Miga 5:1-15

5  “Nou sny jy jou stukkend,+ o dogter van ’n inval; ’n beleëringswal het hy teen ons opgewerp.+ Met die stok sal hulle die regter van Israel op die wang slaan.+  “En jy, o Betlehem Eʹfrata,+ wat te klein is om onder die duisende van Juda te wees,+ uit jou+ sal daar vir my die een voortkom wat die heerser in Israel sal word,+ wie se oorsprong uit die vroeë tye is, uit die dae van onbepaalde tyd.+  “Daarom sal hy hulle prysgee+ totdat sy wat besig is om geboorte te gee, wel geboorte gee.+ En die res van sy broers sal na die kinders van Israel terugkeer.  “En hy sal beslis staan en as herder optree in die sterkte van Jehovah,+ in die verhewenheid van die naam van Jehovah sy God.+ En hulle sal beslis daar woon,+ want nou sal hy groot wees tot aan die eindes van die aarde.+  En hy sal vrede word.+ Wat die Assiriër betref, wanneer hy in ons land kom en wanneer hy ons woontorings betree,+ dan sal ons sewe herders teen hom moet verwek, ja, agt hertoë uit die mensdom.  En hulle sal met die swaard as herder teenoor die land Assiʹrië optree,+ en teenoor die land van Nimrod+ in sy ingange. En hy sal beslis verlossing van die Assiriër teweegbring,+ wanneer hy in ons land kom en wanneer hy ons gebied betree.  “En die oorblywendes van Jakob+ sal tussen baie volke soos dou van Jehovah word,+ soos oorvloedige reënbuie op die plante,+ wat nie op die mens hoop of op die mensekinders wag nie.+  En die oorblywendes van Jakob sal onder die nasies, tussen baie volke, soos ’n leeu onder die diere van ’n woud word, soos ’n jong maanhaarleeu onder troppe skape, wat, wanneer hy deurtrek, beslis vertrap sowel as verskeur;+ en daar is geen verlosser nie.  Jou hand sal hoog bo jou teenstanders wees,+ en al jou vyande sal uitgeroei word.”+ 10  “En in dié dag”, is die woord van Jehovah, “sal ek jou perde uit jou midde uitroei en jou strydwaens vernietig.+ 11  En ek sal die stede van jou land vernietig en al jou versterkte plekke afbreek.+ 12  En ek sal towerye uit jou hand uitroei, en geen beoefenaars van die toorkuns sal jy meer hê nie.+ 13  En ek sal jou gesnede beelde en jou pilare uit jou midde uitroei, en jy sal jou nie meer voor die werk van jou hande neerbuig nie.+ 14  En ek sal jou heilige pale uit jou midde uitruk+ en jou stede verdelg. 15  En in toorn en in woede sal ek wraak uitoefen op die nasies wat nie gehoorsaam was nie.”+

Voetnote