Matteus 5:1-48

5  Toe hy die menigte mense sien, het hy teen die berg opgegaan; en nadat hy gaan sit het, het sy dissipels na hom toe gekom;  en hy het sy mond oopgemaak en hulle begin leer en gesê:  “Gelukkig is dié wat bewus is van hulle geestelike behoefte,+ want die koninkryk van die hemele behoort aan hulle.+  “Gelukkig is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.+  “Gelukkig is die saggeaardes,+ want hulle sal die aarde beërf.+  “Gelukkig is dié wat honger en dors+ na regverdigheid, want hulle sal versadig word.+  “Gelukkig is die barmhartiges,+ want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.  “Gelukkig is dié wat suiwer van hart is,+ want hulle sal God sien.+  “Gelukkig is die vredeliewendes,+ want hulle sal ‘kinders+ van God’ genoem word. 10  “Gelukkig is dié wat ter wille van regverdigheid vervolg is,+ want die koninkryk van die hemele behoort aan hulle. 11  “Gelukkig is julle wanneer mense julle smaad+ en julle vervolg+ en valslik allerhande goddelose dinge teen julle sê ter wille van my. 12  Wees bly en spring van vreugde,+ aangesien julle beloning+ groot is in die hemele; want so het hulle die profete+ voor julle vervolg. 13  “Julle is die sout+ van die aarde; maar as die sout sy krag verloor, hoe sal sy southeid herstel word? Dit is nie meer vir enigiets anders bruikbaar as om buite gegooi te word+ om deur die mense vertrap te word nie. 14  “Julle is die lig van die wêreld.+ ’n Stad kan nie weggesteek word wanneer dit op ’n berg geleë is nie. 15  Mense steek ’n lamp op en sit dit nie onder die maatemmer+ nie, maar op die lampstaander, en dit skyn op almal in die huis. 16  Laat julle lig+ net so voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke+ kan sien en heerlikheid kan gee+ aan julle Vader wat in die hemele is. 17  “Moenie dink dat ek gekom het om die Wet+ of die Profete tot niet te maak nie. Ek het gekom, nie om tot niet te maak nie, maar om te vervul;+ 18  want ek sê voorwaar vir julle dat hemel en aarde eerder sal verbygaan+ as dat één van die kleinste lettertjies of een deeltjie van ’n letter hoegenaamd uit die Wet sal verbygaan en alles nie plaasvind nie.+ 19  Elkeen dan wat een van hierdie geringste gebooie breek+ en mense dienooreenkomstig leer, hy sal ‘die geringste’ genoem word met betrekking tot die koninkryk van die hemele.+ Maar elkeen wat dit doen en dit aan ander leer,+ hy sal ‘groot’+ genoem word met betrekking tot die koninkryk van die hemele. 20  Want ek sê vir julle dat as julle regverdigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs+ nie, julle hoegenaamd nie in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.+ 21  “Julle het gehoor dat daar vir dié van die ou tyd gesê is: ‘Jy mag nie moord pleeg nie;+ maar elkeen wat ’n moord pleeg,+ sal aan die geregshof rekenskap moet gee.’+ 22  Ek sê egter vir julle dat elkeen wat toornig bly+ op sy broer, aan die geregshof rekenskap+ sal moet gee; maar elkeen wat sy broer met ’n onuitspreeklike woord van minagting aanspreek, sal aan die Hoogste Geregshof rekenskap moet gee; terwyl elkeen wat sê: ‘Jou veragtelike dwaas!’ aan die vurige Gehenʹna+ blootgestel sal wees. 23  “As jy dan jou gawe na die altaar bring+ en jy daar onthou dat jou broer iets teen jou het,+ 24  laat staan jou gawe daar voor die altaar en gaan weg; maak eers vrede met jou broer+ en offer dan, wanneer jy teruggekom het, jou gawe.+ 25  “Wees gou om sake te skik met die een wat jou by die gereg aankla, terwyl jy saam met hom daarheen op pad is, sodat die aanklaer+ jou nie op die een of ander wyse aan die regter oorgee en die regter jou aan die geregsdienaar oorgee en jy in die gevangenis gegooi word nie. 26  Ek sê met sekerheid vir jou: Jy sal beslis nie daar uitkom totdat jy die laaste muntstuk van baie min waarde terugbetaal het nie.+ 27  “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’+ 28  Maar ek sê vir julle dat elkeen wat aanhou om na ’n vrou te kyk+ om hartstog vir haar te hê, reeds in sy hart+ met haar egbreuk gepleeg het.+ 29  As daardie regteroog van jou jou dan nou laat struikel, ruk dit uit en gooi dit van jou af weg.+ Want dit is vir jou voordeliger dat een van jou lede verlore gaan as dat jou hele liggaam in Gehenʹna gewerp word.+ 30  En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit van jou af weg.+ Want dit is vir jou voordeliger dat een van jou lede verlore gaan as dat jou hele liggaam in Gehenʹna beland. 31  “Ook is daar gesê: ‘Laat elkeen wat van sy vrou skei,+ vir haar ’n skeibrief+ gee.’ 32  Ek sê egter vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe weens hoerery,+ haar aan egbreuk blootstel,+ en enigiemand wat met ’n geskeide vrou trou, pleeg egbreuk.+ 33  “Julle het ook gehoor dat daar vir dié van die ou tyd gesê is: ‘Jy mag nie sweer+ sonder om jou eed na te kom nie, maar jy moet jou geloftes aan Jehovah betaal.’+ 34  Ek sê egter vir julle: Moet glad nie sweer nie,+ nie by die hemel nie, omdat dit God se troon is;+ 35  ook nie by die aarde nie, omdat dit die voetbank+ van sy voete is; ook nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad+ van die groot Koning is. 36  Ook by jou kop mag jy nie sweer nie, omdat jy nie een haar wit of swart kan maak nie. 37  Laat julle woord Ja eenvoudig Ja beteken, julle Nee, Nee;+ want wat meer as dit is, is uit die bose.+ 38  “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Oog vir oog en tand vir tand.’+ 39  Ek sê egter vir julle: Moenie die een wat goddeloos is, teëstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang klap,+ draai die ander een ook na hom toe. 40  En as iemand met jou hof toe wil gaan en jou onderkleed in besit wil kry, laat hom ook jou bokleed kry;+ 41  en as iemand met gesag jou vir een myl kommandeer, gaan twee myl saam met hom.+ 42  Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet jou nie afkeer van iemand wat sonder rente by jou wil leen nie.+ 43  “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy moet jou naaste liefhê+ en jou vyand haat.’+ 44  Ek sê egter vir julle: Hou aan om julle vyande lief te hê+ en om te bid vir dié wat julle vervolg;+ 45  sodat julle kan toon dat julle kinders is van julle Vader wat in die hemele is,+ aangesien hy sy son laat opgaan oor goddeloses en goeies en dit laat reën op regverdiges en onregverdiges.+ 46  Want as julle dié liefhet wat julle liefhet, watter beloning het julle?+ Doen die belastinggaarders nie ook dieselfde nie? 47  En as julle net julle broers groet, wat doen julle wat buitengewoon is? Doen die mense van die nasies nie ook dieselfde nie? 48  Julle moet dan volmaak wees, soos julle hemelse Vader volmaak is.+

Voetnote