Nahum 2:1-13

2  Iemand wat ’n verstrooiing veroorsaak, het voor jou aangesig opgetrek.+ Laat die vesting beveilig word. Hou die pad dop. Versterk die heupe. Versterk die krag grootliks.+  Want Jehovah sal beslis die trots van Jakob+ versamel, soos die trots van Israel, want dié wat leegmaak, het hulle leeggemaak;+ en hulle lote het hulle verwoes.+  Die skild van sy sterk manne is rooi gekleur; sy lewenskragtige manne is in karmosynrooi stof geklee.+ Met die vuur van ysterbeslag is die strydwa op die dag dat hy hom gereedmaak, en hulle laat die jenewerboomspiese+ tril.  In die strate ry die strydwaens in dolle vaart rond.+ Hulle jaag aanhoudend op en af op die openbare pleine. Hulle voorkoms is soos fakkels. Soos weerligstrale+ bly hulle voortsnel.  Hy sal aan sy vooraanstaandes dink.+ Hulle sal struikel in hulle gang.+ Hulle sal hulle na die muur toe haas, en die versperring sal stewig opgerig moet word.  Die poorte van die riviere sal beslis oopgemaak word, en die paleis sal wegsmelt.  En dit is bepaal; die stad is ontbloot; hy sal beslis weggevoer word,+ en sy slavinne sal kerm, soos die geluid van duiwe,+ terwyl hulle herhaaldelik op hulle hart slaan.+  En Niʹneve was, van die dae af dat hy bestaan het,+ soos ’n dam vol water;+ maar hulle vlug. “STAAN STIL! Staan stil!” Maar daar is niemand wat terugdraai nie.+  PLUNDER silwer; plunder goud;+ want daar is geen einde aan die voorraad nie. Daar is ’n groot hoeveelheid van allerhande begeerlike voorwerpe.+ 10  Leegheid en verlatenheid, en ’n verwoeste stad!+ En die hart smelt,+ en die knieë wankel,+ en in al die heupe is daar hewige pyne;+ en wat hulle almal se gesigte betref, hulle het ’n gloed van verontrusting gekry.+ 11  Waar is die lêplek van leeus, en die grot wat aan die jong maanhaarleeus behoort, waar die leeu geloop en ingegaan het,+ waar die leeuwelpie was en niemand hulle laat bewe het nie?+ 12  Die leeu het genoeg vir sy welpies verskeur en het vir sy leeuwyfies gewurg. En hy het sy gate gevul gehou met prooi en sy skuilplekke met verskeurde diere.+ 13  “Kyk! Ek is teen jou”, is die woord van Jehovah van die leërs,+ “en ek sal sy strydwaens in rook verbrand.+ En ’n swaard sal jou jong maanhaarleeus verslind.+ En ek sal jou prooi van die aarde af uitroei, en die stem van jou boodskappers sal nie meer gehoor word nie.”+

Voetnote