Nahum 3:1-19

3  Wee die stad van bloedvergieting.+ Hy is deur en deur vol bedrog en roof. Die prooi wyk nie uit hom nie!  Daar is die geluid van die sweep+ en die geluid van die wiel wat ratel en die perd wat jaag en die strydwa wat stamp.+  Die perderuiter en die vlam van die swaard en die weerlig van die spies+ en die menigte gesneuweldes en die groot klomp lyke; en daar is geen einde aan die lyke nie. Hulle bly struikel tussen hulle lyke;  weens die oorvloed van die dade van prostitusie van die prostituut,+ aantreklik weens haar bekoorlikheid, ’n meesteres van towerye, sy wat nasies deur haar dade van prostitusie verstrik en families deur haar towerye.+  “Kyk! Ek is teen jou”,+ is die woord van Jehovah van die leërs, “en ek sal die slippe van jou kleed, wat as bedekking dien, oor jou gesig trek, en ek sal nasies jou naaktheid laat sien+ en koninkryke jou oneer.  En ek sal walglike dinge op jou gooi,+ en ek sal jou veragtelik maak; en ek sal van jou ’n skouspel maak.+  En elkeen wat jou sien, sal van jou af wegvlug+ en sal beslis sê: ‘Niʹneve is geplunder! Wie sal met hom simpatiseer?’ Waarvandaan sal ek vertroosters vir jou soek?  Is jy beter as No-Amon,+ wat aan die Nylkanale+ gelê het? Waters was rondom hom, wie se rykdom die see was, wie se muur uit die see was.  Etiopië was sy volle mag, ook Egipte;+ en dit was onbeperk. Put en die Libiërs het jou te hulp gekom.+ 10  Ook hy was vir ballingskap bestem; hy het in gevangenskap gegaan.+ Ook sy kinders is aan die bopunt van al die strate verpletter;+ en oor sy verheerlikte manne het hulle die lot gewerp,+ en sy vername manne is almal met boeie gebind.+ 11  “Ook jy sal dronk word;+ jy sal iets word wat verborge is.+ Ook jy sal ’n vesting teen die vyand soek.+ 12  Al jou vestings is soos vyebome met die eerste ryp vrugte, wat, as hulle geskud word, beslis in die mond van ’n eter sal val.+ 13  “Kyk! Jou volk is soos vroue in jou.+ Vir jou vyande sal die poorte van jou land vir seker oopgemaak word. Vuur sal beslis jou grendels verteer.+ 14  Skep vir jou water vir ’n beleëring.+ Versterk jou vestings.+ Gaan in die modder en trap die klei; gryp die steenvorm. 15  Selfs daar sal vuur jou verteer. ’n Swaard sal jou uitroei.+ Dit sal jou verslind soos die voetgangersprinkaan.+ Maak jou so talryk soos die voetganger; maak jou so talryk soos die sprinkaan. 16  Jy het jou handelaars meer vermenigvuldig as die sterre van die hemel.+ “Wat die voetganger betref, hy vervel; dan vlieg hy weg. 17  Jou wagte is soos die sprinkaan, en jou werwingsoffisiere soos die sprinkaanswerm. Op ’n koue dag slaan hulle kamp op in die klipkrale. Die son hoef maar net te skyn en hulle vlug beslis weg; en hulle plek, waar hulle is, is werklik onbekend.+ 18  “Jou herders het vaak geword,+ o koning van Assiʹrië; jou vooraanstaandes bly in hulle woonplekke.+ Jou volk is op die berge verstrooi, en niemand bring hulle bymekaar nie.+ 19  Daar is geen verligting vir jou katastrofe nie. Die slag wat jy toegedien is, het ongeneeslik geword.+ Almal wat die berig oor jou hoor, sal beslis oor jou hulle hande klap;+ want oor wie het jou slegtheid nie voortdurend heen gegaan nie?”+

Voetnote