Miga 1:1-16

1  Die woord van Jehovah wat tot Miga+ van Moreʹset gekom het, in die dae van Jotam,+ Agas,+ Hiskiʹa,+ konings van Juda,+ wat hy in ’n visioen oor Samariʹa+ en Jerusalem+ gesien het:  “Hoor, o alle volke; skenk aandag, o aarde en alles wat jou vul,+ en laat die Soewereine Heer Jehovah as ’n getuie teen julle dien,+ Jehovah uit sy heilige tempel.+  Want kyk! Jehovah gaan uit sy plek+ uit, en hy sal beslis neerdaal en op die aarde se hoogtes wandel.+  En die berge sal onder hom smelt,+ en die laagvlaktes sal uitmekaar skeur, soos was as gevolg van die vuur,+ soos waters wat teen ’n skuinste afgegooi word.  “Dit is alles weens die opstandigheid van Jakob, ja, weens die sondes van die huis van Israel.+ Wat is die opstandigheid van Jakob? Is dit nie Samariʹa nie?+ En wat is die hoogtes van Juda?+ Is dit nie Jerusalem nie?  En ek sal Samariʹa beslis ’n puinhoop in die veld maak,+ plekke om ’n wingerd te plant; en ek sal haar klippe in die vallei afgooi, en haar fondamente sal ek blootlê.+  En haar gesnede beelde sal almal verbrysel word,+ en al die geskenke wat as haar loon aan haar gegee is, sal met vuur verbrand word;+ en al haar afgode sal ek ’n verlate woesteny maak. Want sy het dit bymekaargemaak uit die dinge wat as loon aan ’n prostituut gegee word, en dit sal terugkeer tot wat as loon aan ’n prostituut gegee word.”+  Daarom sal ek weeklaag en huil;+ ek sal kaalvoet en naak loop.+ Ek sal weeklaag soos die jakkalse en treur soos volstruiswyfies.  Want die slag wat sy toegedien is, is ongeneeslik;+ want dit het tot by Juda gekom,+ die plaag tot by die poort van my volk, tot by Jerusalem.+ 10  “Moet dit nie in Gat vertel nie; moet gewis nie huil nie.+ “Rol in die stof+ in die huis van Afra. 11  Trek oor, o inwoonster van Safir, in skandelike naaktheid.+ Die inwoonster van Saänan het nie uitgetrek nie. Die geweeklaag van Bet-Esel sal julle die staanplek daarvan ontneem. 12  Want die inwoonster van Marot het op die goeie gewag,+ maar die kwaad het van Jehovah neergedaal na die poort van Jerusalem.+ 13  Maak die span perde voor die wa vas, o inwoonster van Lagis.+ Die begin van sonde was sy vir die dogter van Sion,+ want in jou is die opstandige dade van Israel gevind.+ 14  Daarom moet jy afskeidsgeskenke aan Moreʹset-Gat gee.+ Die huise van Agsib+ was soos iets bedriegliks vir die konings van Israel. 15  Die onteienaar sal ek nog na jou toe bring,+ o inwoonster van Mareʹsa.+ Tot by Adulʹlam+ sal die heerlikheid van Israel kom. 16  Maak ’n kaalte op jou kop en skeer jou hare af weens jou kinders van verlustiging.+ Maak jou kaal plek groter soos dié van die arend, omdat hulle van jou af weggegaan het in ballingskap.”+

Voetnote