Matteus 27:1-66

27  Toe dit oggend geword het, het al die hoofpriesters en die ouer manne van die volk teen Jesus raad gehou om hom dood te maak.+  En nadat hulle hom geboei het, het hulle hom weggelei en hom aan Pilatus, die goewerneur,+ oorgelewer.  Toe Judas, wat hom verraai het, sien dat hy veroordeel is, het hy spyt gekry en die dertig+ silwerstukke na die hoofpriesters en ouer manne teruggebring  en gesê: “Ek het gesondig toe ek regverdige bloed verraai het.”+ Hulle het gesê: “Wat het dit met ons te doen? Dit is jou saak!”+  Toe het hy die silwerstukke in die tempel gegooi en daarvandaan weggegaan en homself gaan ophang.+  Maar die hoofpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: “Dit is nie geoorloof om dit in die heilige skatkamer te gooi nie, omdat dit ’n bloedprys is.”  Nadat hulle saam beraadslaag het, het hulle die pottebakker se stuk grond daarmee gekoop om vreemdelinge in te begrawe.  Daarom is daardie stuk grond “Bloedgrond”+ genoem, tot vandag toe.  Toe is vervul wat gespreek is deur middel van die profeet Jeremia, wat gesê het: “En hulle het die dertig silwerstukke geneem,+ die prys van die man vir wie ’n prys vasgestel is, die een vir wie party van die kinders van Israel ’n prys vasgestel het, 10  en hulle het dit vir die pottebakker+ se stuk grond gegee, volgens wat Jehovah my beveel het.” 11  Jesus het toe voor die goewerneur gestaan; en die goewerneur het hom gevra: “Is jy die koning van die Jode?”+ Jesus het geantwoord: “U sê dit self.”+ 12  Maar terwyl hy deur die hoofpriesters en ouer manne beskuldig is,+ het hy geen antwoord gegee nie.+ 13  Toe het Pilatus vir hom gesê: “Hoor jy nie hoeveel dinge hulle teen jou getuig nie?”+ 14  Tog het hy hom nie geantwoord nie, nee, nie ’n woord nie, sodat die goewerneur baie verwonderd was.+ 15  En by elke fees was dit die gewoonte van die goewerneur om vir die skare ’n gevangene, die een wat hulle wou hê,+ vry te laat. 16  Juis in daardie tyd het hulle ’n berugte gevangene met die naam Barabʹbas gehad.+ 17  Toe hulle derhalwe bymekaar was, het Pilatus vir hulle gesê: “Watter een wil julle hê moet ek vir julle vrylaat: Barabʹbas of Jesus, wat die Christus genoem word?”+ 18  Want hy het geweet dat hulle hom uit afguns+ oorgelewer het.+ 19  Terwyl hy op die regterstoel gesit het, het sy vrou bowendien na hom toe gestuur en gesê: “Moet niks met daardie regverdige+ man te doen hê nie, want weens hom het ek vandag in ’n droom baie gely.”+ 20  Maar die hoofpriesters en die ouer manne het die skare oorreed om Barabʹbas te vra,+ maar om Jesus te laat doodmaak. 21  En die goewerneur het geantwoord en vir hulle gesê: “Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle vrylaat?” Hulle het gesê: “Barabʹbas.”+ 22  Pilatus het vir hulle gesê: “Wat moet ek dan doen met Jesus, wat die Christus genoem word?” Hulle het almal gesê: “Laat hom aan die paal gehang word!”+ 23  Hy het gesê: “Wat het hy dan gedoen wat sleg is?” Maar hulle het des te meer uitgeroep: “Laat hom aan die paal gehang word!”+ 24  Toe Pilatus sien dat dit niks help nie, maar dat daar eerder ’n opskudding ontstaan, het hy water geneem+ en sy hande voor die skare gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Dit is julle saak.” 25  Daarop het die hele volk geantwoord en gesê: “Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom.”+ 26  Toe het hy Barabʹbas vir hulle vrygelaat, maar hy het Jesus laat gesel+ en hom oorgelewer om aan die paal gehang te word.+ 27  Toe het die soldate van die goewerneur Jesus in die goewerneur se paleis ingeneem en die hele troepeafdeling by hom bymekaargebring.+ 28  En hulle het hom ontklee en ’n skarlaken mantel om hom gehang,+ 29  en hulle het van dorings ’n kroon gevleg en dit op sy kop gesit, en ’n riet in sy regterhand. En hulle het voor hom gekniel en met hom die spot gedryf+ en gesê: “Goeiedag, Koning van die Jode!”+ 30  En hulle het op hom gespoeg+ en die riet geneem en hom op sy kop begin slaan. 31  Nadat hulle met hom die spot gedryf het,+ het hulle uiteindelik die mantel uitgetrek en sy boklere vir hom aangetrek en hom weggelei om aan die paal gehang te word.+ 32  Terwyl hulle uitgegaan het, het hulle ’n boorling van Sireʹne met die naam Simon+ gevind. Hulle het hierdie man gekommandeer om sy folterpaal op te tel. 33  En toe hulle by ’n plek kom wat Golʹgota,+ dit wil sê Skedelplek, genoem word, 34  het hulle hom wyn gemeng met gal+ gegee om te drink; maar nadat hy dit geproe het, het hy geweier om te drink.+ 35  Toe hulle hom aan die paal gehang het,+ het hulle sy boklere+ verdeel deur die lot te werp,+ 36  en terwyl hulle gesit het, het hulle hom daar bewaak. 37  Ook het hulle die aanklag teen hom in skrif bo sy kop aangebring: “Dit is Jesus, die Koning van die Jode.”+ 38  Toe is twee rowers saam met hom aan pale gehang, een aan sy regter- en een aan sy linkerkant.+ 39  En die verbygangers het hom begin smaad,+ hulle kop geskud+ 40  en gesê: “O jy wat glo die tempel sou afbreek+ en in drie dae sou opbou, red jouself! As jy ’n seun van God is, kom van die folterpaal af!”+ 41  Net so het ook die hoofpriesters saam met die skrifgeleerdes en ouer manne met hom die spot begin dryf en gesê:+ 42  “Ander het hy gered; homself kan hy nie red nie! Hy is Koning+ van Israel; laat hom nou van die folterpaal afkom en ons sal in hom glo.+ 43  Hy het sy vertroue in God gestel; laat Hy hom nou red+ as Hy hom wil hê, want hy het gesê: ‘Ek is God se Seun.’”+ 44  Op dieselfde manier het selfs die rowers wat saam met hom aan pale gehang is, hom begin smaad.+ 45  Van die sesde uur af het daar ’n duisternis+ oor die hele land gekom, tot die negende uur toe.+ 46  Omstreeks die negende uur het Jesus met ’n harde stem uitgeroep en gesê: “Eli, Eli, lama sabagtaʹni?” dit is: “My God, my God, waarom het u my verlaat?”+ 47  Toe hulle dit hoor, het party van dié wat daar gestaan het, begin sê: “Hierdie man roep Eliʹa.”+ 48  En onmiddellik het een van hulle gehardloop en ’n spons geneem en dit met suur+ wyn deurweek en dit op ’n riet gesit en dit vir hom gegee om te drink.+ 49  Maar die res van hulle het gesê: “Laat staan hom! Laat ons sien of Eliʹa hom kom red.”+ [[’n Ander man het ’n spies geneem en sy sy deurboor, en bloed en water het uitgekom.]]+ 50  Jesus het weer met ’n harde stem uitgeroep en die gees gegee.+ 51  En kyk! die voorhangsel+ van die heiligdom het van bo tot onder in twee geskeur,+ en die aarde het geskud, en die rotse het geskeur.+ 52  En die gedenkgrafte is geopen en baie liggame van die heiliges wat ontslaap het, is opgerig 53  (en mense, wat tussen die gedenkgrafte uitgekom het nadat hy opgewek is, het in die heilige stad ingegaan),+ en hulle het vir baie mense sigbaar geword. 54  Maar toe die leëroffisier en dié wat Jesus saam met hom bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat gebeur, het hulle baie bang geword en gesê: “Hy was beslis God se Seun.”+ 55  En baie vroue, wat Jesus van Galileʹa af vergesel het om hom te bedien,+ was daar en het van ’n afstand toegekyk;+ 56  onder hulle was Maria Magdaleʹna, ook Maria, die moeder van Jakobus en Joses, en die moeder van die seuns van Sebedeʹus.+ 57  En aangesien dit laatmiddag was, het daar ’n ryk man van Arimateʹa gekom, met die naam Josef, wat self ook ’n dissipel van Jesus geword het.+ 58  Hierdie man het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus gevra.+ Toe het Pilatus beveel dat dit oorgegee moet word.+ 59  En Josef het die liggaam geneem, dit in skoon fyn linne toegedraai+ 60  en dit in sy nuwe gedenkgraf neergelê,+ wat hy in die rots uitgekap het. En nadat hy ’n groot klip voor die deur van die gedenkgraf gerol het, het hy weggegaan.+ 61  Maar Maria Magdaleʹna en die ander Maria het daar gebly en voor die graf gesit.+ 62  Die volgende dag, wat ná die Voorbereiding+ was, het die hoofpriesters en die Fariseërs voor Pilatus bymekaargekom 63  en gesê: “Meneer, ons onthou dat daardie bedrieër, toe hy nog gelewe het, gesê het: ‘Ná drie dae+ sal ek opgewek word.’ 64  Beveel dan dat die graf tot die derde dag toe beveilig moet word, sodat sy dissipels nie dalk kom en hom steel+ en vir die volk sê: ‘Hy is uit die dode opgewek!’ en hierdie laaste bedrog erger as die eerste sal wees nie.” 65  Pilatus het vir hulle gesê: “Julle het ’n wag.+ Gaan beveilig dit na julle beste wete.” 66  Toe het hulle gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël+ en die wag daar te laat bly.

Voetnote