Matteus 24:1-51
24 Jesus het toe vertrek en van die tempel af weggegaan, maar sy dissipels het nader gekom om hom die tempelgeboue te wys.+
2 In reaksie hierop het hy vir hulle gesê: “Sien julle nie al hierdie dinge nie? Voorwaar, ek sê vir julle: Hier sal hoegenaamd nie ’n klip op ’n klip gelaat word wat nie afgebreek sal word nie.”+
3 Terwyl hy op die Olyfberg gesit het, het die dissipels alleen na hom toe gekom en gesê: “Sê vir ons: Wanneer sal hierdie dinge wees, en wat sal die teken van u teenwoordigheid+ en van die voleinding van die stelsel van dinge wees?”+
4 En Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Pas op dat niemand julle mislei nie;+
5 want baie sal onder my naam kom en sê: ‘Ek is die Christus’, en hulle sal baie mislei.+
6 Julle sal van oorloë en berigte van oorloë hoor; sorg dat julle nie verskrik word nie. Want hierdie dinge moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.+
7 “Want nasie sal teen nasie opstaan+ en koninkryk teen koninkryk,+ en daar sal voedseltekorte+ en aardbewings+ op die een plek na die ander wees.
8 Al hierdie dinge is ’n begin van weë van benoudheid.
9 “Dan sal mense julle aan verdrukking+ oorlewer en julle doodmaak,+ en julle sal weens my naam+ vir al die nasies voorwerpe van haat+ wees.
10 Dan sal baie ook tot struikeling+ gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.+
11 En talle valse profete+ sal opstaan en baie mislei;+
12 en weens die toename in wetteloosheid+ sal die liefde van die meeste verkoel.+
13 Maar wie tot die einde toe volhard+ het, hy sal gered word.+
14 En hierdie goeie nuus+ van die koninkryk+ sal in die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies;+ en dan sal die einde+ kom.
15 “Wanneer julle dan die walglike ding+ wat verwoesting veroorsaak, waarvan daar deur middel van die profeet Daniël gespreek is, in ’n heilige plek+ sien staan (laat die leser onderskeidingsvermoë gebruik),
16 laat dié wat in Judeʹa is, dan na die berge begin vlug.+
17 Laat die man wat op die dak is, nie afkom om die goed uit sy huis te neem nie;
18 en laat die man wat op die land is, nie na die huis terugkeer om sy bokleed te gaan haal nie.
19 Wee die swanger vroue en dié wat ’n baba soog in daardie dae!+
20 Hou aan bid dat julle vlug nie in die winter plaasvind nie, en ook nie op die sabbatdag nie;
21 want dan sal daar groot verdrukking+ wees soos daar sedert die begin van die wêreld tot nou toe nie plaasgevind het nie,+ nee, en ook nie weer sal plaasvind nie.
22 Trouens, as daardie dae nie verkort is nie, sou geen vlees gered word nie; maar weens die uitverkorenes+ sal daardie dae verkort word.+
23 “As iemand dan vir julle sê: ‘Kyk! Hier is die Christus’,+ of: ‘Daar!’ moet julle dit nie glo nie.+
24 Want valse Christusse+ en valse profete+ sal opstaan en sal groot tekens+ en wonders doen om, indien moontlik, selfs die uitverkorenes te mislei.+
25 Kyk! Ek het julle vooruit gewaarsku.+
26 As mense dan vir julle sê: ‘Kyk! Hy is in die wildernis’, moet julle nie uitgaan nie; ‘Kyk! Hy is in die binnekamers’, moet julle dit nie glo nie.+
27 Want net soos die weerlig+ uit oostelike streke kom en tot in westelike streke skyn, so sal die teenwoordigheid van die Seun van die mens wees.+
28 Waar die dooie liggaam ook al is, daar sal die arende+ bymekaarkom.+
29 “Onmiddellik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word,+ en die maan+ sal sy lig nie gee nie, en die sterre sal uit die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.+
30 En dan sal die teken van die Seun van die mens+ in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde hulleself in weeklag slaan,+ en hulle sal die Seun van die mens met krag en groot heerlikheid op die wolke van die hemel sien kom.+
31 En hy sal sy engele uitstuur met ’n harde trompetgeskal,+ en hulle sal sy uitverkorenes+ bymekaarmaak uit die vier windstreke,+ van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
32 “En leer dít van die vyeboom as ’n illustrasie: Sodra sy jong tak sag word en hy blare kry, weet julle dat die somer naby is.+
33 Net so moet julle, wanneer julle al hierdie dinge sien, ook weet dat hy naby is, voor die deur.+
34 Voorwaar, ek sê vir julle dat hierdie geslag+ hoegenaamd nie sal verbygaan voordat al hierdie dinge plaasgevind het nie.
35 Hemel en aarde sal verbygaan,+ maar my woorde sal hoegenaamd nie verbygaan nie.+
36 “Van daardie dag en uur+ weet niemand nie, nie die engele van die hemele nie en ook nie die Seun nie, maar net die Vader.+
37 Want net soos die dae van Noag+ was, so sal die teenwoordigheid van die Seun van die mens wees.+
38 Want soos hulle in daardie dae voor die vloed was—hulle het geëet en gedrink, manne het getrou en vroue is in die huwelik gegee, tot die dag dat Noag+ in die ark ingegaan het;+
39 en hulle het geen ag daarop geslaan totdat die vloed gekom en hulle almal weggesleur+ het nie—so sal die teenwoordigheid van die Seun van die mens wees.
40 Dan sal twee manne op die land wees: die een sal saamgeneem en die ander agtergelaat word;
41 twee vroue sal by die handmeul maal:+ die een sal saamgeneem en die ander agtergelaat word.+
42 Hou dus aan waak, want julle weet nie op watter dag julle Here kom nie.+
43 “Maar een ding moet julle weet: as die huisheer geweet het in watter waak die dief kom,+ sou hy wakker gebly het en nie toegelaat het dat daar by sy huis ingebreek word nie.
44 Daarom moet julle ook gereed wees,+ want die Seun van die mens kom op ’n uur waarvan julle dit nie dink nie.
45 “Wie is werklik die getroue en verstandige slaaf+ vir wie sy heer oor sy huisknegte aangestel het om hulle hulle voedsel op die regte tyd te gee?+
46 Gelukkig+ is daardie slaaf as sy heer by sy aankoms vind dat hy dit doen!
47 Voorwaar, ek sê vir julle: Hy sal hom oor al sy besittings aanstel.+
48 “Maar as daardie bose slaaf ooit in sy hart sou sê:+ ‘My heer talm om te kom’,+
49 en sy medeslawe sou begin slaan en saam met die verstokte dronkaards sou eet en drink,
50 sal die heer van daardie slaaf op ’n dag kom dat hy dit nie verwag nie en op ’n uur+ wat hy nie weet nie
51 en hom met die grootste strengheid straf+ en hom sy deel by die huigelaars toewys. Dáár sal sy gehuil en die gekners van sy tande wees.+