Matteus 23:1-39

23  Toe het Jesus met die skare en met sy dissipels+ gepraat en gesê:  “Die skrifgeleerdes+ en die Fariseërs het op die stoel van Moses+ gaan sit.  Alles wat hulle dan vir julle sê,+ doen en onderhou dit, maar volgens hulle dade moet julle nie doen nie,+ want hulle sê maar doen nie.  Hulle bind swaar vragte saam en sit dit op die skouers van die mense,+ maar self is hulle nie bereid om dit met hulle vinger te verroer nie.+  Al die werke wat hulle doen, doen hulle om deur die mense gesien te word;+ want hulle maak die geskriftedosies+ breër wat hulle as beskermmiddel dra, en hulle vergroot die fraiings+ van hulle klere.  Hulle hou van die vernaamste plek+ by aandmaaltye en die voorste sitplekke in die sinagoges+  en die begroetinge+ op die markpleine en om deur die mense Rabbi+ genoem te word.  Maar julle moet julle nie Rabbi laat noem nie, want een is julle leermeester,+ terwyl julle almal broers is.  Wat meer is, moet niemand op aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader,+ die Een in die hemel. 10  Moet julle ook nie ‘leiers’ laat noem nie,+ want een is julle Leier, die Christus. 11  Maar die grootste onder julle moet julle dienaar wees.+ 12  Elkeen wat hom verhef, sal verneder word,+ en elkeen wat hom verneder, sal verhef word.+ 13  “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! want julle sluit+ die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle+ gaan self nie in nie, en ook laat julle dié wat op pad in is, nie toe om in te gaan nie. 14  —— 15  “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars!+ want julle trek rond oor see en droë land om een proseliet te maak, en wanneer hy dit word, maak julle hom ’n voorwerp vir Gehenʹna, twee keer erger as julleself. 16  “Wee julle, blinde gidse,+ wat sê: ‘As iemand by die tempel sweer, is dit niks; maar as iemand by die goud van die tempel sweer, staan hy onder verpligting.’+ 17  Dwase en blindes! Wat is in werklikheid groter: die goud of die tempel wat die goud geheilig het?+ 18  En: ‘As iemand by die altaar sweer, is dit niks; maar as iemand by die gawe daarop sweer, staan hy onder verpligting.’ 19  Blindes! Wat is in werklikheid groter: die gawe of die altaar+ wat die gawe heilig? 20  Hy wat dan by die altaar sweer, sweer dáárby en by alles daarop; 21  en hy wat by die tempel sweer, sweer dáárby en by hom wat daarin woon;+ 22  en hy wat by die hemel sweer, sweer by die troon van God+ en by hom wat daarop sit. 23  “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! want julle gee die tiende+ van die kruisement en die dille en die komyn, maar julle het die gewigtiger sake van die Wet verontagsaam, naamlik geregtigheid+ en barmhartigheid+ en getrouheid.+ Dit was verpligtend om hierdie dinge te doen, maar sonder om die ander te verontagsaam. 24  Blinde gidse,+ wat die muggie+ uitsif maar die kameel+ insluk! 25  “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! want julle maak die buitekant van die beker+ en van die skottel skoon, maar binne-in is hulle vol roof+ en onmatigheid. 26  Blinde+ Fariseër, maak eers die binnekant van die beker+ en van die skottel skoon, sodat die buitekant daarvan ook skoon kan word. 27  “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars!+ want julle is soos gewitte+ grafte, wat wel van buite mooi lyk, maar binne-in vol doodsbeendere en allerhande onreinheid is. 28  So lyk ook julle wel van buite vir die mense regverdig,+ maar binne-in is julle vol huigelary en wetteloosheid. 29  “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars!+ want julle bou die grafte van die profete en versier die gedenkgrafte van die regverdiges,+ 30  en julle sê: ‘As ons in die dae van ons voorvaders geleef het, sou ons nie saam met hulle deel gehad het aan die bloed van die profete nie.’+ 31  Daarom getuig julle teen julleself dat julle kinders is van dié wat die profete vermoor het.+ 32  Maak dan die maat van julle voorvaders vol.+ 33  “Slange, addergebroedsel,+ hoe sal julle die oordeel van Gehenʹna+ ontvlug? 34  Daarom, kyk, ek stuur+ profete en wyse manne en openbare onderrigters na julle toe.+ Julle sal party van hulle doodmaak+ en aan die paal hang, en julle sal party van hulle in julle sinagoges gesel+ en van stad tot stad vervolg; 35  sodat al die regverdige bloed wat op die aarde vergiet is, oor julle kan kom,+ van die bloed van die regverdige+ Abel+ af tot die bloed van Sagariʹa, die seun van Baragʹja, wat julle tussen die heiligdom en die altaar vermoor het.+ 36  Voorwaar, ek sê vir julle: Al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.+ 37  “Jerusalem, Jerusalem, wat die profete doodmaak+ en dié stenig+ wat na haar gestuur is+—hoe dikwels wou ek jou kinders bymekaarmaak, soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak!+ Maar julle wou nie.+ 38  Kyk! Julle huis+ word vir julle verlate agtergelaat.+ 39  Want ek sê vir julle: Julle sal my van nou af hoegenaamd nie sien nie totdat julle sê: ‘Geseënd is hy wat in Jehovah se naam kom!’”+

Voetnote