Matteus 9:1-38

9  Toe het hy in die boot geklim, oorgevaar en in sy eie stad+ ingegaan.  En kyk! hulle het ’n verlamde man wat op ’n bed lê, na hom toe gebring.+ Toe Jesus hulle geloof sien, het hy vir die verlamde gesê: “Skep moed, kind; jou sondes is vergewe.”+  En kyk! sommige van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: “Hierdie man laster.”+  En Jesus, wat hulle gedagtes geken het,+ het gesê: “Waarom dink julle goddelose dinge in julle harte?+  Wat is byvoorbeeld makliker—om te sê: Jou sondes is vergewe, of om te sê: Staan op en loop?+  Sodat julle egter kan weet dat die Seun van die mens gesag het op aarde om sondes te vergewe+—” toe het hy vir die verlamde gesê: “Staan op, tel jou bed op en gaan na jou huis toe.”+  En hy het opgestaan en na sy huis gegaan.  Toe die skare dit sien, het hulle vreesbevange geraak, en hulle het God verheerlik,+ wat sulke gesag+ aan mense gegee het.  Toe Jesus daarvandaan verder gaan, het hy ’n man met die naam Matteʹus by die belastingkantoor sien sit, en hy het vir hom gesê: “Word my volgeling.”+ Daarop het hy opgestaan en hom gevolg.+ 10  Terwyl hy later in die huis aan tafel was,+ kyk! toe het baie belastinggaarders en sondaars gekom en saam met Jesus en sy dissipels aan tafel gegaan. 11  Maar toe die Fariseërs dit sien, het hulle vir sy dissipels begin sê: “Waarom eet julle leermeester saam met belastinggaarders en sondaars?”+ 12  Hy het hulle gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie ’n geneesheer nodig nie,+ maar dié wat siek is, het wel. 13  Gaan dan en leer wat dit beteken: ‘Ek wil barmhartigheid hê en nie offerandes nie.’+ Want ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars.” 14  Toe het Johannes se dissipels na hom toe gekom en gevra: “Waarom onderhou ons en die Fariseërs die vaste, maar u dissipels vas nie?”+ 15  Hierop het Jesus vir hulle gesê: “Die vriende van die bruidegom het tog geen rede om te treur solank die bruidegom+ by hulle is nie, of hoe? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word,+ en dan sal hulle vas.+ 16  Niemand werk ’n stuk ongekrimpte materiaal op ’n ou bokleed vas nie; want die volle sterkte daarvan sal van die bokleed wegtrek en die skeur sal erger word.+ 17  Mense gooi ook nie nuwe wyn in ou wynsakke nie; maar as hulle dit doen, dan bars die wynsakke, en die wyn loop uit en die wynsakke word bederf.+ Maar mense gooi nuwe wyn in nuwe wynsakke, en al twee bly behoue.”+ 18  Terwyl hy hulle hierdie dinge vertel het, kyk! toe het ’n sekere heerser+ wat nader gekom het, aan hom hulde begin bewys+ en gesê: “My dogter moet nou al dood wees;+ maar kom lê u hand op haar en sy sal lewend word.”+ 19  Toe het Jesus opgestaan en hom begin volg; en ook sy dissipels. 20  En kyk! ’n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het,+ het van agter gekom en aan die fraiings van sy bokleed geraak;+ 21  want sy het by haarself bly sê: “As ek net aan sy bokleed raak, sal ek gesond word.”+ 22  Jesus het omgedraai, haar opgemerk en gesê: “Skep moed, dogter; jou geloof het jou gesond gemaak.”+ En die vrou het van daardie uur af gesond geword.+ 23  En toe hy in die heerser se huis kom+ en die fluitspelers sien en die skare wat te kere gaan,+ 24  het Jesus begin sê: “Verlaat die plek, want die dogtertjie het nie gesterf nie, maar sy slaap.”+ Hierop het hulle hom begin uitlag.+ 25  Onmiddellik nadat die skare buitentoe gestuur is, het hy ingegaan en haar hand geneem,+ en die dogtertjie het opgestaan.+ 26  Die berig hieroor het natuurlik deur daardie hele streek versprei. 27  Terwyl Jesus daarvandaan verder gegaan het, het twee blindes+ hom gevolg wat uitgeroep en gesê het: “Wees ons barmhartig,+ Seun van Dawid.” 28  Nadat hy in die huis ingegaan het, het die blindes na hom toe gekom, en Jesus het hulle gevra: “Glo julle+ dat ek dit kan doen?” Hulle het hom geantwoord: “Ja, Here.” 29  Toe het hy hulle oë aangeraak+ en gesê: “Laat dit vir julle gebeur volgens julle geloof.” 30  En hulle oë is geopen. En Jesus het hulle streng gelas en gesê: “Sorg dat niemand hiervan te wete kom nie.”+ 31  Maar nadat hulle buite gekom het, het hulle dit omtrent hom in daardie hele streek bekend gemaak.+ 32  En toe hulle weggaan, kyk! toe het mense ’n stom man wat van ’n demoon besete was,+ na hom toe gebring; 33  en nadat die demoon uitgedryf is, het die stom man gepraat.+ Wel, die skare was verbaas+ en het gesê: “So iets is nog nooit in Israel gesien nie.” 34  Maar die Fariseërs het begin sê: “Deur die heerser van die demone dryf hy die demone uit.”+ 35  En Jesus het op ’n reis deur al die stede en dorpies vertrek en in hulle sinagoges geleer en die goeie nuus van die koninkryk verkondig en elke soort kwaal en elke soort gebrek genees.+ 36  Toe hy die skare sien, het hy vir hulle innig jammer gevoel,+ want hulle was gestroop en rondgegooi soos skape sonder ’n herder.+ 37  Toe het hy vir sy dissipels gesê: “Ja, die oes is groot, maar die werkers is min.+ 38  Smeek dan die Heer van die oes om werkers in sy oes uit te stuur.”+

Voetnote