Nahum 1:1-15

1  Die uitspraak teen Niʹneve:+ Die boek van die visioen van Nahum, die Elkosiet:  Jehovah is ’n God wat uitsluitlike toegewydheid eis+ en wraak neem; Jehovah neem wraak+ en is geneig tot woede.+ Jehovah neem wraak op sy teenstanders,+ en hy is gebelg op sy vyande.+  Jehovah word nie gou toornig nie+ en is groot van krag,+ en Jehovah sal hom geensins daarvan weerhou om te straf nie.+ In verwoestende wind en in storm is sy weg, en die wolkmassa is die stof van sy voete.+  Hy bestraf die see,+ en hy laat dit opdroog; en al die riviere laat hy droogloop.+ Basan en Karmel het verwelk,+ en die bloeisel van die Liʹbanon het verwelk.  Berge het gebewe weens hom, en die heuwels het gesmelt.+ En die aarde sal opgehef word weens sy aangesig; ook die vrugbare land en almal wat daarin woon.+  Wie kan voor sy veroordeling standhou?+ En wie kan teen sy gloeiende toorn+ opstaan? Sy woede sal beslis soos vuur uitgestort word,+ en weens hom sal die rotse uitmekaargeruk word.  Jehovah is goed,+ ’n vesting+ in die dag van benoudheid.+ En hy ken dié wat by hom toevlug soek.+  En met die vloed wat deurtrek, sal hy ’n volslae uitroeiing van die plek van die stad teweegbring,+ en duisternis sal sy vyande agtervolg.+  Wat sal julle teen Jehovah bedink?+ Hy veroorsaak ’n volslae uitroeiing. Benoudheid sal nie ’n tweede keer opkom nie.+ 10  Hoewel hulle ineengevleg word soos dorings+ en hulle dronk is soos van hulle koringbier,+ sal hulle beslis verteer word soos stoppels wat heeltemal droog is.+ 11  Uit jou sal daar iemand uitgaan wat kwaad teen Jehovah bedink,+ wat nuttelose raad gee.+ 12  Só het Jehovah gesê: “Hoewel hulle in alles volkome was en daar baie in dié toestand was, sal hulle selfs in dié toestand neergevel word;+ en een sal deurtrek. En ek sal jou beslis teister, sodat ek jou nie verder sal teister nie.+ 13  En nou sal ek sy draagstok van jou af verbreek,+ en die bande op jou sal ek in twee skeur.+ 14  En aangaande jou het Jehovah beveel: ‘Van jou naam sal niks meer gesaai word nie.+ Uit die huis van jou gode sal ek die gesnede beeld en die gegote beeld uitroei.+ Ek sal vir jou ’n graf maak,+ want jy was van geen belang nie.’ 15  “Kyk! Op die berge die voete van iemand wat goeie nuus bring, wat vrede verkondig.+ O Juda, vier jou feeste.+ Betaal jou geloftes;+ want geen deugniet sal ooit weer deur jou trek nie.+ Hy sal beslis heeltemal uitgeroei word.”+

Voetnote