Matteus 25:1-46

25  “Dan sal die koninkryk van die hemele soos tien maagde word wat hulle lampe+ geneem en uitgegaan het om die bruidegom+ te ontmoet.  Vyf van hulle was dwaas,+ en vyf was verstandig.+  Want die dwases het hulle lampe geneem, maar het geen olie saam met hulle geneem nie,  maar die verstandiges het olie in hulle houers saam met hulle lampe geneem.  Terwyl die bruidegom getalm het om te kom, het hulle almal ingesluimer en aan die slaap geraak.+  In die middel van die nag het daar ’n geroep opgegaan:+ ‘Hier is die bruidegom! GAAN UIT om hom te ontmoet.’  Toe het al daardie maagde opgestaan en hulle lampe+ gereedgemaak.  Die dwases het vir die verstandiges gesê: ‘Gee vir ons van julle olie,+ want ons lampe is besig om uit te gaan.’  Die verstandiges+ het geantwoord met die woorde: ‘Miskien is daar nie heeltemal genoeg vir ons en vir julle nie. Gaan liewer na dié wat dit verkoop en koop vir julleself.’ 10  Terwyl hulle gaan koop het, het die bruidegom daar aangekom, en die maagde wat gereed was, het saam met hom na die huweliksfees+ ingegaan; en die deur is gesluit. 11  Agterna het die res van die maagde ook gekom en gesê: ‘Meneer, meneer, maak vir ons oop!’+ 12  Hy het geantwoord en gesê: ‘Ek vertel julle die waarheid: Ek ken julle nie.’+ 13  “Hou dus aan waak,+ want julle weet nie die dag en ook nie die uur nie.+ 14  “Want dit is net soos toe ’n man,+ wat op die punt gestaan het om na die buiteland te reis,+ sy slawe ontbied en sy besittings aan hulle toevertrou het.+ 15  En vir een het hy vyf talente gegee, vir ’n ander twee, vir nog ’n ander een, vir elkeen volgens sy eie vermoë,+ en hy het na die buiteland gegaan. 16  Onmiddellik het die een wat die vyf talente ontvang het, weggegaan en daarmee handel gedryf en nog vyf verkry.+ 17  Net so het die een wat die twee ontvang het, nog twee verkry. 18  Maar die een wat net een ontvang het, het weggegaan en in die grond gegrawe en die silwergeld van sy heer weggesteek. 19  “Ná ’n lang tyd+ het die heer van daardie slawe gekom en met hulle afrekening gehou.+ 20  Toe het die een wat vyf talente ontvang het, vorentoe gekom en vyf bykomende talente gebring en gesê: ‘Heer, u het vyf talente aan my toevertrou; kyk, ek het nog vyf talente verkry.’+ 21  Sy heer het vir hom gesê: ‘Mooi so, goeie en getroue slaaf!+ Jy was oor ’n paar dinge getrou.+ Ek sal jou oor baie dinge aanstel.+ Gaan in die vreugde+ van jou heer in.’ 22  Daarna het die een wat die twee talente ontvang het, vorentoe gekom en gesê: ‘Heer, u het aan my twee talente toevertrou; kyk, ek het nog twee talente verkry.’+ 23  Sy heer het vir hom gesê: ‘Mooi so, goeie en getroue slaaf! Jy was oor ’n paar dinge getrou. Ek sal jou oor baie dinge aanstel.+ Gaan in die vreugde+ van jou heer in.’ 24  “Uiteindelik het die een wat die een talent ontvang het, vorentoe gekom+ en gesê: ‘Heer, ek het geweet dat u ’n veeleisende man is, wat oes waar u nie gesaai het nie en bymekaarmaak waar u nie uitgewan het nie. 25  En ek het bang geword+ en weggegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.’ 26  Sy heer het geantwoord en vir hom gesê: ‘Goddelose en trae slaaf, jy het dus tog geweet dat ek geoes het waar ek nie gesaai het nie en bymekaargemaak het waar ek nie uitgewan het nie? 27  Wel, dan moes jy my silwergeld by die bankiers gedeponeer het, en by my aankoms sou ek wat myne is, met rente ontvang+ het. 28  “‘NEEM dan die talent van hom af weg en gee dit vir hom wat die tien talente het.+ 29  Want aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar wat hom betref wat nie het nie, selfs wat hy het, sal van hom af weggeneem word.+ 30  En gooi die nikswerd slaaf uit in die duisternis daar buite. Dáár sal sy gehuil en die gekners van sy tande wees.’+ 31  “Wanneer die Seun van die mens+ in sy heerlikheid kom, en al die engele saam met hom,+ dan sal hy op sy glorieryke troon gaan sit.+ 32  En al die nasies sal voor hom versamel word,+ en hy sal die mense van mekaar afskei,+ net soos ’n herder die skape van die bokke afskei. 33  En hy sal die skape aan sy regterhand+ sit, maar die bokke aan sy linkerhand.+ 34  “Dan sal die koning vir dié aan sy regterhand sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is,+ beërf+ die koninkryk+ wat van die grondlegging van die wêreld+ af vir julle berei is. 35  Want ek het honger geword, en julle het my iets gegee om te eet;+ ek het dors geword, en julle het my iets gegee om te drink. Ek was ’n vreemdeling, en julle het my gasvry ontvang;+ 36  naak,+ en julle het my geklee. Ek het siek geword, en julle het na my omgesien. Ek was in die gevangenis,+ en julle het na my toe gekom.’ 37  Dan sal die regverdiges hom antwoord met die woorde: ‘Here, wanneer het ons u honger gesien en u gevoed, of dors+ en u iets gegee om te drink?+ 38  Wanneer het ons u ’n vreemdeling gesien en u gasvry ontvang, of naak en u geklee? 39  Wanneer het ons u siek of in die gevangenis gesien en na u toe gegaan?’ 40  En die koning+ sal antwoord en vir hulle sê: ‘Voorwaar, ek sê vir julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste+ van hierdie broers+ van my gedoen het, het julle dit aan my gedoen.’+ 41  “Maar dan sal hy vir dié aan sy linkerhand sê: ‘Gaan weg van my af,+ julle wat vervloek is, die ewige vuur+ in wat vir die Duiwel en sy engele berei is.+ 42  Want ek het honger geword, maar julle het my niks gegee om te eet nie,+ en ek het dors geword,+ maar julle het my niks gegee om te drink nie. 43  Ek was ’n vreemdeling, maar julle het my nie gasvry ontvang nie; naak, maar julle het my nie geklee nie;+ siek en in die gevangenis,+ maar julle het nie na my omgesien nie.’ 44  Dan sal ook hulle antwoord met die woorde: ‘Here, wanneer het ons u honger of dors of ’n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis gesien en u nie bedien nie?’ 45  Dan sal hy hulle antwoord met die woorde: ‘Voorwaar, ek sê vir julle: Vir sover julle dit nie aan een van hierdie geringstes+ gedoen het nie, het julle dit nie aan my+ gedoen nie.’+ 46  En hulle sal weggaan, die ewige vernietiging+ in, maar die regverdiges die ewige lewe+ in.”

Voetnote