Matteus 7:1-29

7  “Hou op om te oordeel,+ sodat julle nie geoordeel word nie;  want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word;+ en met die maat waarmee julle uitmeet, sal hulle vir julle uitmeet.+  Waarom kyk jy dan na die strooihalm in jou broer se oog, maar let nie op die balk in jou eie oog nie?+  Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Laat my toe om die strooihalm uit jou oog uit te haal’; wanneer daar, kyk! ’n balk in jou eie oog is?+  Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, en dan sal jy duidelik sien hoe om die strooihalm uit jou broer se oog uit te haal.  “Moenie wat heilig is, vir die honde gee nie,+ en moet ook nie julle pêrels voor die varke gooi nie, sodat hulle dit nie miskien onder hulle pote sal vertrap+ en omdraai en julle verskeur nie.  “Hou aan vra,+ en vir julle sal gegee word; hou aan soek, en julle sal vind; hou aan klop,+ en vir julle sal oopgemaak word.  Want elkeen wat vra, ontvang,+ en elkeen wat soek, vind, en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.  Ja, wie is die mens onder julle vir wie sy seun+ brood vra—hy sal hom tog nie ’n klip gee nie, of hoe? 10  Of miskien sal hy ’n vis vra—hy sal hom tog nie ’n slang gee nie, of hoe? 11  As julle, hoewel julle goddeloos is,+ dan weet hoe om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee+ aan dié wat hom vra! 12  “Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen,+ moet julle ook net so aan hulle doen; trouens, dit is wat die Wet en die Profete beteken.+ 13  “Gaan in deur die nou poort;+ want breed en wyd is die pad wat na die vernietiging lei, en dié wat daardeur ingaan, is baie; 14  maar nou is die poort en smal is die pad wat na die lewe lei, en dié wat dit vind, is min.+ 15  “Pas op vir die valse profete+ wat in skaapsklere na julle toe kom,+ maar van binne roofsugtige wolwe is.+ 16  Aan hulle vrugte sal julle hulle herken.+ Mense pluk nooit druiwe van dorings of vye van dissels nie, of hoe?+ 17  Net so bring elke goeie boom goeie vrugte voort, maar elke slegte boom bring waardelose vrugte voort;+ 18  ’n goeie boom kan nie waardelose vrugte dra nie, en ’n slegte boom kan ook nie goeie vrugte voortbring nie. 19  Elke boom wat nie goeie vrugte voortbring nie, word afgekap en in die vuur gegooi.+ 20  So sal julle daardie mense dan aan hulle vrugte herken.+ 21  “Nie elkeen wat vir my sê: ‘Here, Here’, sal in die koninkryk van die hemele ingaan nie, maar hy wat die wil doen+ van my Vader wat in die hemele is.+ 22  Baie sal in daardie dag vir my sê: ‘Here, Here,+ het ons nie in u naam geprofeteer en in u naam demone uitgedryf en in u naam talle kragtige werke verrig nie?’+ 23  En tog sal ek dan openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie!+ Gaan weg van my af, julle werkers van wetteloosheid.+ 24  “Daarom sal elkeen wat hierdie woorde van my hoor en dit doen, vergelyk word met ’n verstandige man, wat sy huis op die rots gebou het.+ 25  En die reën het neergestort en die vloedwaters het gekom en die winde het gewaai en aan daardie huis geruk, maar dit het nie ineengestort nie, want dit was op die rots gegrondves. 26  Verder sal elkeen wat hierdie woorde van my hoor en dit nie doen nie,+ vergelyk word met ’n dwase man,+ wat sy huis op die sand gebou het. 27  En die reën het neergestort en die vloedwaters het gekom en die winde het gewaai en daardie huis getref+ en dit het ineengestort, en sy ineenstorting was groot.”+ 28  En toe Jesus klaar was met hierdie woorde, was die uitwerking dat die skare verstom+ was oor die manier waarop hy geleer het; 29  want hy het hulle geleer soos iemand wat gesag het,+ en nie soos hulle skrifgeleerdes nie.

Voetnote