Matteus 3:1-17

3  In daardie dae het Johannes die Doper+ gekom en in die wildernis+ van Judeʹa gepreek  en gesê: “TOON BEROU,+ want die koninkryk van die hemele het naby gekom.”+  Dit is trouens die een van wie daar deur middel van die profeet Jesaja+ met hierdie woorde gespreek is: “Luister! Iemand roep in die wildernis uit: ‘BEREI+ die weg van Jehovah! Maak sy paaie reguit.’”  Maar hierdie Johannes het klere van kameelhaar+ gedra en ’n leergordel+ om sy lendene; ook was sy voedsel sprinkane+ en wilde heuning.+  Toe het Jerusalem en die hele Judeʹa en die hele omgewing rondom die Jordaan na hom toe uitgegaan,  en mense is deur hom in die Jordaanrivier gedoop+ en het hulle sondes openlik bely.  Toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs+ na die doop sien kom, het hy vir hulle gesê: “Addergebroedsel,+ wie het julle te kenne gegee dat julle vir die komende gramskap kan vlug?+  Bring dan vrugte voort wat by berou pas;+  en moet julle nie aanmatig om vir julleself te sê: ‘Ons het Abraham as vader’+ nie. Want ek sê vir julle dat God uit hierdie klippe kinders vir Abraham+ kan verwek. 10  Die byl+ lê reeds teen die wortel van die bome; elke boom dan wat nie goeie vrugte voortbring nie, gaan afgekap+ en in die vuur gegooi word.+ 11  Ek doop julle wel met water+ weens julle berou;+ maar die een wat ná my kom,+ is sterker as ek, wie se sandale ek nie werd is om uit te trek nie.+ Hy sal julle met heilige gees+ en met vuur+ doop. 12  Sy wanskop is in sy hand, en hy sal sy dorsvloer heeltemal skoonmaak en sy koring in die voorraadskuur versamel,+ maar die kaf sal hy met onblusbare vuur verbrand.”+ 13  Toe het Jesus van Galileʹa+ af na die Jordaan gekom, na Johannes toe, om deur hom gedoop+ te word. 14  Maar laasgenoemde het hom probeer keer en gesê: “Dit is ek wat deur u gedoop moet word, en kom u na my toe?” 15  Jesus het geantwoord en vir hom gesê: “Laat dit hierdie keer so wees, want só is dit gepas vir ons om alles wat regverdig is, te volbring.”+ Toe het hy hom nie meer gekeer nie. 16  Nadat Jesus gedoop is, het hy onmiddellik uit die water opgekom; en kyk! die hemele is geopen,+ en hy het gesien hoe God se gees soos ’n duif+ neerdaal en op hom kom.+ 17  Kyk! Ook was daar ’n stem+ uit die hemele wat gesê het: “Dit is my Seun,+ die geliefde,+ wat ek goedgekeur het.”+

Voetnote