Miga 6:1-16

6  HOOR asseblief wat Jehovah sê.+ Staan op, voer ’n regsaak voor die berge, en laat die heuwels jou stem hoor.+  Hoor, o berge, die regsaak van Jehovah, ook julle, duursame voorwerpe, fondamente van die aarde;+ want Jehovah het ’n regsaak met sy volk, en met Israel sal hy redeneer:+  “O my volk,+ wat het ek jou aangedoen? En in watter opsig het ek jou vermoei?+ Getuig teen my.+  Want ek het jou uit Egipteland laat optrek,+ en uit die slawehuis het ek jou verlos;+ en ek het Moses, Aäron en Mirjam voor jou uit gestuur.+  O my volk, dink asseblief aan+ wat Balak, die koning van Moab, beplan het,+ en wat Biʹleam, die seun van Beor, hom geantwoord het.+ Dit was van Sittim+ af, ja, tot by Gilgal,+ sodat die regverdige dade van Jehovah bekend sou word.”+  Waarmee sal ek Jehovah tegemoetgaan?+ Waarmee sal ek my buig voor God in die hoogte?+ Sal ek hom met heelbrandoffers+ tegemoetgaan, met jaaroud kalwers?  Sal Jehovah behae skep in duisende ramme, in tienduisende strome olie?+ Sal ek my eersgebore seun vir my opstandigheid gee, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?+  Hy het jou vertel, o mens, wat goed is.+ En wat anders vra Jehovah van jou terug as om geregtigheid te beoefen+ en goedhartigheid lief te hê+ en beskeie+ te wandel met jou God?+  Die stem van Jehovah roep tot die stad,+ en wie praktiese wysheid het, sal u naam vrees.+ HOOR die roede en wie dit bestem het.+ 10  Is daar nog altyd in die huis van ’n goddelose die skatte van goddeloosheid+ en die skrapse efa wat veroordeel word? 11  Kan ek sedelik rein wees by ’n valse weegskaal en by ’n sak vol bedrieglike weegstene?+ 12  Want die stad se rykes het vol geweld geword, en sy inwoners het leuens gespreek,+ en hulle tong is bedrieglik in hulle mond.+ 13  “En wat my betref, ek sal jou beslis ook siek maak deur jou te slaan;+ jy sal weens jou sondes verlate gemaak word.+ 14  Wat jou betref, jy sal eet en nie versadig raak nie, en jou binneste sal leeg voel.+ En jy sal dinge verwyder, maar jy sal dit nie veilig wegbring nie; en wat jy nog veilig sou wegbring, sal ek aan die swaard gee.+ 15  Jy sal saad saai, maar jy sal nie oes nie. Jy sal olywe trap, maar jy sal jou nie met olie salf nie; ook soet wyn, maar jy sal geen wyn drink nie.+ 16  En daar word gehandel volgens die insettinge van Omri+ en volgens al die werk van die huis van Agab;+ en julle wandel volgens hulle planne,+ sodat ek jou ’n voorwerp van verbasing sal maak en sy inwoners iets om oor te fluit;+ en julle sal die smaad van volke dra.”+

Voetnote