Miga 4:1-13

4  En aan die einde van die dae+ sal die berg+ van die huis+ van Jehovah stewig gevestig word bo die top van die berge, en dit sal beslis bo die heuwels verhef word;+ en volke sal daarheen stroom.+  En baie nasies sal beslis heengaan en sê: “KOM,+ en laat ons opgaan na die berg van Jehovah en na die huis van die God van Jakob;+ en hy sal ons omtrent sy weë onderrig,+ en ons sal in sy paaie wandel.”+ Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van Jehovah uit Jerusalem.+  En hy sal beslis oordeel tussen baie volke+ en sake regstel+ met betrekking tot magtige nasies wat ver is.+ En hulle sal van hulle swaarde ploegskare moet smee en van hulle spiese snoeimesse.+ Hulle sal nie, nasie teen nasie, die swaard ophef nie, en ook sal hulle nie meer leer om oorlog te voer nie.+  En hulle sal elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom sit,+ en daar sal niemand wees wat hulle laat bewe nie;+ want die mond van Jehovah van die leërs het dit gespreek.+  Want wat al die volke betref, elkeen sal in die naam van sy god wandel;+ maar wat ons betref, ons sal in die naam van Jehovah ons God wandel+ tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig.+  “In dié dag”, is die woord van Jehovah, “sal ek die een versamel wat mank was;+ en die een wat verstrooi is, sal ek bymekaarbring,+ ja, die een wat ek sleg behandel het.  En ek sal die een wat mank was, ’n oorblyfsel maak,+ en die een wat ver verwyderd was, ’n magtige nasie;+ en Jehovah sal as koning oor hulle heers op die berg Sion, van nou af en tot onbepaalde tyd.+  “En wat jou betref, o toring van die kudde, die heuwel van die dogter van Sion,+ tot by jou sal dit kom, ja, die eerste heerskappy sal beslis kom,+ die koninkryk wat aan die dogter van Jerusalem behoort.+  “En waarom bly jy so hard skreeu?+ Is daar geen koning in jou nie, of het jou raadgewer omgekom, sodat pyne soos dié van ’n vrou wat geboorte gee, jou aangegryp het?+ 10  Krimp ineen van pyn en breek los, o dogter van Sion, soos ’n vrou wat geboorte gee,+ want nou sal jy uit ’n stad wegtrek, en jy sal in die veld moet bly.+ En jy sal tot by Babilon moet kom.+ Daar sal jy verlos word.+ Daar sal Jehovah jou uit die palm van jou vyande terugkoop.+ 11  “En nou sal daar beslis baie nasies teen jou versamel word, dié wat sê: ‘Laat haar besoedel word, en laat ons oë op Sion neersien.’+ 12  Maar wat hulle betref, hulle het die gedagtes van Jehovah nie leer ken nie, en hulle het sy voorneme nie verstaan nie;+ want hy sal hulle beslis bymekaarbring soos ’n ry pas gesnyde graan op die dorsvloer.+ 13  “Staan op en dors, o dogter van Sion;+ want jou horing sal ek in yster verander, en jou hoewe sal ek in koper verander, en jy sal beslis baie volke vermorsel;+ en deur ’n ban sal jy hulle onregverdige wins aan Jehovah wy+ en hulle rykdom aan die ware Heer van die hele aarde.”+

Voetnote