Matteus 28:1-20

28  Ná die sabbat, toe dit begin lig word op die eerste dag van die week, het Maria Magdaleʹna en die ander Maria gekom om na die graf te kyk.+  En kyk! ’n groot aardbewing het plaasgevind; want Jehovah se engel het uit die hemel neergedaal en nader gekom en die klip weggerol en daarop gesit.+  Sy voorkoms was soos weerlig+ en sy klere so wit soos sneeu.+  Ja, uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.  Maar die engel+ het geantwoord en vir die vroue gesê: “Julle moenie bevrees wees nie, want ek weet julle soek Jesus,+ wat aan die paal gehang is.  Hy is nie hier nie, want hy is opgewek,+ soos hy gesê het. Kom, kyk na die plek waar hy gelê het.  En gaan gou en sê vir sy dissipels dat hy uit die dode opgewek is,+ en kyk! hy gaan voor julle uit na Galileʹa;+ daar sal julle hom sien. Kyk! Ek het dit vir julle gesê.”+  Toe het hulle gou, met vrees en groot vreugde, van die gedenkgraf weggegaan en gehardloop om vir sy dissipels te vertel.+  En kyk! Jesus het hulle ontmoet en gesê: “Goeiedag!” Hulle het nader gegaan en hom aan sy voete gegryp en aan hom hulde bewys. 10  Toe het Jesus vir hulle gesê: “Moenie vrees nie! Gaan, vertel vir my broers,+ sodat hulle na Galileʹa kan gaan; en daar sal hulle my sien.” 11  Terwyl hulle op pad was, kyk! toe het party van die wagte+ in die stad ingegaan en vir die hoofpriesters alles vertel wat gebeur het. 12  En nadat dié saam met die ouer manne bymekaargekom en beraadslaag het, het hulle vir die soldate genoeg silwerstukke gegee+ 13  en gesê: “Sê: ‘Sy dissipels+ het in die nag gekom en hom gesteel terwyl ons geslaap het.’ 14  En as die goewerneur daarvan te hore kom, sal ons hom oorreed en maak dat julle vry van kommer is.” 15  Toe het hulle die silwerstukke geneem en gedoen soos hulle aangesê is; en hierdie woord is onder die Jode versprei, tot vandag toe. 16  Die elf dissipels het egter na Galileʹa+ gegaan, na die berg waar Jesus met hulle afgespreek het, 17  en toe hulle hom sien, het hulle aan hom hulde bewys, maar party het getwyfel.+ 18  En Jesus het nader gekom en met hulle gepraat en gesê: “Alle gesag+ in die hemel en op die aarde is aan my gegee. 19  Gaan dus en maak dissipels+ van mense van al die nasies,+ en doop+ hulle in die naam van die Vader+ en van die Seun+ en van die heilige gees,+ 20  en leer hulle+ om alles te onderhou+ wat ek julle beveel het.+ En kyk! ek is met julle+ al die dae tot aan die voleinding van die stelsel van dinge.”+

Voetnote