingmunt.” Hulle het vir hom ’n denaʹrius gebring. 20  En hy het vir hulle gesê: “Wie se beeld en opskrif is dit?”+ 21  Hulle het gesê: “Die keiser s’n.” Toe het hy vir hulle gesê: “Betaal dan aan die keiser terug wat aan die keiser behoort, maar aan God wat aan God behoort.”+ 22  Wel, toe hulle dit hoor, was hulle verwonderd, en hulle het hom verlaat en weggegaan.+ 23  Op daardie dag het daar Sadduseërs, wat sê dat daar geen opstanding is nie, na hom toe gekom en hom gevra:+ 24  “Leermeester, Moses het gesê: ‘As ’n man sterf sonder dat hy kinders het, moet sy broer met sy vrou trou en ’n nageslag vir sy broer verwek.’+ 25  Daar was dan nou sewe broers by ons; en die eerste het getrou en gesterf, en omdat hy nie ’n nageslag gehad het nie, het hy sy vrou aan sy broer nagelaat.+ 26  Dieselfde het ook met die tweede en die derde gebeur, uiteindelik met al sewe.+ 27  Laaste van almal het die vrou gesterf. 28  Watter een van die sewe se vrou sal sy gevolglik in die opstanding wees? Want hulle almal het haar gehad.”+ 29  Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Julle vergis julle, omdat julle nie die Skrif en ook nie die krag van God ken nie;+ 30  want in die opstanding trou manne nie en word vroue ook nie in die huwelik gegee nie,+ maar is hulle soos engele in die hemel. 31  Wat die opstanding van die dooies betref, het julle nie gelees wat God tot julle gespreek het nie, toe hy gesê het:+ 32  ‘Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob’?+ Hy is die God, nie van die dooies nie, maar van die lewendes.”+ 33  Toe die skare dit hoor, was hulle verstom oor sy leer.+ 34  Nadat die Fariseërs gehoor het dat hy die Sadduseërs die swye opgelê het, het hulle in een groep bymekaargekom. 35  En een van hulle, wat met die Wet vertroud was,+ het hom op die proef gestel deur te vra: 36  “Leermeester, wat is die grootste gebod in die Wet?”+ 37  Hy het vir hom gesê: “‘Jy moet Jehovah jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’+ 38  Dit is die grootste en eerste gebod. 39  Die tweede, soortgelyk hieraan, is dit: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’+ 40  Aan hierdie twee gebooie hang die hele Wet en die Profete.”+ 41  En terwyl die Fariseërs bymekaar was, het Jesus hulle gevra:+ 42  “Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is hy?” Hulle het vir hom gesê: “Dawid s’n.”+ 43  Hy het vir hulle gesê: “Hoe is dit dan dat Dawid hom deur inspirasie+ ‘Here’ noem en sê: 44  ‘Jehovah het vir my Here gesê: “Sit aan my regterhand totdat ek jou vyande onder jou voete stel”’?+ 45  As Dawid hom dan ‘Here’ noem, hoe is hy sy seun?”+ 46  En niemand kon hom ’n woord antwoord nie, en ook het niemand hom van daardie dag af enigsins verder durf uitvra nie.+

Voetnote