Miga 3:1-12

3  En ek het gesê: “Hoor asseblief, o hoofde van Jakob en aanvoerders van die huis van Israel.+ Behoort julle nie geregtigheid te ken nie?+  Julle wat haat wat goed is+ en liefhet wat sleg is,+ wat die mense se vel van hulle aftrek en hulle vlees van hulle gebeente;+  julle wat ook die vlees van my volk geëet+ en hulle vel van hulle afgestroop en hulle gebeente stukkend geslaan en hulle verbrysel het soos dit wat in ’n wyebekpot is en soos vleis in ’n kookpot.+  Dan sal hulle tot Jehovah om hulp roep, maar hy sal hulle nie antwoord nie.+ En hy sal in dié tyd sy aangesig vir hulle verberg,+ na die mate waarin hulle in hulle handelinge slegtheid bedryf het.+  “Só het Jehovah teen die profete gesê wat my volk laat dwaal,+ wat met hulle tande byt+ en wat uitroep: ‘Vrede!’+ wat, wanneer iemand nie iets in hulle mond sit nie, ook oorlog teen hom heilig:+  ‘Daarom sal julle nag hê,+ sodat daar geen visioen sal wees nie;+ en julle sal duisternis hê, sodat julle geen waarsêery sal beoefen nie. En die son sal beslis oor die profete ondergaan, en die dag sal oor hulle donker word.+  En die sieners+ sal beskaamd moet staan,+ en die waarsêers+ sal beslis teleurgestel wees. En hulle almal sal die snor moet bedek,+ want daar kom geen antwoord van God nie.’”+  En ek daarenteen het vol krag geword, met die gees van Jehovah, en geregtigheid en mag,+ om aan Jakob sy opstandigheid te verkondig en aan Israel sy sonde.+  Hoor dít asseblief, hoofde van die huis van Jakob en aanvoerders van die huis van Israel,+ julle wat geregtigheid verfoei en selfs alles wat reguit is, krom maak;+ 10  wat Sion bou met dade van bloedvergieting en Jerusalem met onregverdigheid.+ 11  Sy hoofde spreek reg bloot vir ’n omkoopgeskenk,+ en sy priesters onderrig net teen ’n prys,+ en sy profete beoefen waarsêery bloot vir geld;+ nogtans bly hulle op Jehovah steun en sê: “Is Jehovah nie in ons midde nie?+ Geen rampspoed sal oor ons kom nie.”+ 12  Daarom sal Sion weens julle soos ’n land omgeploeg word, en Jerusalem sal puinhope word,+ en die berg van die huis sal soos die hoogtes van ’n woud wees.

Voetnote