Matteus 26:1-75

26  En toe Jesus klaar was met al hierdie woorde, het hy vir sy dissipels gesê:  “Julle weet dat die pasga oor twee dae plaasvind,+ en die Seun van die mens gaan oorgelewer word om aan die paal gehang te word.”+  Toe het die hoofpriesters en die ouer manne van die volk in die binnehof van die hoëpriester met die naam Kaʹjafas+ bymekaargekom  en saam beraadslaag+ om Jesus deur ’n slinkse plan gevange te neem en dood te maak.  Hulle het egter bly sê: “Nie by die fees nie, sodat daar nie miskien ’n opskudding onder die volk ontstaan nie.”+  Terwyl Jesus in Betaʹnië+ was, in die huis van Simon, die melaatse,+  het ’n vrou met ’n albaste fles kosbare welriekende olie+ na hom toe gekom, en sy het dit op sy kop begin uitgooi terwyl hy aan tafel was.  Toe die dissipels dit sien, het hulle verontwaardig geword en gesê: “Waarom hierdie verkwisting?+  Want dit kon duur verkoop en vir armes+ gegee geword het.” 10  Jesus het dit gemerk+ en het vir hulle gesê: “Waarom val julle die vrou lastig? Want sy het ’n goeie daad aan my gedoen.+ 11  Want julle het die armes+ altyd by julle, maar julle sal my nie altyd hê nie.+ 12  Want toe hierdie vrou hierdie welriekende olie op my liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen om my vir die begrafnis voor te berei.+ 13  Voorwaar, ek sê vir julle: Oral waar hierdie goeie nuus in die hele wêreld verkondig word, sal wat hierdie vrou gedoen het, ook vertel word ter gedagtenis aan haar.”+ 14  Toe het een van die twaalf, die een met die naam Judas Iskaʹriot,+ na die hoofpriesters toe gegaan 15  en gesê: “Wat sal julle my gee om hom aan julle te verraai?”+ Hulle het vir hom dertig silwerstukke+ bepaal. 16  Van toe af het hy dus ’n goeie geleentheid bly soek om hom te verraai.+ 17  Op die eerste dag van die ongesuurde koeke+ het die dissipels na Jesus toe gekom en gesê: “Waar wil u hê moet ons voorberei vir u om die pasga te eet?”+ 18  Hy het gesê: “Gaan in die stad in na So-en-so+ toe en sê vir hom: Die Leermeester sê: ‘My vasgestelde tyd is naby; ek sal die pasga saam met my dissipels in jou huis vier.’”+ 19  En die dissipels het gedoen soos Jesus hulle beveel het, en hulle het alles vir die pasga gereedgemaak.+ 20  En toe dit aand+ geword het, was hy saam met die twaalf dissipels aan tafel.+ 21  Terwyl hulle geëet het, het hy gesê: “Voorwaar, ek sê vir julle: Een van julle sal my verraai.”+ 22  Omdat hulle baie bedroef was hieroor, het elkeen van hulle vir hom begin sê: “Here, dit is tog nie ek nie?”+ 23  Hy het geantwoord en gesê: “Hy wat sy hand saam met my in die bak doop, is die een wat my sal verraai.+ 24  Die Seun van die mens gaan weliswaar weg, net soos daar van hom geskrywe staan,+ maar wee+ daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word!+ Dit sou vir hom beter gewees het as daardie man nie gebore was nie.” 25  In antwoord hierop het Judas, wat op die punt gestaan het om hom te verraai, gesê: “Dit is tog nie ek nie, Rabbi?” Hy het vir hom gesê: “Jy het dit self gesê.” 26  Terwyl hulle verder geëet het, het Jesus ’n brood+ geneem, en nadat hy ’n seën gevra het, het hy dit gebreek+ en dit vir die dissipels gegee en gesê: “NEEM, eet. Dit beteken my liggaam.”+ 27  Ook het hy ’n beker+ geneem, en nadat hy gedank het, het hy dit vir hulle gegee en gesê: “Drink almal daaruit;+ 28  want dit beteken+ my ‘bloed+ van die verbond’,+ wat vir baie+ uitgestort sal word tot vergifnis van sondes.+ 29  Maar ek sê vir julle: Ek sal van nou af hoegenaamd nie van hierdie vrug van die wingerdstok drink tot op daardie dag wanneer ek dit nuut saam met julle in die koninkryk van my Vader drink nie.”+ 30  Uiteindelik het hulle, nadat hulle lofliedere+ gesing het, na die Olyfberg+ uitgegaan. 31  Toe het Jesus vir hulle gesê: “Julle almal sal vannag in verband met my struikel, want daar staan geskrywe: ‘Ek sal die herder slaan, en die skape van die kudde sal verstrooi word.’+ 32  Maar nadat ek opgewek is, sal ek voor julle uit na Galileʹa+ gaan.” 33  Maar Petrus het geantwoord en vir hom gesê: “Al struikel al die ander in verband met u, sal ek nooit struikel nie!”+ 34  Jesus het vir hom gesê: “Voorwaar, ek sê vir jou: Vannag, voordat ’n haan kraai, sal jy my drie keer verloën.”+ 35  Petrus het vir hom gesê: “Selfs al moet ek saam met u sterf, sal ek u hoegenaamd nie verloën nie.” Al die ander dissipels het ook dieselfde gesê.+ 36  Toe het Jesus saam met hulle by die plek+ gekom wat Getseʹmane genoem word, en hy het vir die dissipels gesê: “Sit hier terwyl ek daar gaan bid.”+ 37  En hy het Petrus en die twee seuns+ van Sebedeʹus saamgeneem en bedroef en erg verontrus begin word.+ 38  Toe het hy vir hulle gesê: “My siel is diep bedroef, ja, tot die dood toe.+ Bly hier en hou aan om saam met my te waak.”+ 39  En hy het ’n entjie verder gegaan en op sy gesig geval en gebid+ en gesê: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker+ by my verbygaan. Nogtans nie soos ek wil nie,+ maar soos u wil.”+ 40  En hy het by die dissipels gekom en hulle aan die slaap gevind, en hy het vir Petrus gesê: “Kon julle nie eers een uur saam met my waak nie?+ 41  Hou aan waak+ en bid,+ sodat julle nie in versoeking kom nie.+ Die gees is natuurlik gretig, maar die vlees is swak.”+ 42  Hy het weer, vir die tweede keer,+ weggegaan en gebid en gesê: “My Vader, as dit nie moontlik is dat dit verbygaan sonder dat ek dit drink nie, laat u wil geskied.”+ 43  En hy het weer gekom en hulle aan die slaap gevind, want hulle oë was swaar.+ 44  Toe het hy hulle verlaat en weer weggegaan en vir die derde keer+ gebid en weer eens dieselfde woord gesê. 45  Toe het hy by die dissipels gekom en vir hulle gesê: “Op ’n tyd soos dié slaap julle en rus julle! Kyk! Die uur het naby gekom vir die Seun van die mens om deur verraad in die hande van sondaars oorgelewer te word.+ 46  Staan op, laat ons gaan. Kyk! My verraaier het naby gekom.”+ 47  En terwyl hy nog gepraat het, kyk! toe het Judas,+ een van die twaalf, gekom, en saam met hom ’n groot menigte met swaarde+ en knuppels, gestuur deur die hoofpriesters en ouer manne van die volk.+ 48  En sy verraaier het hulle ’n teken gegee en gesê: “Die een wat ek soen, dit is hy; neem hom in hegtenis.”+ 49  En hy het reguit na Jesus toe gegaan en gesê: “Goeiedag, Rabbi!”+ en hom baie teer gesoen.+ 50  Maar Jesus+ het vir hom gesê: “Vriend, waarvoor is jy hier?” Toe het hulle vorentoe gekom en die hande aan Jesus geslaan en hom in hegtenis geneem.+ 51  Maar kyk! een van dié wat saam met Jesus was, het sy hand uitgesteek en sy swaard getrek en die slaaf van die hoëpriester geslaan en sy oor afgekap.+ 52  Toe het Jesus vir hom gesê: “Sit jou swaard terug in sy plek,+ want almal wat die swaard opneem, sal deur die swaard vergaan.+ 53  Of dink jy dat ek nie ’n beroep op my Vader kan doen om op hierdie oomblik meer as twaalf legioene engele aan my beskikbaar te stel nie?+ 54  Hoe sou die Skrif dan vervul word dat dit so moet plaasvind?” 55  In daardie uur het Jesus vir die skare gesê: “Het julle soos teen ’n rower uitgekom met swaarde en knuppels om my te arresteer?+ Dag vir dag het ek in die tempel+ gesit en leer, en tog het julle my nie in hegtenis geneem nie. 56  Maar dit alles het plaasgevind sodat die geskrifte van die profete vervul sou word.”+ Toe het al die dissipels hom verlaat en gevlug.+ 57  Dié wat Jesus in hegtenis geneem het, het hom weggelei na Kaʹjafas,+ die hoëpriester, waar die skrifgeleerdes en die ouer manne bymekaar was.+ 58  Maar Petrus het hom op ’n aansienlike afstand bly volg, tot by die binnehof+ van die hoëpriester, en nadat hy ingegaan het, het hy by die huisbediendes gesit om te sien hoe dit sou afloop.+ 59  Intussen het die hoofpriesters en die hele Sanʹhedrin valse getuienis teen Jesus gesoek om hom dood te maak,+ 60  maar hulle het niks gevind nie, hoewel talle valse getuies vorentoe gekom het.+ Naderhand het twee vorentoe gekom 61  en gesê: “Hierdie man het gesê: ‘Ek kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou.’”+ 62  Daarop het die hoëpriester opgestaan en vir hom gesê: “Het jy geen antwoord nie? Wat getuig hulle teen jou?”+ 63  Maar Jesus het stilgebly.+ Toe het die hoëpriester vir hom gesê: “Ek stel jou onder eed by die lewende God+ om vir ons te sê of jy die Christus,+ die Seun van God, is!” 64  Jesus het vir hom gesê:+ “U het dit self gesê.+ Maar ek sê vir julle: Van nou af+ sal julle die Seun van die mens+ aan die regterhand+ van krag sien sit en op die wolke van die hemel sien kom.”+ 65  Toe het die hoëpriester sy boklere geskeur en gesê: “Hy het gelaster!+ Waarvoor het ons nog getuies nodig?+ Kyk! Nou het julle die lastering gehoor.+ 66  Wat is julle mening?” Hulle het geantwoord: “Hy verdien die dood.”+ 67  Toe het hulle in sy gesig gespoeg+ en hom met hulle vuiste geslaan.+ Ander het hom in die gesig geklap+ 68  en gesê: “Profeteer vir ons, Christus.+ Wie is dit wat jou geslaan het?”+ 69  En Petrus het buite in die binnehof gesit; en ’n diensmeisie het na hom toe gekom en gesê: “Jy was ook saam met Jesus die Galileër!”+ 70  Maar hy het dit voor hulle almal ontken en gesê: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.” 71  Nadat hy na die poorthuis uitgegaan het, het ’n ander meisie hom opgemerk en vir dié wat daar was, gesê: “Hierdie man was saam met Jesus die Nasarener.”+ 72  En hy het dit weer ontken, met ’n eed: “Ek ken die man nie!”+ 73  Na ’n klein rukkie het dié wat daar rondgestaan het, nader gekom en vir Petrus gesê: “Jy is beslis ook een van hulle, want jou dialek verraai jou.”+ 74  Toe het hy begin vloek en sweer: “Ek ken die man nie!” En onmiddellik het ’n haan gekraai.+ 75  En Petrus het die woord onthou wat Jesus gespreek het, naamlik: “Voordat ’n haan kraai, sal jy my drie keer verloën.”+ En hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.+

Voetnote