Miga 7:1-20

7  Wee my,+ want ek het soos die ingesamelde somervrugte geword, soos die oesoorblyfsels van ’n druiweoes!+ Daar is geen druiwetros om te eet nie, geen vroeë vy, wat my siel sou begeer nie!+  Die lojale het van die aarde af vergaan, en onder die mensdom is daar geen regskapene nie.+ Hulle lê almal op die loer na bloedvergieting.+ Hulle maak elkeen met ’n sleepnet jag op sy eie broer.+  Hulle hande is op die kwaad, om dit goed te doen;+ die vors vra iets, en hy wat regspreek, doen dit vir die beloning,+ en die vername man spreek die begeerte van sy siel uit, ja, sy eie begeerte;+ en hulle vleg dit ineen.  Die beste van hulle is soos ’n doringstruik, die mees regskapene is erger as ’n doringheining.+ Die dag van jou wagte, dat daar aandag aan jou geskenk word, sal kom.+ Nou sal hulle verbystering kom.+  Moenie julle geloof in ’n metgesel stel nie. Moenie julle vertroue in ’n vertroude vriend stel nie.+ Bewaak die poorte van jou mond teenoor haar wat aan jou boesem lê.+  Want ’n seun verag ’n vader, ’n dogter staan op teen haar moeder,+ ’n skoondogter teen haar skoonmoeder;+ ’n mens se huisgenote is sy vyande.+  Maar wat my betref, na Jehovah sal ek op die uitkyk bly.+ Ek sal ’n wagtende houding teenoor die God van my redding inneem.+ My God sal my hoor.+  Moenie oor my bly wees nie, o my vyandin.+ Al het ek geval, ek sal beslis opstaan;+ al woon ek in die duisternis,+ Jehovah sal vir my ’n lig wees.+  Die woede van Jehovah sal ek dra—want ek het teen hom gesondig+—totdat hy my regsaak voer en reg aan my verskaf.+ Hy sal my uitlei na die lig; ek sal sy regverdigheid aanskou.+ 10  En my vyandin sal dit sien, en skaamte sal haar bedek+ wat vir my gesê het: “Waar is hy, Jehovah jou God?”+ My oë sal op haar neersien.+ Nou sal sy ’n plek van vertrapping word, soos die modder van die strate.+ 11  Die dag wanneer jou klipmure gebou word, in dié dag sal die verordening ver weg wees.+ 12  In dié dag sal hulle selfs van Assiʹrië en die stede van Egipte na jou toe kom, en van Egipte selfs tot by die Rivier;+ en van see tot see, en van berg tot berg.+ 13  En die land sal ’n verlate woesteny word weens sy inwoners, as gevolg van die vrug van hulle handelinge.+ 14  Lei u volk as herder met u staf,+ die kudde van u erfdeel, wat alleen in ’n woud gewoon het—in ’n boord.+ Laat hulle in Basan en Giʹlead wei+ soos in die dae van lank gelede.+ 15  “Soos in die dae van jou uittog uit Egipteland sal ek hom wonderlike dinge toon.+ 16  Nasies sal dit sien en beskaamd staan oor al hulle mag.+ Hulle sal die hand op die mond lê;+ hulle ore sal doof word. 17  Hulle sal stof oplek soos die slange;+ soos reptiele van die aarde sal hulle in beroering uit hulle verskansings kom.+ Na Jehovah ons God sal hulle sidderend kom, en hulle sal vir u bang wees.”+ 18  Wie is ’n God soos u,+ een wat ongeregtigheid vergewe en die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel+ oorsien?+ Hy sal beslis nie vir ewig aan sy toorn vashou nie, want hy skep behae in liefderyke goedhartigheid.+ 19  Hy sal weer barmhartigheid aan ons bewys;+ hy sal ons oortredings onderwerp.+ En u sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.+ 20  U sal die waaragtigheid bewys wat aan Jakob bewys is, die liefderyke goedhartigheid wat aan Abraham bewys is, wat u aan ons voorvaders met ’n eed beloof het sedert die dae van lank gelede.+

Voetnote