Matteus 4:1-25

4  Daarna is Jesus deur die gees die wildernis in gelei+ om deur die Duiwel versoek+ te word.  Nadat hy veertig dae en veertig nagte gevas het,+ was hy honger.  En die Versoeker+ het gekom en vir hom gesê: “As jy ’n seun van God is,+ sê vir hierdie klippe om brode te word.”  Maar hy het geantwoord en gesê: “Daar staan geskrywe: ‘Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat uit Jehovah se mond kom.’”+  Toe het die Duiwel hom saamgeneem in die heilige stad+ in, en hy het hom bo-op die muur van die tempel laat staan  en vir hom gesê: “As jy ’n seun van God is, spring af;+ want daar staan geskrywe: ‘Hy sal sy engele aangaande jou opdrag gee, en hulle sal jou op hulle hande dra, sodat jy nooit jou voet teen ’n klip sal stamp nie.’”+  Jesus het vir hom gesê: “Daar staan ook geskrywe: ‘Jy mag Jehovah jou God nie op die proef stel nie.’”+  Weer het die Duiwel hom saamgeneem na ’n buitengewoon hoë berg en hom al die koninkryke van die wêreld+ en hulle heerlikheid gewys,  en hy het vir hom gesê: “Al hierdie dinge sal ek jou+ gee as jy neerval en ’n daad van aanbidding teenoor my verrig.”+ 10  Toe het Jesus vir hom gesê: “Gaan weg, Satan! Want daar staan geskrywe: ‘Jehovah jou God moet jy aanbid,+ en aan hom alleen+ moet jy heilige diens verrig.’”+ 11  Toe het die Duiwel hom verlaat,+ en kyk! engele het gekom en hom begin bedien.+ 12  En toe hy hoor dat Johannes gearresteer is,+ het hy daarvandaan weggegaan na Galileʹa.+ 13  En nadat hy Naʹsaret verlaat het, het hy hom in Kaperʹnaum+ by die see gaan vestig, in die gebied van Seʹbulon en Nafʹtali,+ 14  sodat vervul sou word wat gespreek is deur middel van die profeet Jesaja, wat gesê het: 15  “O land van Seʹbulon en land van Nafʹtali, aan die seepad, aan die oorkant van die Jordaan, Galileʹa+ van die nasies! 16  die volk wat in die duisternis gesit het,+ het ’n groot lig gesien,+ en dié wat in ’n streek van doodskaduwee gesit het, oor hulle het die lig+ opgegaan.”+ 17  Van daardie tyd af het Jesus begin preek en sê: “TOON BEROU,+ want die koninkryk+ van die hemele het naby gekom.” 18  Terwyl hy langs die see van Galileʹa geloop het, het hy twee broers gesien, Simon,+ wat Petrus+ genoem word, en sy broer Andreʹas, wat ’n visnet in die see laat sak, want hulle was vissers. 19  En hy het vir hulle gesê: “Kom agter my aan, en ek sal julle vissers van mense maak.”+ 20  Dadelik het hulle die nette laat staan+ en hom gevolg. 21  En toe hy daarvandaan verder gaan, het hy twee ander+ gesien wat broers was, Jakobus, die seun van Sebedeʹus,+ en sy broer Johannes, in die boot saam met hulle vader Sebedeʹus terwyl hulle besig was om hulle nette heel te maak, en hy het hulle geroep. 22  Dadelik het hulle die boot en hulle vader verlaat en hom gevolg. 23  Toe het hy deur die hele Galileʹa+ rondgegaan+ en in hulle sinagoges geleer+ en die goeie nuus van die koninkryk verkondig en elke soort kwaal+ en elke soort gebrek onder die volk genees. 24  En die berig oor hom het in die hele Sirië+ uitgegaan; en hulle het almal na hom toe gebring met wie dit sleg gegaan het,+ wat deur allerhande kwale en pyne gekwel is, demoonbesetenes en epilepsielyers+ en verlamdes, en hy het hulle genees. 25  Gevolglik het groot menigtes hom uit Galileʹa+ en Dekaʹpolis en Jerusalem+ en Judeʹa en van oorkant die Jordaan gevolg.

Voetnote