Matteus 6:1-34

6  “Pas noukeurig op dat julle nie julle regverdigheid+ voor die mense beoefen om deur hulle gesien te word nie; anders sal julle geen beloning hê by julle Vader wat in die hemele is nie.  Wanneer jy derhalwe barmhartigheidsgawes gee,+ moet jy nie ’n trompet voor jou blaas+ net soos die huigelaars in die sinagoges en in die strate doen, sodat hulle deur die mense verheerlik kan word nie. Voorwaar, ek sê vir julle: Hulle ontvang reeds hulle volle beloning.  Maar jy, wanneer jy barmhartigheidsgawes gee, moenie jou linkerhand laat weet wat jou regterhand doen nie,  sodat jou barmhartigheidsgawes in die geheim kan wees; dan sal jou Vader wat in die geheim toekyk, jou beloon.+  “Ook wanneer julle bid, moet julle nie soos die huigelaars wees nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die breë strate te staan en bid+ om deur die mense gesien te word.+ Voorwaar, ek sê vir julle: Hulle ontvang reeds hulle volle beloning.  Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer+ in, en nadat jy jou deur toegemaak het, bid tot jou Vader wat in die geheim is;+ dan sal jou Vader wat in die geheim toekyk, jou beloon.  Maar wanneer julle bid, moet julle nie dieselfde dinge oor en oor sê,+ net soos die mense van die nasies nie, want hulle dink dat hulle verhoor sal word omdat hulle baie woorde gebruik.  Moet dan nie soos hulle word nie, want God, julle Vader, weet watter dinge julle nodig het+ nog voordat julle hom vra.  “Julle moet dan só bid:+ “‘Ons Vader in die hemele, laat u naam+ geheilig word.+ 10  Laat u koninkryk+ kom. Laat u wil+ geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde.+ 11  Gee ons vandag ons brood vir hierdie dag;+ 12  en vergewe ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe het.+ 13  En bring ons nie in versoeking nie,+ maar verlos ons van die bose.’+ 14  “Want as julle die mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe;+ 15  maar as julle die mense hulle oortredings nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredings ook nie vergewe nie.+ 16  “Wanneer julle vas,+ moet julle ophou om soos die huigelaars ’n droewige gesig te trek, want hulle vertrek hulle gesigte sodat die mense kan sien dat hulle vas.+ Voorwaar, ek sê vir julle: Hulle ontvang reeds hulle volle beloning. 17  Maar jy, wanneer jy vas, salf jou kop en was jou gesig,+ 18  sodat nie die mense sal sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die geheim is;+ dan sal jou Vader wat in die geheim toekyk, jou beloon. 19  “Hou op om vir julle skatte+ op die aarde op te gaar, waar mot en roes verteer en waar diewe inbreek en steel. 20  Gaar eerder vir julle skatte in die hemel+ op, waar nie mot of roes verteer nie+ en waar diewe nie inbreek en steel nie. 21  Want waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. 22  “Die lamp van die liggaam is die oog.+ As jou oog dan eenvoudig is, sal jou hele liggaam lig wees; 23  maar as jou oog goddeloos+ is, sal jou hele liggaam duister wees. As die lig in jou in werklikheid duisternis is, hoe groot is daardie duisternis tog!+ 24  “Niemand kan twee here as slaaf dien nie; want hy sal óf die een haat en die ander liefhê,+ óf die een aankleef en die ander verag. Julle kan nie God én Rykdom as slawe dien nie.+ 25  “Daarom sê ek vir julle: Hou op om julle te kwel+ oor julle siel, oor wat julle sal eet of wat julle sal drink, of oor julle liggaam, oor wat julle sal dra.+ Beteken die siel nie meer as voedsel en die liggaam meer as klere nie?+ 26  Hou die voëls+ van die hemel noukeurig dop, want hulle saai nie saad nie en hulle oes nie en hulle maak nie in voorraadskure bymekaar nie; nogtans voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie meer werd as hulle nie?+ 27  Wie van julle kan deur hom te kwel een el by sy lewensduur voeg?+ 28  Ook wat klere betref, waarom kwel julle julle? Leer ’n les by die lelies+ van die veld, hoe hulle groei; hulle swoeg nie, en hulle spin ook nie; 29  maar ek sê vir julle dat nie eens Salomo+ in al sy heerlikheid soos een van hulle geklee was nie. 30  As God dan die plantegroei van die veld, wat vandag hier is en môre in die oond gegooi word, so klee, sal hy julle nie veel eerder klee nie, julle kleingelowiges?+ 31  Moet julle dus nooit kwel+ en sê: ‘Wat gaan ons eet?’ of: ‘Wat gaan ons drink?’ of: ‘Wat gaan ons aantrek?’ nie. 32  Want al hierdie dinge jaag die nasies gretig na. Want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.+ 33  “Hou dan aan om eers die koninkryk en sy regverdigheid+ te soek, en al hierdie ander dinge sal vir julle bygevoeg word.+ 34  Moet julle dus nooit kwel oor die volgende dag nie,+ want die volgende dag sal sy eie sorge hê. Elke dag het genoeg van sy eie kwaad.

Voetnote