Miga 2:1-13

2  “Wee dié wat skadelike planne beraam, en dié wat beoefen wat sleg is, op hulle beddens!+ By die môrelig voer hulle dit uit,+ omdat dit in die mag van hulle hand is.+  En hulle het velde begeer en daarop beslag gelê;+ ook huise, en dit geneem; en hulle het ’n man en sy huisgesin, ’n man en sy erfbesitting,+ te kort gedoen.+  “Daarom, só het Jehovah gesê: ‘Kyk, ek bedink teen hierdie familie+ ’n rampspoed+ waaruit julle julle nekke nie sal uittrek nie,+ sodat julle nie hoogmoedig sal wandel nie;+ want dit is ’n tyd van rampspoed.+  In dié dag sal daar oor julle ’n spreekwoord aangehef word+ en beslis geweeklaag word in ’n weeklag, ja, ’n weeklag.+ Daar sal gesê moet word: “Ons is gewis geplunder!+ My volk se deel verander hy.+ Hoe neem hy dit tog van my af weg! Aan die ontroue deel hy ons velde uit.”  Daarom sal jy niemand hê wat volgens die lot die meetsnoer in die gemeente van Jehovah uitwerp nie.+  Julle moenie woorde laat val nie.+ Hulle laat woorde val. Hulle sal nie oor hierdie dinge woorde laat val nie. Vernederings sal nie wyk nie.+  “‘Word daar gesê, o huis van Jakob:+ “Het die gees van Jehovah ontevrede geword, of is dit sy handelinge dié?”+ Doen my woorde geen goed+ in die geval van die een wat in regskapenheid wandel nie?+  “‘En gister het my volk opgestaan as ’n openlike vyand.+ Van die voorkant van ’n kleed ruk julle die majestueuse sieraad af, van hulle wat vol vertroue verbygaan, soos dié wat van die oorlog af terugkeer.  Die vroue van my volk verdryf julle uit die huis waarin ’n vrou verlustiging vind. Van haar kinders neem julle my prag weg,+ tot onbepaalde tyd.+ 10  Staan op en gaan heen,+ want dít is nie ’n rusplek nie.+ Omdat dit onrein geword het,+ is daar ’n verwoesting; en die verwoestingswerk is pynlik.+ 11  As ’n man, wat in wind en leuens wandel, die leuen vertel het:+ “Ek sal vir jou woorde laat val oor wyn en oor sterk drank”, dan sal hy beslis die een word wat vir hierdie volk woorde laat val.+ 12  “‘Ek sal Jakob beslis versamel, almal in jou;+ ek sal die oorblywendes van Israel vir seker bymekaarbring.+ In eenheid sal ek hulle stel, soos skape in die kraal, soos ’n kudde in sy weiveld;+ dit sal rumoerig wees van mense.’+ 13  “Die een wat deurbreek, sal beslis optrek voor hulle uit:+ hulle sal deurbreek. En hulle sal deur ’n poort trek, en hulle sal daardeur uittrek.+ En hulle koning sal voor hulle uit deurtrek, met Jehovah aan hulle hoof.”+

Voetnote