Matteus 8:1-34

8  Nadat hy van die berg afgekom het, het ’n groot menigte hom gevolg.  En kyk! ’n melaatse man+ het nader gekom en aan hom hulde begin bewys en gesê: “Here, as u net wil, kan u my rein maak.”  En hy het sy hand uitgesteek, hom aangeraak en gesê: “Ek wil. Word gereinig.”+ En onmiddellik is hy van sy melaatsheid gereinig.+  Toe het Jesus vir hom gesê: “Sorg dat jy vir niemand vertel nie,+ maar gaan wys jou vir die priester+ en offer die gawe+ wat Moses voorgeskryf het, as ’n getuienis vir hulle.”  Toe hy in Kaperʹnaum+ ingaan, het ’n leëroffisier na hom toe gekom en hom gesoebat  en gesê: “Meneer, my dienskneg lê verlam by die huis en verduur vreeslike pyn.”  Hy het vir hom gesê: “Wanneer ek daar kom, sal ek hom genees.”  Die leëroffisier het geantwoord en gesê: “Meneer, ek is dit nie werd dat u onder my dak inkom nie, maar spreek net die woord, en my dienskneg sal gesond word.  Want ek is ook ’n man wat onder gesag geplaas is en het soldate onder my, en vir hierdie een sê ek: ‘Gaan!’+ en hy gaan, en vir ’n ander een: ‘Kom!’ en hy kom, en vir my slaaf: ‘Doen dit!’ en hy doen dit.” 10  Toe Jesus dit hoor, was hy verbaas en het hy vir dié wat hom volg, gesê: “Ek vertel julle die waarheid: By niemand in Israel het ek so ’n groot geloof gevind nie.+ 11  Maar ek sê vir julle dat baie uit oostelike streke en westelike+ streke sal kom en saam met Abraham en Isak en Jakob in die koninkryk+ van die hemele+ aan tafel sal gaan; 12  terwyl die kinders van die koninkryk+ in die duisternis daar buite gegooi sal word. Dáár sal hulle gehuil en die gekners van hulle tande wees.”+ 13  Toe het Jesus vir die leëroffisier gesê: “Gaan. Laat dit vir jou geskied net soos jy geglo het.”+ En die dienskneg het in daardie uur gesond geword. 14  En toe Jesus in Petrus se huis inkom, het hy sy skoonmoeder+ met koors siek sien lê.+ 15  Toe het hy haar hand aangeraak,+ en die koors het haar verlaat, en sy het opgestaan en hom begin bedien.+ 16  Maar nadat dit aand geword het, het mense talle demoonbesetenes na hom toe gebring; en hy het die geeste met ’n woord uitgedryf, en hy het almal genees met wie dit sleg gegaan het; 17  sodat vervul sou word wat gespreek is deur middel van die profeet Jesaja, wat gesê het: “Hy het ons siektes geneem en ons kwale gedra.”+ 18  Toe Jesus ’n skare rondom hom sien, het hy bevel gegee om na die oorkant weg te vaar.+ 19  En ’n sekere skrifgeleerde het nader gekom en vir hom gesê: “Leermeester, ek sal u volg waar u ook al gaan.”+ 20  Maar Jesus het vir hom gesê: “Jakkalse het gate en voëls van die hemel het slaapplekke, maar die Seun van die mens het geen plek om sy kop neer te lê nie.”+ 21  Toe het ’n ander een van die dissipels vir hom gesê: “Here, laat my toe om eers weg te gaan en my vader te begrawe.” 22  Jesus het vir hom gesê: “Hou aan om my te volg, en laat die dooies hulle dooies begrawe.”+ 23  En toe hy in ’n boot klim,+ het sy dissipels hom gevolg. 24  En kyk! ’n groot beroering het in die see gekom, sodat die boot deur die golwe bedek is; hy het egter geslaap.+ 25  En hulle het gekom en hom wakker gemaak+ en gesê: “Here, red ons, ons staan op die punt om te vergaan!” 26  Maar hy het vir hulle gesê: “Waarom is julle bang, julle kleingelowiges?”+ Toe het hy opgestaan en die winde en die see bestraf, en daar het ’n groot kalmte gekom.+ 27  En die manne was verbaas en het gesê: “Watter soort mens is hy,+ dat selfs die winde en die see hom gehoorsaam?” 28  Toe hy aan die oorkant kom, in die land van die Gadareners,+ het twee demoonbesetenes+ hom ontmoet, wat tussen die gedenkgrafte uitgekom het en buitengewoon wreedaardig was, sodat niemand die moed gehad het om op daardie pad verby te gaan nie. 29  En kyk! hulle het geskreeu en gesê: “Wat het ons met u te doen, Seun van God?+ Het u hierheen gekom om ons voor die vasgestelde tyd+ te pynig?”+ 30  Maar ’n hele ent van hulle af het ’n groot trop varke gewei. 31  Toe het die demone hom begin soebat en gesê: “As u ons uitdryf, stuur ons tog in die trop varke in.”+ 32  Daarop het hy vir hulle gesê: “Gaan!” Hulle het uitgekom en in die varke ingevaar; en kyk! die hele trop het oor die krans gestorm, die see in, en in die waters omgekom.+ 33  Maar die wagters het gevlug, en hulle het in die stad ingegaan en alles vertel, asook die aangeleentheid van die demoonbesetenes. 34  En kyk! die hele stad het uitgekom om Jesus te ontmoet; en nadat hulle hom gesien het, het hulle ernstig by hom aangedring om uit hulle gebied weg te gaan.+

Voetnote